Aktrise lig sluier oor “tweede beroep”

Yvonne van den Bergh. Foto: Facebook

Yvonne van den Bergh. Foto: Facebook

Yvonne van den Bergh, wat bekend is vir haar rol as Chloe Breedt in die kykNET-program Vallei van Sluiers, het op Facebook ʼn bekentenis gemaak oor “haar tweede beroep en groot liefde” naamlik BDSM, oftewel Bondage and Discipline, Dominance and Submission, Sadism and Masochism.

“Hierdie wat ek julle nou gaan vertel, het eintlik niks met enigiemand te doen nie, maar Rapport dink ongelukkig nie so nie en wil dit Sondag publiseer. ‘n Online stalker, ‘n cyber-boelie, het BDSM-foto’s van my vir hulle gestuur. Ek weet ‘n koerant sal dit net probeer sensasionaliseer, so ek vertel dan eerder vir almal wat my tweede beroep en groot liefde is, al het dit niks met enigiemand te doen nie,” het Van den Bergh op Facebook geskryf.

Volgens Van den Bergh is sy ʼn dominatrix. “Dit is nie vir my seksueel nie en ek doen geen seksuele aktiwiteite in die Strafkamer nie. Ek is altyd ten volle geklee, maar die mans en vrouens wat ek straf is uiteraard altyd naak.” Van den Berg skryf verder dat sy dit professioneel asook vir plesier doen. “Ek doen CP, wat staan vir Corporal Punishment (lyfstraf). Ek spesialiseer in judicial caning, wat losweg vertaal as uiters harde rottangslaan. Dis wel nie al wat ek doen nie. Ek gebruik baie verskillende tipes implemente.”

Volgens Van den Bergh weet haar man, die voormalige Geraas-aanbieder Jacques du Preez, van haar tweede beroep en ondersteun hy haar. “Hy stel geensins self in lyfstraf belang nie en ek beoefen die kuns nie op hom nie. My kinders weet, my fantastiese ouers weet, my vriende weet almal en nou weet julle ook.

“BDSM is nie sleg nie. Dit het ook niks met geweld te doen nie. Ek het die neiging al van kleintyd af, maar het dit vir baie lank onderdruk uit vrees vir ander mense se vooroordele,” het sy geskryf.

Van den Bergh het ook bekendheid verwerf vir haar rolle in die Die vierde kabinet, 7de Laan en Orion.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Arno ·

Lekker leef en laat leef. :) Al is dit nie my ding nie…

BDSM is als oor dinge toestaan en verbied. Dus almal wat hier boos gaan wees en sê sy ‘t geen maniere nie en dat dit moet verbied word, is maar dieselfde tipe slaapkamerdiktators.

ekke ·

Nee wat dis 2014 – wie se mond kan nog oopval hiervoor!!!

Elke ou se saak. Of jy nou gemoker word en of jy dan nou moker. Kom ons werk aan dit wat ons wil doen…soms reeds doen.

Buitengewoon is dit nie regtig nie. Ek is nie ‘n onderwyser nie maar ek self kan slat met ‘n lat!!

Kort en lank – ons moet nie ander se sonde loop soek nie. Myne is dalk net baie groter.

Slotsom – ek slaat niks en niks slaat my nie en dis mos al wat van belang is.

Sy het meer balls as baie manne – om dit so oop te gooi. En ek nou vir jou sê – as sy die adres gegee het in haar skrywe – het sy dalk gou werk een met werk twee vervang soveel extra geld gaan sy maak..

Ek wag vir die Afrikaners se reaksie. Ons gaan baie leer hier weer oor “die balk uit jou eie oog”. Watch die.!

Sterkte yvonne – plaas die adres – goeie advertensie vir werk twee.

Dave ·

Ek dink jy het hierdie spul crap kwytgeraak met vinnige asemteue deur opgewondenheid. Daarbenewens is jy nog boonop te dom om te besef dat sy dit nie vrywillig ‘oop gooi’ nie. Jou verwysing na ‘Afrikaners’ maak jou minderwaardig om jouself dieselfde status toe te ken.

Leeutjie ·

Wessel ek het daai een gemis met die humor. Ek sien dit nie op die forum nie en sou kon doen met ‘n bietjie lag.
Dave, as sy dit nie vrywillig oopgooi nie, hoe het dit dan in die media beland?

