Zapiro se jongste spotprent skok

Zapiro, oftewel Jonathan Shapiro (Foto: www.zapiro.com)

Jonathan Shapiro, oftewel die spotprenttekenaar Zapiro, se jongste spotprent het talle mense geskok terwyl ander meen dit is aanvaarbaar, gegewe die gebeure in die land.

In Zapiro se jongste spotprent, ʼn verwerking van ʼn vorige spotprent wat ook wyd reaksie uitgelok het, maak pres. Jacob Zuma sy broek vas terwyl hy vir Atul Gupta sê: “She’s all yours, boss!” Zuma het soos in die meeste ander Zapiro-spotprente ʼn stortkop op sy kop.

Gupta staan met ’n los broek voor ’n vasgepende vrou wat Suid-Afrika uitbeeld. Die vrou word deur drie mense, wat instellings verteenwoordig, vasgepen. Moegsien Williams, redakteur van The New Age, verteenwoordig die Guptas-koerant en hul televisiestasie ANN7.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, verteenwoordig staatsinstellings terwyl Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Zuma se politieke trawante verteenwoordig. Zapiro se spotprent is Dinsdag op Daily Maverick se webwerf gepubliseer.

Dié sportprent is soortgelyk aan die een wat in 2008 gepubliseer is waar Zuma hom gereedmaak om ʼn geblinddoekte vrou, wat die Suid-Afrikaanse regstelsel uitbeeld, te verkrag.

Zapiro se ietwat omstrede spotprent het gemengde reaksie uitgelok onder sosialemediagebruikers. Talle gebruikers meen die spotprent is onaanvaarbaar gegewe Suid-Afrika se hoë verkragtingsyfer en dat dit onsensitief is teenoor slagoffers van verkragting. Ander meen weer dit is ʼn regverdige uitbeelding van die gebeure in die land. Sommige gebruikers voel Zapiro het dit dié keer ʼn stappie te ver gevoer en dat dit nie meer vryheid van spraak of uitdrukking behels nie.

Zapiro het egter sy spotprent verdedig. Hy het in ʼn onderhoud met 702 gesê Zuma verkrag metafories die stelsel, die land en die armes in die land. “Dit is ʼn skokkende prent, maar ek het gedink dit is nodig,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Blits ·

Zapiro, jy is n doring, n ware uitbeelding van wat tans besig is om te gebeur, knap gedaan

AP ·

Guptas wat hul tande op sypaadjies in India laat behandel het .. nou multimiljoeners danksy zuma & kie ..

Ken2 ·

Kras maar dit is die realiteit. Verkragt van land en mens moet ten sterkte veroordeel word en die skuldiges moet tronk toe.

Ja nee ·

Ek stem saam! Dis presies wat Zuma met ons land en sy mense doen. Hy moes al lankal tronk toe gegaan het daarvoor! Mooi gedaan Zapiro baie skerp en inderdaad die waarheid wat jou spot prentjie vertel.

apie ·

briljant. aaklig omdat dit die metaforiese waarheid is en sommer ook weer letterlik herinner aan SA – nr een op die wereldstats lys (verkragting)

Basjan ·

Zapiro beeld net uit wat tans met Suid-Afrika gebeur. ‘n Prentjie spreek duisend woorde.

Elise Bishop ·

Dit vervat ons huidige omstandigdhede: onder die Zuma regime is verkragtings totaal buite beheer en alledaags en die metaforiese vergelyking met scenario in spot prent fyn vervat. Ons Suid Afrika word ten gronde vertrap deur Zuma en sy trawante. Met die hulp van sy ewe kordate kabinet word SA vermorsel…

Johan ·

Ek verstaan wat hy probeer sê maar dit is erg veral as kinders daarna kyk ens

Neewat ·

Alhoewel ek 100% teen verkragtig is is hierdie SIMBOLIEK en Sattire .. Snaaks dat die (REGTE) verkragting saak van ZUMA minder teenkanting gekry het as ‘n spotprent .. dat die hele volk nie toe opgestaan het teen hulle President en hulleself uitgespreek het teen verkragting nie. Vreemd dat mense se inskrywings op FB en Twitter en spotprente baie meer mense die harnas injaag en hulle dan OPTREDE demand as die gemors waarin die land hom bevind en die slagting van plaasboere en gewone mense op straat wat nou net aangeval en geskiet word, ook in die veiligheid van hulle huise keelafgesny word .. Konsentreer op die REALITEITE, dalk neem ons saam met julle aksie teen die spotprente en FB inskrywings, tans pla dit my BAIE minder as die RAND wat in sy maai in is.

Annelize ·

So kras soos die spotprent is, is dit ongelukkig “the whole truth, and nothing but the truth” van wat in hierdie land en in die regering aangaan. Ek kan hier sit en derms uitryg tot in lengte van dae, maar dis my kommentaar in ‘n neutedop.

