‘Zama-zamas’ skiet glo wag

Christo Myburgh

Die drie aanvallers wat ʼn reaksiebeampte van ʼn private veiligheidsmaatskappy geskiet het, is vermoedelik onwettige mynwerkers (zama-zama’s).

Christo Myburgh, ʼn beampte van EPR-Wes-Rand, is in die waakeenheid van die Millpark-hospitaal in Johannesburg nadat hy Woensdagaand drie keer geskiet is.

Myburgh was die aand op ʼn perseel in Boltonia in Krugersdorp. Nadat hy die perseel nagegaan het, het hy omstreeks 20:45 na sy voertuig teruggekeer waar hy oorval is.

Drie gewapende verdagtes het op Myburgh losgebrand en hy is in die bobeen en bekken geskiet. Sy vuurwapen is gesteel waarna die verdagtes op die vlug geslaan het.

Myburgh kon daarin slaag om kontak te maak met EPR se beheersentrum en van die voorval in kennis te stel waarna hulp ontbied is. Hy is na die Millpark-hospitaal vervoer waar hy tans in ʼn bestendige toestand is.

Die bestuur van EPR het gesê daar word vermoed die aanvallers is onwettige mynwerkers.

EPR het Myburgh ʼn spoedige herstel toegewens. “Die voorval kon soveel erger gewees het, en ons dank ons Hemelse Vader dat Christo se lewe gespaar is.”

Die voorval volg sowat twee weke nadat Johanco Fleischman en Jess Kuhn koelbloedig op Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet is, vermoedelik ook deur onwettige mynwerkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ken ·

Kan die polisie asseblief tog vir eens hierdie zama zamas uithaal!!! Hoeveel mense moet hulle nou nog aanval??!! Pateties!!!

Alida X ·

Sal nie help om die Zama-zamas te probeer uithaal nie. Daar is baie van hulle en doen net ‘n werk.
Die probleem is die ryk , gierige kopers van die goud, wat bykans verniet gemyn word. As daar nie ‘n mark is vir die Zama-zamas se produk nie sal hulle moet ophou. Begin van bo af skoonmaak. Maar nee, dit is waar die omkoopgeld lê.
Ek praat nie die feit dat hulle geweldadig raak en mense aanval goed nie, Enige een wat iemand kwaad aandoen moet gestraf word.

piet piet ·

Die probleem met misdaad of dit nou nigeriërs is wat dwelms verkoop of zama zamas daar is geen wet en orde in SA nie en die rede is die mense wat aangestel is om die misdaad te bekamp doen nie hulle werk nie,die weermag kan nie eers n simpel taak verig soos om n grenslyn op te pas nie .Misdaad het n lae risiko beroep in SA geword oor onbevoegdheid in die staat

Jr ·

Ek bly in ń myndorp. Ek sê dit is algemene kennis dat die SAPD bang vir die mense is.

Danie ·

Die twak moet nou einde kry. Die regering is bewus van die onwettige kultuur en laat dit ooglopend toe. Verongeluk die onwettige booswigte word belastingbetalersgeld gebruik om hul te bevry en te versorg. Die ANC handhaaf dubbele standaarde. Daar behoort ‘n kommisse van ondersoek te wees wat die probleem aanspreek EN oplos. Die regering deur die booswigte toe te laat om te onwettig te opereer ondermyn die ekonomie en versaak die publiek se veiligheid. Myngroepe behoort verplig te wees om alle ou skagte toe te stoot of te te blaas en ALLE ingange af te sluit. Vang en repatrieer die onwettige Afrikane

???? leser ·

as daar ‘n oop mynskag , ingang na so iets is, blaas die gat toe, OOPS!!!! daar mag / kon dalk mense daarin gewees het, haal die gierigaard kopers uit die verhaal en almal sal dalk “happy” wees

ROBBIE ·

Ek bly in Benoni
Putfontein
Ek sien elke middag 14h45
Hoe loop hulle met cumbooth vuil met myn grond sakke en emmers met n wheel barrow

Die selfde plek waar die twee jonges dood geskiet is

Gee dit oor aand Benoni CPF
Geen terug voer
Polisie sien my SMS

Net n groot joke al wat gaan help skiet die ou myn skagte toe

En laat Lesotho sy eie mense kos gee.