Brenda ·

Die feit dat mense dit goedpraat is absoluut net ‘n simptoom van ons totale vervalle en siek samelewing. Dit is nie aanvaarbaar nie…. Dit is AF.

madelein ·

Brenda, en jy het geen iets wat jy volgens die sameleweing “verkeerd” doen nie? Ag nee man laat elke ou maar sy lewe leef soos dit hom/haar pas …. is net so verkeerd om te oordeel

ekke ·

Sal ek mos nou saam jou smile hier. Help nou nie ons is uiters suur oor die doen en late van ander nie.

Johan ·

Los die vrou – dat sy doen wat vir haar lekker is. Swepe of nie. Mense warry te veel oor ander mense se sake! Ai. Wie is jy om te sê reg of verkeerd? Wat vir jou reg is, is nie noodwendig vir my reg nie. En so ook vir verkeerd. Aarde die mensdom.

bert ·

Waar was julle? ? ? Julle laat dit klink of sy BDSM uitgevind het. Dit kom jare en jare aan. Hoe skryf die ander persoon Leef en laat Leef. Finish en klaar.

Nina ·

Ek het nou lekker gelag, Feite is feite. EN, elke een wat so kots, is gewoonlik daai wat so skelm PORN kyk. LOLOLOL!!!!!!

Brenda ·

Nee, dankie. Ek kyk nie skelm na PORNOGRAFIE nie…..dit WALG my!

Riaan Slabbert ·

Shame Brenda, jy is seker een van die vrouens wat nie weet haar man gaan soek dit op n ander plek nie

Leeutjie ·

Riaan, jy spekuleer oor wat in ander se huise aangaan. Is dit hoe dit in jou huis gaan? As jy getroud is of ‘n vaste verhouding het dan het ek net simpatie met haar of hom!

Leeutjie ·

Ek se ook so Brenda en ja, ek is nie agteraf nie maar ek wil ook kots… dit walg my ook!

ekke ·

Omdat dit JOU walg moet dit nou almal walg. Gaan brei ‘n truitjie of dolly en los ander mense dat hulle doen wat vir hulle werk. Of gaan lees Finess of so iets.

Patat ·

Hahahaha…. Yvonne was utters slim hier. Gratis, goedkoop advertensie, met die klem op goedkoop.

Shame, Yvonne. Ek kry jou eintlik jammer. Dat jy nou so jou vuil wasgoed adverteer.

En bly julle ander nou maar stil. Ek het ook die reg om my sê te sê.

ekke ·

Net so patat…net so. Vryheid van spraak is ‘n wonderlike ding! Sê ek ook mos! En die lekker deel daarvan is – ons almal kan aanspraak daarop maak. En ons elke een het die reg op ‘n mening. Almal moet dit net waardeer en respekteer!

Leeutjie ·

Patat ek stem 100% saam. Alhoewel hierdie tipe dinge vir my vreemd is en ek nie eers agteraf fantasiee het (deur die sleutelgat loer of vuil gedagtes het nie) verstaan ek nie hoe mense hierdie goedkoop publisiteit nog “mee kan spog nie”! Ek het nog nooit van BDSM gehoor nie omdat dit nie ‘n wereld is waarin ek beweeg nie en ook nie belangstel nie! Ek is nie ‘n engel nie maar enige iets wat moreel nie reg is nie vermy ek. Ek dink as jy intens met die Gees saambeweeg sal jy jou nie bemoei met enige vreemde aktiwiteite nie. Ek hoop dat ek nou diskreet was en nie op iemand se tone getrap het in die proses nie. Dis lekker om met skoon gedagtes rond te loop en die Here te dank daarvoor!

rienie swart ·

Yuk! Dit klink of jy meer as ‘n sielkundige nodig het!!! Kom so gou as moontlik by ‘n pastoor uit. Dinge lyk skeef uit plek. Dit klink vir my eintlik siek. Goeie genigtig ons word omtrent elke dag geskok deur nog ‘n Afrikaner! Hierdie vieslike kamma Demokratiese regering met ‘n man met 6 vrouens en dosyne kinders aan die roer van sake het ‘n verskriklike negatiewe. Uiterking ne? Sjoe! Geestelik sowel as fisies. So jammer! Daar bestaan egter darem nog ‘n Afrikaner volk met waardes en norme, maar hulle is net ‘n handjie vol. Verser het almal mooi ingeskuif in die reenboognasie onder die New world order. Everything goes!

madelein ·

Rienie watter norme en waardes het jy?? Jy het dan nou sopas oordeel gefel???? en was pas beledigend…. goeie normes en waardes sluit juis ook in dat jy nie oordeel nie en dat as jy nie iets goed kan sé nie jy eerder stil bly ai ai….

