Zama-zama’s swaar gestraf

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 22 onwettige myners (zama-zama’s) is Dinsdag swaar gestraf in die hooggeregshof in Virginia in die Vrystaat.

Die 22 beskuldigdes is in Februarie aan honderde aanklagte van onder meer geldwassery, rampokkery, betreding en oortreding van die Wet op Immigrasie en die Wet op Edelmetale, asook diefstal van meer as R120 miljoen skuldig bevind.
Lovemore Chaba (35), die leier van die bende, is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Simon Mashava Cremora (38) is tot 23 jaar tronkstraf gevonnis. Vyf van die beskuldigdes is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis terwyl die res van die beskuldigdes tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Die beskuldigdes is in April 2014 in hegtenis geneem toe die Valke, in samewerking met ʼn sekuriteitsmaatskappy, op onwettige mynaktiwiteite by die Masimong-myn in Welkom toegeslaan het. Die bedrywighede het reeds in Augustus 2012 begin.

Die beskuldigdes het aanvanklik op 843 aanklagte tereggestaan, maar is op 577 aanklagte skuldig bevind.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die vonnisse verwelkom en dit as ʼn “grensverskuiwende oomblik” in die stryd teen onwettige mynbedrywighede beskryf.

“Ons hoop die presedent wat nou deur die howe geskep is sal as ʼn afskrikmiddel dien en ook help in ons stryd teen onwettige mynaktiwiteite in toekomstige sake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

'n Voorstel ·

Kan dieselfde aandag gegee word aan plaasmoorde en verkragtings?
Miskien ook rassisme teenoor witmense?

Bewus ·

Ons kommentators bla bla bla oor plaasmoorde na elke berig hier op Maroela….magtig besef dit… dat dit met voorbedagte rade en volgens n sistematiese beplanning uit gevoer word….die blanke en boere is sy eie vyand…daar kan van die beste buurmanskap en sekuriteits middele gebruik gemaak word…maar as daar nie deur ons saam gestaan kan word en se genoeg is genoeg….sodat die wereld bewus word van hierdie stryd van rasse suiwering en druk op ons patetiese regering van ons plaas…sal niks gebeur en so word die blanke net minder gemaak…want ons is soos rotte op n sinkende skip hier in die Suidpunt was gekeer…kan nerens…net see toe,uitgemoor of opstaan en ons stemme wereldwyd te laat hoor…

Sam ·

Goeie aarde, dis hengse strawwe en mense wat moord pleeg kry 5 jaar, nê Oscar….

Rerig ·

Soms wil mens ouens soos jy net wakker skrik, jy is sowaar nog steeds nie oor Oscar, hy het sy straf gekry en vat verantwoordelikheid daarvan. Lees tog maar weer die berig en kyk dit gaan oor miljoene se edel metale en geld, dit is onwettige georganiseerde misdaad om die land te verarm en jy kom huil oor die straf, seriously……. dalk is daar net 1 aktiewe breinsel.

Pam ·

En so dra hulle ons land stukkie vir stukkie weg en tap ons rykdom droog !

Piet Pompies ·

Geskiedenis is gemaak met hierdie saak en dit sal as verwysing in toekomstige hofsake gebruik kan word, dit beteken meer suksesvolle skudigbevindinge vir die toekoms.

Tronk ·

Al wat dit beteken is, nou moet ons vir hulle sorg terwyl hulle niks doen nie.

Magda ·

Presies wat ek ook wou se, nou moet ons belasting geld vir hulle kos gee…

Net so g..vol ·

Ek is maar net so g..vol, maar weet julle eerder die paar rand aan kos en tronk geld as die miljoene wat hul steel.

Zumie ·

Die boodskap uit hierdie vonnisse is dat menselewens maar goedkoop is teenoor die belang van die groot mynbelange en hulle politieke vriende….

Piet ·

Persoonlik het ek meer simpatie hierdie ouens. Hulle betaal dalk nie belasting nie maar hulle terroriseer nie die gemeenskap met huisroof en kapings en al die goed wat jy daarmee assosieer. Jy kan eerder n man vir huisbraak 20 jaar tronk toe stuur.

broos ·

ek wil weet, is hulle wettige landsburgers? dit is 25jaar wat ons belasting voor moet sorg! indien nie, kan hulle nie maar teruggestuur word na waar hulle vandaan kom en daar in die tronke gaan sit nie???

Johann ·

Nou.toe nou né? Gedink dit.sou in lyn wees met die EFF en vandag.die ANC se Kwazulu Natal se hoof induna wat “landgrab without compensation” aanhits en regverdig? Is mos maar net n letterlike toepassing as jy onwettig “myn”?

Johann ·

Sien die groot M7NBOU MAATSKAPPYE het darm hulle belange beskerm? Wonder wat het die skuldig bevinding en straf hulle gekos? Bedoel…dan weet ons wat om voor te budget vir regverdige hantering van die volksmoord teen blankes om ons?

marous ·

As die regering hul werk behoorlik doen sal die onwettiges nie in die land wees nie , en hoef daar nie voorsiening gemaak word vir behuising teen belasting betaler se onkoste in die tronke nie.

Scalla ·

Swaar gestraf en nou moet ons belating betalers hul versorg. Crime is betalende werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.