Polisie is bang

Kry die weermag

Zamaswart ·

Het julle hulle pikke gesien? Volgens my is dit net nog swart teen wit geweld. Wie wil in elj geval myn met ‘n geweer.

Marius ·

Gaan Maryvale(Dunnottar) langs die the Grutten bar toe dan staan die Zama Zama’s oop en bloot en werk en niemand doen niks.

sweis ·

Mense in hierdie geval die kriminele doen wat die polisie hulle toelaat om te doen,die tweede probleem is die meeste sa tronke is 150 tot 200% vol en dit is n oortreding van die wêreld hof oor die aanhou van gevangenis ,en sien julle dat nuwe tronke gebou word ?

nella ·

Ek wil eerstens net baie sterkte sê vir die persoon wat op diens geskiet is!!! Dis vreeslik om te dink ñ man wat vir sy gesin sorg, word sò geskiet en weereens is daar geen optrede nie. Baie dankie aan die persone wat altyd regstaan om te help. Ons waardeer julle baie.

Jan ·

Okay so ons weet nou die Zama Zama’s het daai twee jong mense vermoor, omdat hulle bakkie op die verkeerde plek uit brandstof uit gehardloop en net daarvoor is hulle lewens weggevat, nou lees ons van hierdie man wat veg vir sy lewe????? Ons weet dis die Zama Zama’s maar dis okay mense, vermy net die area want DUIDELIK is dit hulle area???????? Regtig mense moet ons net aanvaar dat ons dood gemaak gaan word as ons in daai area beland? Trek julle vingers uit julle agterstewels uit en DOEN iets daaromtrent man!

Cherokee ·

Jan, moet nie ‘n irriterende klaagpot word wat ànder vra ‘doen ìets daaromtrent’ nie. Wat op aarde doen jy wat Jan is om ‘jou vingers uit jou agterstewels te trek en iets daarontrent te doen’? Moet nie altyd net van ànder verwag om te doen nie.

J ·

Stem saam met persoon hierbo, skiet die ingange toe, gee 2 dae kennis en blaas die besigheid op, RSA is seker enige land in wereld waar misdadigers maak soos hulle wil, maar dan probeer minister v polisie wettige wapeneienaars ontwapen, maar geen moeite word gedoen met zama zamas nie, seker omdat sekere mense ook geld uit die myne verdien, nog nie gehoor v een myn waar sapd mense skoongemaak het nie, seker te bang

Emma ·

Jammer dat onskuldige mense moet sterf. Vat die army en haal hulle almal uit asb of doen iets omtrent onwettige myners wie dink hulle is hulle in elk geval. Tragies

Donderstorm ·

Is die zama zamas nou die nuwe scape goats?is dit werklik hulle of word hul net geblameer vir ander se misdade onder die dekmantel van misdaad?

SjN ·

Tragies, sterkte aan die man, al wat hul gesoek het was die man se vuurwapen om nog verder te moor en plunder.

Rompslomp ·

Wat word wettig gedoen? Renosterstropery? Staatskapers? Zama-zamas se delwery? Kabeldiefstal? Kinders wat onderwysers skiet? Steinhoff en die ouditeure wat hulle oudit? Polisielede wat transitorowers help? Nee wat , die wet skrik niemand meer af nie! Bendes en sindikate is in beheer.Die staat en die polisie het nie meer gesag nie!