Machiel ·

Die spotprent is puik. Is dit nie presies van zupta en kie met ons land aanvang nie? Dit beeld ook duidelik uit wie nou eintlik baas en wie klaas is. Wel gedaan Zapiro.

Nieskok ·

Nie rerig skok nie, die prent was al in 2008 vrygestel. Nou net bietjie verander

Valerie ·

Wie skok dit? Die liberale op sosiale media? Oe, verskriklik! Pass die Valium.
Een van Shapiro se bestes, al hou ek nie juis van hom.

brt vd merwe ·

Presies in punt Zapiro! Doen nou vir ons een wat aantoon hoe de Klerk sy kiesers impotent gelaat het. Totaal onmagtig om die tirannie van die meerderheid/massas, wat ons tot niks in ons eie land reduseer, om te keer.

Pieter ·

Stem, dit is veronderstel om te skok want wat zupta doen en mee weg kom is skokkend!

Aggenee Jonathan... ·

Kon hy nie maar eerder die land se vlag deur hulle “sterre” laat trek het nie – die uitbeelding van verkragting is uiters onsensitief en onvanpas. Die land is in sy “glorie” daarmee stem ek saam maar ek dink ‘n spot prent wat op ‘n ander manier uitgebeeld word sal ook aandag getrek het.

Vic ·

Onvanpas? In SA? Kom ons vertel feeverhale van n verenigde nasie waar almal lief is vir mekaar, waar geen moord of verkragting plaasvind nie, waar ons maar net ons oe moet tiemaak dan kom vader krismis by die skoorsteen ingeseil……

Michael ·

Dit is die ware feite van Suid-Afrika vandag ongelukkig het net een persoon die moed om dit uit te beeld soos dit is

Rynhardt ·

Zapiro kan sien wat in SA aangaan en is die koning van spotprente! Talle huil nou so oor verkragtings, maar wat het die blindes verwag as daar geen vorm van doodstraf is nie?? Dieselfde geld ook vir sekere liberale ooms van media24 wat dink SA gaan geweld vryspring.Almal hierdie blindes het gehelp om kommunisme te vestig in SA.Nog steeds leef hul in ontkenning terwyl Zapiro se spotprente die waarheid se oor ongure katakters in Anc en hul maters!

Delia ·

Martin, die jeug lees nie koerant nie (of lees geensins nie) ….is heeltyd besig om te “text” of gesels op hulle selfone…..

Ashley ·

Delia,
Ek is die jeug en die feit dat jy se jeug lees nie nuus nie is bog. Se liewer nie alle jeug nie!!!!

Delia ·

Dankie Ashley, baie bly om te sien jy lees nog nuus!
Spoor jou maters aan om dieselfde te doen, sodat almal ingelig kan wees!

Spook ·

Hy is die laadte bekommernis vit ons jeug…. Gaan doen jouself n guns en gaan kyk wat aan die gang is op aanlyn speletjies, dit is nie net van speel nie… Mems kan gesels met die ander mense Wat aanlyn is… En hel die mense is siek… Nie om eers te noem dat verkeerde waardes aangeleer word en as aanvaarbaar gesien te word nie. En dit is maar net een voorbeeld. die spot prent is kras maar ongelukkig die waarheid…

Oom Doug ·

En die wereld kyk net. Suid Afrikaners en die Wit Man is op sy eie.

Jonjon ·

@delia, ek self is ook jeug, net omdat ons nie koerante koop of die Beeld lees, beteken nie ons lees dit nie, ons ontvang die nuus vinniger, meer akkuraat in vandag se tyd, nuus websites word hoeveel keer geupdate, en dan kan ons nagaan om te sien of dit werklikheid is of nie.

brens ·

Ek vind dit ook onsmaaklik; nes die EFF wat n doodskis dra; dis onaanvaarbaar.

Sonja Heunes ·

Mooi man! Dis hoog tyd dat iemand die waarheid praat!!

MANIE ·

Zapiro jys uitstekend hoe jy gebeure vasvang met jou sketse. Hou so aan

Niccy ·

Suid Afrika is in elk geval ‘n spotprent vir die hele wêreld. Almal wag net vir die volgende episode.

Tessa Bruwer ·

Briljant gedoen. Tragies…maar ongelukkig die waarheid oor ons land.

Ida ·

Welgedaan Zapiro….. dit is hoe ons land reeds verkrag is deur JZ. Hy gaan nog baie verkragtings in en om ons land doen as ons Suid-Afrikaner hom nie gou gaan stop nie. Help……SOS……

Theuns ·

Zapiro,Well Done!!!!Ons het meer sulke “kras”spotprente en spotprent tekenaars nodig in die land!!!Hoop dit veroorsaak n Tsunami van aandag in die land onder die mense!Zuma en die Gupta’s verkrag wel vir SA!!Hoop Zuma het eers gestort voor hy SA 2 weke terug “verkrag”het!