Rudi ·

Sy se dat sy altyd klere aan het maar die mense wat sy slaan altyd naak is. Dit klink amper asof sy se dat sy nie so siek soos hulle is nie. Siek samelewing waarin ons leef.

SNEL ·

Wessel, jy het my dag gemaak. Lekker gelag vir jou sê goed. Ek dink sy moet begin boks of n geweldsport doen. Sy het opgekropte emosies, sekslus is dit beslis nie, sy swaai net n rottang rond. n Getroude vrou of enige ordentlike vrou hou haar mos nie op met sulke nonsies nie. Daai dialoog van Wessel speel so in my kop, haha, ja nee, wat is nou lekker aan pyn, ek sal my eerder pap skrik as stokstyf as so n karwats oor my sitvlak val.

Leeutjie ·

Snel, hoe meer ek jou insette op die forum lees hoe meer respek kry ek vir jou!

Chris ·

Ok hoekom het die Media die reg om sulke privaat inligting oor iemand te publiseer? Dit is nie nuus nie maar sensasie. Ek vind dit skaamteloos dat die media sulke persoonlike inligting van iemand sien as nuus. Dit is net verkeerd. En die wat so “O Nee!” is die groter sondebokke. Dit moes nooit vir haar ‘n opsie gewees het om in die publiek haar privaat lewe te verkondig nie. Dis net siek van die media. En julle wat oordeel!

Akram ·

So wat is so skokkend? Almal weet to hoe n gay paartjie mekaar gelukkig hou. So as sy swepe en boeie en kettings gebruik, is mos haar saak. Ek sal like om deur haar n les geleer te wil word…. ek bring net my eie lat. Dis die moderne eeu, mense moet dit maar aanvaar.

Amore ·

“Dis die moderne eeu, mense moet dit maar aanvaar.”

Dat jou kinders geen toekoms in hierdie land het nie, dat jy jou lewe gaan verloor oor ‘n selfoon, dat polisie verkrag, dat kinders seksueel misbruik word…….

Akram, jou redenasie is verbysterend!

Maritz ·

“Akram jou redenasie is verbysterend”
Praat jy Amore…wat het jou redenasie tedoen met die artikel? Meeste “Afrikaaners” us uptite en judgementsl. Get over it.

James ·

Daar is n verskil tussen misdaad en BDSM.

Mens kies nie om te beroof of vermoor te word nie. Dis heeltemal n ander storie waneer jy iemand vra om jou met n lat of iets te slaan. Dis consensual.

Debbie ·

Elke persoon het die reg om hom of haar self gelukkig te maak, sy doen niemand skade nie, sy word nou veroordeel omdat sy ‘n aktrise is. Kom nou mens hou op om ander mense te oordeel ons is nie God nie.

Karen ·

Wonder maar net….
Tog te jammer dat hier so baie kommentaar te lewer is oor iemand wat niemand regtig skade berokken nie, teenoor die polisie verkragting berig.

Pieter ·

Dit is haar besigheid en niks met niemand te doen nie. Moet dalk n paar fotos van Rapport se mense neem in compromising situasies en sien hoe hulle daarvan hou.

aNON ·

Wessel…. Ek het nou soooo lekker vir jou gelag met die Jannie grappie… Jy het sopas my dag gemaak…

B-Positive ·

@ Wessel – Die Suid-Afrikaanse weergawe: 50 Shades of Yvonne.

Henco ·

” Ek spesialiseer in judicial caning, wat losweg vertaal as uiters harde rottangslaan”Ek was by paar onderwysers op skool wat in dit gespesiliseer het. Die verskil is net ons was nie naak nie.Dalk moet die dame n beroep in onderwys gaan volg,kan dalk help met disipline op skool.

tjaart ·

Wat Yvonne van den Bergh in die privaatheid van haar eie lewe doen is haar saak. Sy het slegs vir almal vertel omdat die pers sensasie gesoek het naamlik Rapport. Dit is so maklik om iemand te oordeel maar wat niemand besef dit nie ons plek om te oordeel nie.

