Zama-zamas: ‘Ontplooi die weermag’ eis inwoners

Die polisieministerie is vol vertroue dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die vermoëns het om zama-zamas, oftewel onwettige mynwerkers, wat gemeenskappe in die Wes-Rand terroriseer, die hoof te bied.

Bheki Cele spreek inwoners van Kagiso toe (Foto: SAPD)

Die polisieministerie en SAPD-bestuur het die naweek vergaderings met inwoners in West Village in Krugersdorp en in Kagiso gehou.

Bheki Cele, minister van polisie, het opdrag gegee vir ’n volledige “opruiming” aan die Wes-Rand.

“Geen gemeenskap moet gevangenes van misdaad en meedoënlose misdadigers wees wat straffeloos optree nie, inwoners het die reg om veilig te voel en snags te slaap. Dit is hoekom die SAPD gesien en gevoel moet word terwyl myne spoedig verseël word deur diegene wat daarvoor verantwoordelik is.”

Volgens die polisie sal hy sy operasies verskerp en die nodige hulpbronne en gespesialiseerde eenhede ontplooi om inwoners veilig te hou as deel van sy voortdurende pogings om onwettige mynbou en gepaardgaande misdade in die Wes-Rand te bekamp.

Inwoners het op die vergaderings gekla oor korrupsie in die polisie en plaaslike polisiestrukture wat nie voldoende op hul polisiëringsbehoeftes reageer nie.

Cele het gesê die bewerings van polisiekorrupsie en onvoldoende dienslewering by stasies sal op provinsiale vlak ondersoek word en dat optrede sal volg.

Inwoners het ook versoek dat die weermag ontplooi word.

Bheki Cele en ander lede van die SAPD-bestuur luister na inwoners van Kagiso (Foto: SAPD)

“Die versoek om die weermag in te bring sal oorweeg word wanneer die behoefte ontstaan. Hierdie proses duur egter lank, maar intussen sal die polisie se reaksie om hierdie onwettige mynwerkers uit te jaag voortduur,” het Cele gesê.

Volgens die SAPD het hy sedertdien multidissiplinêre ekonomiese infrastruktuur-taakspanne gestig, wat bestaan uit verskillende gespesialiseerde eenhede wat in vennootskap met private veiligheidsmaatskappye, staatsdepartemente en sakeondernemings saamwerk.

Die taakspanne het ten doel om ekonomiese en kritieke infrastruktuurverwante misdade te voorkom en te bekamp, insluitend onwettige mynbou in al nege provinsies.

Die polisie het die afgelope week reeds honderde onwettige mynwerkers in hegtenis geneem nadat daar op verskillende persele aan die Wes-Rand toegeslaan is. Die polisie-optrede volg na die voorval waar ʼn groep vroue verkrag en ’n filmspan beroof is tydens die verfilming van ʼn musiekvideo by mynhope in West Village in Krugersdorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Harley Davidson ·

As die weermag die grense beveilig wat hulle werk is sal daar nie zama zamas aan die Wesrand wees nie .

Maritza ·

Korrek. Daar was ‘n ruk terug ‘n insetsel op Carte Blanche oor die weermag wat ‘n blinde oog draai vir ‘n ekstra geldjie en hulle in ons land toe laat. Bring terug die ou weermag!!

Kokerboom ·

Ek stem Francois. Ekt laaank terug al kommentaar gelewer oor die skepssels. ‘n Goeie effektiewe regering soe die krisis lankal aangespreek het!!!

ES ·

Hy kan nie eers normale misdaad bekamp nie – hoe gaan hy die zama-zama probleem oplos? Van hulle is baie beter bewapen as die polisie en hulle is BAIE meer in getalle.

Hoedman moet summier uit sy pos verwyder word. Hy is ‘n skreiende skande vir die land en sy mense.

melaney ·

Cele se uitlatings is bewys dat hy ons intelligensie onderskat.

Strandloper ·

Weermag? Het ons so iets? Dit wat daar wel is moet eerdeer weerloos genoem word!

Di ·

Volgens berig in nuus gisteraand word daar beweer dat hierdie Zama Zamas oud soldate is vanaf Lesotho, Zimbabwe en Mosambiek en daarom is hulle in besit van hierdie wapens hulle gebruik. My opregte opninie is dat die huidige Polisiemag nie in staat is om hierdie saak te hanteer nie, dis BAIE groter as wat hulle dink. Stem saam dat die Weermag ingebring moet word – maak skoon en kry klaar! Met die huidige bietjie hier en bietjie daar skoonmaak gaan julle nerens kom nie. Moenie hierdie klomp onderskat nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is meer zama zamas as weermag troepe.

melaney ·

And while this hat-wearing whats-his-name assures all that everything is perfectly under control, the other guys with the red berets are gleefully promising they will be in control in two years time. And the top guy has no time to worry about the current situation. He is too busy stashing his millions in strange places. And we are expected to cheer them on? Really?

