Aktrise lig sluier oor “tweede beroep”

Yvonne van den Bergh. Foto: Facebook

Yvonne van den Bergh. Foto: Facebook

Yvonne van den Bergh, wat bekend is vir haar rol as Chloe Breedt in die kykNET-program Vallei van Sluiers, het op Facebook ʼn bekentenis gemaak oor “haar tweede beroep en groot liefde” naamlik BDSM, oftewel Bondage and Discipline, Dominance and Submission, Sadism and Masochism.

“Hierdie wat ek julle nou gaan vertel, het eintlik niks met enigiemand te doen nie, maar Rapport dink ongelukkig nie so nie en wil dit Sondag publiseer. ‘n Online stalker, ‘n cyber-boelie, het BDSM-foto’s van my vir hulle gestuur. Ek weet ‘n koerant sal dit net probeer sensasionaliseer, so ek vertel dan eerder vir almal wat my tweede beroep en groot liefde is, al het dit niks met enigiemand te doen nie,” het Van den Bergh op Facebook geskryf.

Volgens Van den Bergh is sy ʼn dominatrix. “Dit is nie vir my seksueel nie en ek doen geen seksuele aktiwiteite in die Strafkamer nie. Ek is altyd ten volle geklee, maar die mans en vrouens wat ek straf is uiteraard altyd naak.” Van den Berg skryf verder dat sy dit professioneel asook vir plesier doen. “Ek doen CP, wat staan vir Corporal Punishment (lyfstraf). Ek spesialiseer in judicial caning, wat losweg vertaal as uiters harde rottangslaan. Dis wel nie al wat ek doen nie. Ek gebruik baie verskillende tipes implemente.”

Volgens Van den Bergh weet haar man, die voormalige Geraas-aanbieder Jacques du Preez, van haar tweede beroep en ondersteun hy haar. “Hy stel geensins self in lyfstraf belang nie en ek beoefen die kuns nie op hom nie. My kinders weet, my fantastiese ouers weet, my vriende weet almal en nou weet julle ook.

“BDSM is nie sleg nie. Dit het ook niks met geweld te doen nie. Ek het die neiging al van kleintyd af, maar het dit vir baie lank onderdruk uit vrees vir ander mense se vooroordele,” het sy geskryf.

Van den Bergh het ook bekendheid verwerf vir haar rolle in die Die vierde kabinet, 7de Laan en Orion.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

77 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arno

Lekker leef en laat leef. :) Al is dit nie my ding nie…

BDSM is als oor dinge toestaan en verbied. Dus almal wat hier boos gaan wees en sê sy ‘t geen maniere nie en dat dit moet verbied word, is maar dieselfde tipe slaapkamerdiktators.

ekke

Nee wat dis 2014 – wie se mond kan nog oopval hiervoor!!! Elke ou se saak. Of jy nou gemoker word en of jy dan nou moker. Kom ons werk aan dit wat ons wil doen…soms reeds doen. Buitengewoon is dit nie regtig nie. Ek is nie ‘n onderwyser nie maar ek self kan slat met ‘n lat!! Kort en lank – ons moet nie ander se sonde loop soek nie. Myne is dalk net baie groter. Slotsom – ek slaat niks en niks slaat my nie en dis mos al wat van belang is. Sy het meer balls as… Lees meer »

Brenda

Die feit dat mense dit goedpraat is absoluut net ‘n simptoom van ons totale vervalle en siek samelewing. Dit is nie aanvaarbaar nie…. Dit is AF.

Mariaan

Safe, Sane and consensual… nuff said.

ekke

Sal ek mos nou saam jou smile hier. Help nou nie ons is uiters suur oor die doen en late van ander nie.