Hannelie ·

Nou toe nou….’n stukkie van Chloe Breedt (Vallei van Sluiers) kom na vore. As sy geniet wat sy doen, is dit haar saak. So het elkeen “iets” wat vir hom/haar dalk lekker is, maar ons verkondig dit net nie nê?

Jasper ·

Wat verkeerd was is nou reg en wat reg was is nou verkeerd. Wee die dag as jy moet hoor, “EK ken jou nie . . . .”

Brenda ·

So waar!!! die Bybel se nie verniet nie:” In die laaste dae sal wat verkeerd is, reg wees en wat reg is, verkeerd…Die mense sal liefhebbers weet van GENOT, eerder as liefhebbers van GOD.

charmaine ·

Daar is mense wat erger dinge doen as dit. As die mense uit hulle eie wil na haar toe gaan, dan beteken dit hulle geniet dit ook. Ons almal van die grootste kerkgangers en skeinheiliges en pruilmondjie tannies, doen elke dag sonde.

Ek het al 3 Fifty shades of grey gelees!! En baie geniet!! dit gebeur nie net in boeke nie. Sy het nie Rapport of enige van hierdie kommentaar nodig nie, sy doen goed sonder dit.

Janine Botha ·

Yvonne jy het soos ‘n sakevrou opgetree en vir Rapport nou die middelvinger gewys! Doen wat jy ookal doen …. Jou lewe, niks met die verkramptes te doen nie!

Riaan Slabbert ·

Ek sal wraggies nie mind om haar job te kry as die hele kabinet daai fantasie het nie :-))))))

Anita ·

“My kinders weet….” Sjoe, so maak ons almal ons keuses in die lewe.

‘n Getroude vrou met ander kaal mense in dieselfde kamer? O ja, dis nie so erg, sy het mos haar klere aan!

@Riaan Slabbert: Daar is verhoudings waar die man heeltemal tevrede met vroulief is hoor! ‘n Mens loop nie rond net oor jy nie “ge-rottang” word nie. Duidelik het jy nog nie ‘n gesonde, tevredevolle, stabiele verhouding gehad nie. Ek aanvaar ook jy praat nie namens alle mans nie.

Elizabeth ·

Nou-ja elke diertjie het sy plesiertjie en dis sy/haar eie saak. Al wat ek wil vra is : Ons het nodig om hierdie te weet – hoekom nou weer?

martie ·

AMEN! Brenda vertel hulle!!!! Ek het nie nodig om enige iets te aanvaar wat deur die mens aanvaarbaar is nie maar elkeen het ‘n keuse en jy moet daarmee saamleef. Pornografie is wat dit se of jy daarna kyk of daaraan dink is dieselfde. Ek is so dankbaar ek is nog vlees en maak so baie foute en doen ook nog sonde maar ek probeer om volgens die wet van God te leef. Ek hoef beslis nie ‘n skynheililg tannie te wees wat in die kerk boer om vir my te se wat verkeerd is nie ek lees net my bybel om te weet wat verkeerd is en dit is nie oordeel nie!!!!!!! Julle is reg, dit is haar besigheid en haar plesier en sy moet rekenskap daarvoor gee. Ek voel jammer vir die vrou se kinders, ek sou my skaam as sy my moeder moes wees. Riaan jy stel my teleur, wat weet jy van Brenda se man af of staan jy dalk agter dieselfde deur. Dit is mans soos jy wat nie goeie vrouens kan waardeer nie.

VerVanRyn ·

Ag nee sies man, hou jou slaapkamer stories in die slaapkamer. Dink jy nie die koerant sou genoeg common sense hê, soos die ingelse dit stel, om te dink aan hul dalende getalle nie? Die Afrikaanse koerante staan op die drumpel van die dood en ja hulle ruk Oscar en die Puk saam met die dam onder die eend uit, maar om iets soos dit te loop verkoop aan hul lesers is bietjie erg. Sy sou die koerant meer skade aan gedoen het as sy hulle aangevat het oor die ontbloting van haar private lewe en hulle kan nie dit bekostig nie. En steeds:sies man, ek wil nie weet hoe jy mense slaan vir plesier nie.

tjaart ·

Hier is n idee vir al julle mense vir wie dit aanstootlik of walglik is. Moet nie die artikel lees nie.

amelia ·

Ag neeeee! Wat kan lekker wees aan dit? Sorry ek oordeel nie, verstaan net die een gladnie. Hoe kan ‘n mens dit geniet om te slaan of om geslaan te word? Kyk ek betaal vir plesier en nie pyniging nie. Ek het nie geweet daar is mense wat so geldmaak nie. ‘n Beroep? Wow, besef nou ek is op 49 heeltemal agter ini bus.

