Zapiro een van die 10 beste spotprentkunstenaars

Een van Zapiro se spotprente (Foto: Facebook via Zapiro)

Een van Zapiro se spotprente (Foto: Facebook via Zapiro)

Die Suid-Afrikaanse spotprentkunstenaar Zapiro is onlangs deur die Amerikaanse webwerf Top Teny aangewys as die tweede beste spotprentkunstenaar ter wêreld.

Zapiro (Jonathan Shapiro) was onlangs in die media toe hy Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, as ʼn apie uitgebeeld het waar pres. Jacob Zuma die orrel draai. Die Gautengse departement van onderwys het ook kapsie gemaak oor ʼn Zapiro-spotprent wat in ʼn gr. 6-vraestel verskyn het.

Hoewel hy bekend is vir sy omstreke politieke spotprente, blyk dit ʼn suksesresep te wees, aangesien hy slegs deur die Amerikaanse spotprentkunstenaar Berkeley Breathed, uitgestof is.

Hiermee die tien beste spotprentkunstenaars ter wêreld:

1. Berkeley Breathed
Breathed is een van die bekendste Amerikaanse spotprentkunstenaars in die wêreld. Hy is ook ʼn kinderboekskrywer, regisseur en draaiboekskrywer. Hy het die Pulitzer-prys vir redaksionele spotprente in 1987 gewen.

Zapiro, oftewel Jonathan Shapiro (Foto: www.zapiro.com)

Zapiro, oftewel Jonathan Shapiro (Foto: www.zapiro.com)

2. Zapiro
Zapiro is ’n bekroonde spotprenttekenaar van Kaapstad. Hy het in 1987 as ʼn spotprenttekenaar vir die koerant, South begin werk. Hy het ook al vir koerante soos Mail & Guardian, The Sunday Times, Cape Times, Cape Argus en Pretoria News gewerk.

3. Satish Acharya
Acharya is ʼn spotprenttekenaar van Kundapura in Indië. Hy glo dat die kuns van spotprentteken nie geleer hoef te word by instansies nie. Hy teken oor alles wat verband hou met joernalistiek en media.

4. Khalid Wad Albaih
Albaih is ʼn Soedannese kunstenaar en politieke spotprenttekenaar van Doha, Katar. Hy gebruik sosiale en politieke satire om verskillende dinge te kritiseer en kommentaar te lewer oor wat in die Midde-Ooste en die res van die wêreld gebeur.

5. Jeroom Snelders
Snelders is een van die bekendste spotprenttekenaars en komiese kunstenaars van België. Hy het in 2002 die Press Cartoon Belgium-toekenning gewen. Sy spotprente is al in verskeie boeke gepubliseer.

6. Manjul
Manjul is ʼn spotprenttekenaar van Indië en werk as hoof-spotprenttekenaar by die Daily News & Analysis in Mumbai.

7. Paul Zanetti
Zanetti, Australiese kunstenaar en blogger, se spotprente het nasionaal en internasionaal aanlyn, sowel as in baie publikasies, verskyn.

8. Matt Bors
Bors is ʼn politieke spotprenttekenaar van Portland, Oregon. Hy is ook die stigter van die strokiesprente-webwerf “The Nib”.

9. David Pope
Pope is ʼn illustreerder en politieke spotprenttekenaar van Canberra, Australië. Sy spotprente het al verskyn in The Republican, The Northern Rivers Echo en The New Doctor.

10. F. Branco
Branco staan bekend as een van die kreatiefste politieke spotprenttekenaars in Amerika. Sy spotprente is in verskeie publikasies en webwerwe soos Conservative Chronicle, Legal Insurrection, Net Right Daily en Liberty Alliance gepubliseer.

Bron: Top Teny

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marianne ·

Hartlik geluk!!!! Ek is mal oor jou werk! Die lewe is so gespanne en net te erenstig. Ek is bly dat jy Zapiro die insig het om verligting aan drama te gee.
Mag jou kunste vir jare nog gesien word!

Andrea van Vuren ·

Hy is die enigste een wat verbete vasklou aan die stortkop. Vreesloos!

GES ·

Zapiro se onverskrokke moed en durf om die probleme van die land aan te spreek is merkwaardig. Ek het ‘n hoë agting vir sy kuns. Dit spreek boekdele en wat my betref is hy ook ‘n meningsvormer.

Francie ·

Baie geluk! Wanneer sien ons ‘n versameling in boekvorm? Jy het ‘n kosbare talent om situasies kolskoot te interpreteer op ‘n manier wat almal laat lag, al is dit soms met ‘n traan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.