anni ·

POLISIE, POLISIE, kan julle nie n ander deuntjie sing nie. Dit gaan nie oor bang, patetiese polisie nie. Waar de hel dink julle moet Al die polisie mag vandaan kom om die zama’s op te pas. Die myne moet sorg dat daar niemand mag ingaan nie. Myne moet heeltemal toegemaak word. Hoekom doen julle Wat nie bang is nie, iets aan die situasie nie???????????????HOEKOM het die ou Alleen gewerk, hoe kan die maatskappy dit toelaat?????????????? dit pla niemand nie, dis net polisie wat als moet doen en oppas, hul is nie sekuriteit nie!!!!!!!!!!!!! En Al julle grootbekke kom werk net 1 dag saam die polisie, sal graag wil sien of julle dit sal maak. Almal is nie ewe sleg, pateties en bang nie onthou dit asb.

piet piet ·

Dit is die probleem as die polisie hulle werk doen sal privaat sekuriteits maatskappye nie nodig wees nie ,en niemand verwag die polisie moet die myn oppas nie ons verwag hulle moet die kriminele in die geval onwettige beraders,moordenaars arresteer want dit is hulle werk as hulle nie kan of wil nie gaan lê leeg op n ander plek sodat mense aangestel word wat die werk kan doen.Die storie van goeie polisie blyk n motte te wees as ek kyk hoe goed dit met misdadigers en hulle bedrywighede gaan

Marius ·

Dalk betaal hulle die polisie goed wat daar verby ry so hulle kyk in ander rigting.

fred ·

In Ghana wat Zuid-Afrika nou voorby is wat goud produksie betref,het die army ingestuur om hulle zama zamas kort te vat….so dit kan gedoen word as daar n politieke wil is…

ne ·

Die zama zamas voer ‘n skrik bewind in elke myndorp. Moord, verkragtings noem maar op. Hoekom word daar nie iets daadwerkliks gedoen oor die onwettige bedrywighede nie? Of is dit dan dalk Xenofobia?

HPV ·

Dit is ongelooflik dat die zama-zamas absoluut toegelaat word om net te doen wat hulle wil, selfs moord pleeg.
Dwing deur wetgewing dat die eienaars van sogenaamde uitgewerkte myne dit ontoeganglik maak.

Diefie ·

Dankie aan die regering wat Suid Afrika se grense oop gestel het vir al wat leef en beef.
Nou is daar nog meer moorde wat gepleeg word. Die polisiebeamptes is bang vir hul eie mense.

Danie ·

Wat beteken dit as daar gesê word dat hulle moonlik onwettige mynwerkers is. Wat ‘n paar naweke terug gebeur het in Benoni is dat die moordenaars Tswana gepraat het en heel moontlik Suid Afrikaners is.

Attie. ·

Julle verstaan werkik niks van die ekonomie nie. Al wat julle kan doen is kla oor die polisie en die weermag. Kyk, die saak staan so. Verwyder misdaad totaal en al en kyk na die gaos wat volg…SA sal kniediep in ‘n resessie verval agv’n tekort aan misdaad. Al die karwagte sal werkloos wees, die privaat polisiërings besighede sal sonder inkomste sit en brankrot raak. Ek sal beslis nie n alarm laat insit by my huis nie en ek sal niks teen diefstal verseker nie. Man ek sê julle, chaos… dit sal ons voorland wees.

Jeremia ·

Hier is darem baie bendes wat in hierdie ou landjie opereer. Suid-Afrika is so berug dat die land spesiaal uitgekies word om misdaadbedrywighede hier te kom pleeg. Misdaadmekka.
Hierdie bende is die zama zamas. Ander spesialiseer bv op plase en hoewes. Dan is daar die bendes wat sorg dat die Wes-Kaap onregeerbaar word.
Die vragmotor- en treinuitbranders is nóg ‘n spesialiteitsgroepering.
Dan is daar dié wat permanent ontevrede is oor dienslewering en dit as verskoning gebruik om geboue en voertuie te brand, klippe te gooi en motoriste te teister.
En so gaan die ou lysie aan en aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.