Takkie Takooza ·

Die Sondag koerant wou dit hou vir ‘n “scoop” Sondag, maar toe “spill sy die beans” om hulle te “spite” Dis nie adverteer of sensasie soek nie, dis om die groot “scoop” af te water.
En al die oordeelaars, hoeveel van julle het Fifty Shades of Grey gelees? En voor julle my stenig, my ouma van 85 het dit gelees, ek het nie. Ek doen eerder ietsie stouts hie hie.

Leon ·

Wat maak dit nou saak wat mense dink? ELKE persoon het hulle lewe en dit het absoluut NIKS met ander uit te waai nie!!! Dis HAAR lewe en LOS dit vir haar! wat sy in haar private tyd doen het sy alle reg, hoeveel mense wat kommentaar lewer het nie ook geraamtes in die kas nie? Maar nee, dit sal ons mos nooit uitvind nie, gewoonlik is die grootste bekke die met die meeste om weg te steek!!!

Anne ·

As kind sou ek nie wou he dat my ma so iets moes doen nie, sou beslis skaam gevoel het. ‘n Kind het nie nodig om daaraan blootgestel te word nie. Sies. My opinie

badballie ·

Yvonne ek hoop nie jy voel skaam of skuldig nie, ek wil glo dat jy dit baie diskreet benader en ook streng voorwaardes aan jou kliënte voorlê alvorens jy voortgaan met die afspraak?

At least is daar ‘n plek vir mense met sulke fantasië om na toe te gaan waar hom of haar se identiteit beskerm word, en die persoon met gemoedsrus kan aangaan met sy alledaagse lewe sonder dat hy/sy gejudge word.

You go girl!!

badballie ·

mense moet dit asb nie verwar met pornografie nie, ja dit kan maklik so geklassifiseer word as porn maar net so kan enigiets anders, dis wat jy daarvan maak!!!

Alex ·

‘n Mens moet seker nie oordeel nie, maar ek voel ons het ‘n opdrag as Christene gekry om nie dit wat verkeerd is goed te praat nie en om ons medemens te beruspe in liefde en in omgee. Nee Yvonne. Nee. Jou arme man en kinders. Die band tussen man en vrou in ‘n huwelik is spesiaal en nie vir ander mense bedoel nie. Sy sê dis nie vir haar seksueel nie, tog is haar “kliënte” kaal?? Dis soos om ‘n affair te hê en dan te sê dit het niks beteken nie. Jy gee vir iemand anders seksuele plesier. Dis vir jou man bedoel. Dan praat ek nie eers van die kinders nie!!!! Ek laat nie toe dat my kinders sulke goed op tv kyk nie dit is ongehoort en hier sê sy haar kinders weet??? Wat weet hulle? Mamma slaan kaal ooms en tannies? Hoe het jy dit aan minderjariges verduidelik sonder om ‘n seksuele nuuskurigheid by hulle aan te wakker? Hoe kan so ‘n omgewing gesond wees vir jong kinders en hoe op aarde kan dit veilig wees????? Dus maan ek almal om asseblief nie sulke gedrag goed te praat nie. Wat sou Jesus gesê het as hy hierop kon antwoord?

Paula ·

En haar kinders weet dit? Wonder watter passie hulle eendag gaan uitleef? Dis nie seksueel nie, nou hoekom doen sy dit, is dit dan sadisme? Hoekom is haar “klante” dan naak? Regtig??? ‘n Pot vol snot

jagermeister ·

Ag nee wat!
Ek dink die koerant man staan agter die deur en is self die Stalker!
Mense se privaat lewe het niks met koerante te doen nie.
En by the way Ek werk in IT meeste mense kyk porn op hulle cell foone en huis pc’s ek sien baie die stats, dis die mense wat dit so ontken wat die ergste is.

Die vrou het baie guts, Meer as die koerant man stalker. Wie is nou eintlik siek ? Die koerant man stalker?
of n vrou wat gestalk word ?
Ek voel jammer vir haar. Haar privaat lewe het met ons niks te doen nie. btw ek dink dis nogal sexy

jagermeister ·

Die koerant man stalk haar! en sy is die een wat verkeerd is?
Julle is siek, haar lewe het met ons niks te doen nie

santjie ·

Dit was nou lekker ontspanning, soveel mense soveel idees. Laat dink aan my onderwys dae.
‘N dogter in my klas wat sulke neigings gehad het, het erken dat dit aan haar seksuele bevrediging
Gee. Laat mens wonder ne !