Maritza ·

Heaven forbid if they come into power. Then we better start running

Groen-oog ·

Die weermag polisie en lugmag kan almal kom en elke lid kan 100 vriende saambring dan gaan die zamas steeds aanfoeter want ons mense is onkundig om n probleem uit te roei.

Republikein in die Wes Kaap ·

Onwettige mynbou is ‘n multimilard rand besigheid. Horders plaaslike misdaat sindikate met politieke verbintenisse is betrokke. Die diplomaat van Ezwatini was reg. Misdaad is edemies in SA. Dit dra by tot ons ondergang.

Nie Verbaas ·

Cele blah blah blah. Klink soos liedjie van Trio, da da da. Nuttelose verskoning van n minister.

Harley Davidson ·

En ek wed nie een van hulle wat op die verhoog sit het ‘n dag se opleiding by die polisie kollege gehad nie.

Groen-oog ·

Erens …. ek weet nie waar nie…. is LUCKY PACKETS…. te koop.

Jy kry die volgende in die pakkies

Wapens lisensies
Bestuurs lisensies
Range in hoë poste
Werk in gebiede waar geen kwalifikasies is nie
Toi toi regte
Borgtog regte op ernstige klagtes
Uitstel in hofsake teen korrupsie

Jy kry net diiiie nice “pryse” as jy reg kies ….

Groen-oog ·

Op die Radio was gese met die Kagiso optog teen zamas dat SAP omkoopgeld gaan haal het by die zamas. En n plakkershut wat zamas huur in daai erf was R 6000 per maand.

Aknot ·

Hy kan maar net sy swaar gewapende lyfwagte in stuur. Daar is so baie ek dink hulle sal die ding kan doen.

Jr ·

Wat is hierdie hoed se probleem om die weermag in te roep. Iets is nie pluis nie. Ons as ou weermag sou bymekaar gekom. Op n model van die area gebeplan het met stopper groepe en voor tee tyd sou dit opgelos wees

Miena ·

Hulle sal nie die hoof gebied kan word nie – die zama’s is almal ervare x-myners . Daardie netwerk is baie baie groter as wat ons besef. Die zamas is maar net die werkers op die grondvloer en hulle netwerk strek op verskillende vlakke met meesterbreine veilig elders. Hulle is beter toegerus en bewapen as ons eie magte. Myns insiens – solank as wat ons grense sommer net oopgelaat word vir elke Jan Rap & maat gaan hierdie tipe geveg onaangeraak bly en die die probleem word net groter. Ek hoor mos hoe praat die myners hier by my op ons myn. Daai lot kom in SA in en kom maak soos hulle smaak – maar ons van SA kannie soontoe gaan en maak soos ons smaak nie want dit word nie daar toegelaat nie.

Vanessa ·

Meeste misdadigers is onwettige burgers. Ek begin dink dat die wat so in d strate rondlê en nie werk nie ook terug gestuur moet word na hul eie lande toe!!!

Carl ·

Cele moet afgedank word. SAPS nog ‘n ANC mislukking. Hy moet sy bloulig brigade stop en meer professionele mense aanstel wat die werk kan doen.

Groen-oog ·

As al die onwettiges terug gestuur word na hulle lande toe gaan die wetstoepasser swaar kry weens inkomste verlies. Ek dink SAP en Die Pad Brigade maak meeste geld maandliks. SAP met die 1 000de Zamas se …… kom ons noem dit zamas se tiendes aan die SAP lede.
Pad Brigade vang baie onkundige mense met simpel goed…. bv kar se deur is geduik of nr plaat is los dan se die brigade “n R 2000 dan kan jy ry of ons inpound jou kar… die arme bestuurder is onkundig en akrik hom net daar in 7 ander bloesgroepe in en betaal maar daai geld om net te kan ry.

Brande stig
Verkragting
Moord en korrupsie is nou al ons Nasionale Sport.

domheks ·

En so word daar heuning om Wes Rand mense se monde gesmeer. Cele en kie is soos ‘n maagwind in donderweer. Hy dink almal is so dom onnosel om hom te glo.

Nierkie ·

‘n Paar strategiese ontploffings en ‘n myn kan nooit weer gebruik word nie. Hoekom dit so los dat enige zama idioot dit weer kan oopmaak – implode die goed

Republikein in die Wes Kaap ·

Woonhuise, skole, hospitale en infrasruktuur kan ook skade opdoen.

Swerwer ·

Dan Mnr Selffoldaan moet dit die hele Suid Afrika insluit nie net “jou gemeenskappe” nie. Maak die grense toe en ontplooi jou kaders op die grensdrade en poste om die wesens uit te hou.

Aletta ·

Hkm nou wil die man iets doen. Ag man ek het geen vertroue in die SAPS nie. Hulle weet al hoe lank van die probleem.

Pierre ·

En die Wes Kaap smeek al jare vir bende ingrype maar val op dooie ore lyk my hulle luister net as die gemeenskap inspring en self wet en orde toe pas

Maritza ·

Hoedjie moet ophou praat en iets daad werkliks iets begin doen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.