Zandspruit-geweld: Ses in hof

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Ses verdagtes het Maandag in die landdroshof in Roodepoort verskyn in verband met verlede week se brandvoorval by Zandspruit in Gauteng.

Die voorval, vermoedelik die gevolg van gepeupelgeregtigheid, het nou reeds agt lewens sedert Woensdag geëis. ’n Negende slagoffer sterk tans aan in die hospitaal.

Dié slagoffer is in dié stadium die enigste oorlewende.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die verdagtes het op aanklagte van moord, poging tot moord en ontvoering in die hof verskyn waarna die saak tot 9 Junie uitgestel is.

Die verdagtes sal na verwagting dán aansoek om borgtog doen.

Die verdagtes kan volgens Mjonondwane nie in dié stadium geïdentifiseer word nie aangesien die staat van plan is om die verdagtes in ’n identiteitsparade te laat verskyn.

Maroela Media het vroeër berig daar is Woensdag omstreeks 02:00 aangemeld dat sowat 200 mense ’n soektog na ’n groep jong mans, wat glo mense in die Zandspruit-gemeenskap beroof het, op tou gesit het.

Mjonondwane sê die mans is die betrokke oggend met geweld uit hul huise geneem, aangerand en toe op ’n nabygeleë sokkerveld aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

So die slagoffers van dié moorde was self misdadigers wat mense beroof het. Hoekom het die polisie nie vir daardie misdade uitgekom nie?
Nog iets: al die misdade vind plaas in our people se woonbuurte en die polisie is onder beheer van die anti-wit pro our people ANC-regering. Sulke afwesigheid van die polisie en swak optrede deur die polisie moet eintlik net gebeur waar die gehate wit mense betrokke is. Our people behoort voorkeurbehandeling te kry.
Hoe sorg die ANC dan so swak vir hulle eie mense?

gpsa ·

Polisie moet ook aangekla word vir versuim om hul werk te doen wat tot sterftes gely het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.