Gail Hill Aka Divine Dominatrix Mistress Gail ·

OK lets break this down this whole human psychological roleplay drama and human psychology that been created at collective unconscious level here.

We as human being have been cultural condition from the age of birth to the age of 21 to the following cultural condition cultivation that has been passed on from one generations to the next .

1.Taught what is good behaviour and what isn’t
2.Taught the difference between right and wrong
3.Taught the difference between good and evil from a belief system point of view from our parents peers and teachers .
4.What builds good moral fiber and character and what doesn’t.
5.Taught to see our mistakes as a bad thing
6.The do s and don’t regarding society human behaviour patterns and how we as human being have to behave to fit into the system here.

*Such a strict disciplinarian and authoritative figure separating us from one another as a human race. How do you divide conquerer and control humanity all state above

We have all physically unaware been like sponges soaking up these varies aspects of self till the age of 21 and have been sculptured and molded into an outer and casting of ourselves with the most important aspects /ingredient missing in the sculptoring casting and molding process.

No one has taught us how to address our feeling emotions and sexuality in a health whole some way and this is the part of ourselves that makes us most human.

We disempower and separate ourselves from one another through our belief system Judgments and ridicule making each other feel small through varies forms of fear manipulation and control to have the upper hand in varies situations and experience.

In Yvonne case it was to disempower her she had a secret identity that she was supposed to be fearful and a shamed off and that would supposedly destroy her acting career if the truth came out regarding her sexuality she would be judged,shunned and ridiculed by humanity and instead Yvonne took a health stand for herself by embracing all aspects of her self and saying this is who I Am giving the press no thing to work by taking charge of the situation and was by no means going to hide in the shadows of the smallness of self and let her own light shine through.
Thank you Yvonne

Our deepest fear is not that we are inadequate.
Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.
It is our light not our darkness that mostly frighten us.
We ask ourselves who am I to be brilliant,gorgeous,talented,fabulous ?
Actually who are you not to be ? You are a child of God you playing small
does not serve the world.
There is nothing enlightened about shrinking so that other people will feel
insecure around you.
We are all meant to shine, as children do.We were born to manifest the glory of god that is within us. Its not just in some of us,its in everyone and as we let our own light shine,we unconsciously give other people permission to do the same.
As we are liberated from our own fears, our presence automatically liberates others
Marianne Williamson

Marius Buys ·

Le femme de Baton

Jy is my kruistog
en ek jou Jerusalem
my gemete gestewelde stap
die aantog van ‘n skrikwekkende mag wat tot die
horison strek
jou oë onderdanig
wagtend
op foltering
herverowering
die lang swart karwats
wat formeel buig
herhalend
‘n rooi visitekaartjie los
liefde laat swel
plesier meng met pyn
kniel voor my altaar
my geliefde
en doen jou aanbidding.

Marius Buys 2014

Elizabeth ·

Marius Buys… sjoe! Ek hou van jou speel met woorde – of jy nou ook die “plesiertjie” in die berig genoem geniet – wel dis natuurlik jou saak. Ek williewetie …

Jaco ·

Yvonne, maak toe die browser en moet jou nie verder vir n oomblik steur aan wat mense hier se nie.

EkHaat DomTrash ·

@ALEX. Ek love julle dikkoppe se inleidings, joune byvoorbeeld “‘n Mens moet seker nie oordeel nie, MAAR ek voel…” blabla. Hoor jy jouself?!
Gaan speel! Net-nou word jou seksuele gedagtes aangewakker en dan gaan Oom Duiwel jou kom haal met sy vurk.
Ek verstaan nie hoekom jy voel jy moet jou strooi hier kom plak as jy nie genooi is nie?! Sien, DIS DIE HELE PUNT: Grootmense. Wat ingestem het. En by hulle volle positiewe is. (Ek is egter een honderd persent seker niemand kaal het jou al ooit ‘gepla’ nie lol).

Of trek jy ons been? Is jy besig met ‘n Oom Schalk Lourens moment hier? Sê asseblief vir my daar’s nie meer sulke eng, basiese mensies tussen ons nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.