Katje ·

Verkragting is verkragting. Of dit vleeslik, geestelik, verstandelik of gewete is. Dit is wat dit is. Ons Suid Afrika word deur n groep verkrag vir hulle eie gewin. Staatsgeld….ekonomie…landbougrond….. ons menswees is verkrag met die woorde apartheid en rasisme. Al is ons nie deel daarvan nie. Zapiro ons mag dit nie hardop spreek nie…maar jou sartiriese spotprent spreek vir ons. Dankie.

Lize Bester ·

Ek verstaan as sommiges dink dis ‘tasteless’, dis presies wat in ons land aangaan. Hulle sal dit wel raaksien as hulle hulle koppe uit die grond uithaal. Ek bespeur ‘n tikkie histerie wat tot uiting kom – kan mens hom kwalik neem? Ek is jammer, finansiële verkragting van en veragting van elke volk en nasie in hierdie land deur ‘n handjievol is net so ‘tasteless’. Zuma is ‘n ou verkragter wie se dade ongestraf gebly het – fisies, emosioneel, finansieël….verkragting bly verkragting, die ander persoon het geen keuse in die verloop van sake nie nie. Al word daar ‘NEE’ geskree, die verkragter gaan voort…. doof vir sy gewete, gevoelloos vir sy aksies en die nagevolge. Raakskoot Zapiro!!!

Peanut ·

Hy het net vergeet om vir Putin by te teken want die russe gaan die land ook nou rape met die komende kernkrag dealw

Louis le Roux ·

Ze trooph is ze trooph. Ek het geen probleem met die spotprent nie. Zuma verkrag die konstitusie ter wille van st gatgabbas.

Tammy ·

Zapiro jy slaan die spyker op die kop. Moenie jou steur aan die klolmp blinde landsburgers wat altyd probeer om ” goed en ordentlik ” voor te gooi nie. Dis van al die goed en ordentlik wees dat ons almal sit in n land wat verkrag en besteel is. Kyk vir n slag die werklikheid in die gesig soos wat Zapiro dit nou gedoen het, wees eerlik omtrent dit wat hier aaan die gebeur is.

Zoempie ·

Miskien bietjie onkonsidererend as mens ‘n verkragtingslagoffer is en hoekom is so ‘n skrikwekkende gebeurtenis vir ‘n vrou nou eweskielik humorusties vir die samelewing?

Ange ·

Eks seker maar te konserwatief maar dit is vir my ontstellend. Verkragting is so n ernstige saak en hier is honderde duisende slagoffers van verkragting in die land. Van babas to oumas. Ja ons land se huidige situasie is ook erg, maar dis net asof die uitbeelding van verkragting in n spottende strokiesprent lig maak van wat dit is.

Johann ·

Ek stem saam Ange – mense (die samelewing) het oor die algemeen, ongelukking alle waardes verloor – en ek is jammer om dit te se – maar ons sien dit onder Afrikaners ook – die probleem is dat mense dit nie kan raaksien nie en besef dit nie. Waar presies trek mens die lyn? Nerens? Was as hulle begin moorde as a grappie uitbeeld. Wat se julle dan – miskien is dit ook ok? Verkragting is nie n grap nie.

Ange ·

Ja Johann, ek wil die klomp hoor as Zapiro begin spotprente teken van mans in balaclavas wat besig is om n plaasboer te martel. Sal seker ook snaaks wees solank daar net n skerp “one liner” by is.

lourens ·

Die prentjie is nie volledig,DE klerk moet die voete vashou!

Sanna ·

Fantasties gedoen. Slaan die spyker so op die kop… Gee 2 weke kans dan word dit uitgemaak as rasisties en die arme man gaan moet onverskoning vra. Priceless. Hierdie land is so voorspelbaar.

LATIE ·

DIS DIE WAARHEID WAT HIERDIE LAND GEBEUR HET KAN MOS NIE WEGSTEEK NIE DAT HELE WERELD KAN SIEN DIS IS SO.

Johannes Meintjes ·

Die Zapiro opsomming lyk vir my kort en kragtig korrek, – terwyl nie een ander “leier” in SA daarin slaag om die verloop van bewimpelde gebeure van ongeregtigheid te (wil) stuit nie.

Ouma ·

Soos hulle op die radio aangegaan het, het ek iets vieslik vulgêrs verwag. Suid Afrika word verkrag en ons kan maar tekere gaan soos ons wil. Verder kan hierdie prent ook ‘n lansie breek vir diegene wat verkrag word. Plekke van veiligheid kan opgerig word met al die gesteelde geld deur die land se “leiers” waarheen hul kan gaan, want hulle staan magteloosen alleen. Sapiro, teken nou ‘n prent waar hierdie vrou opstaan en die mense om haar platslaan.

JANA ·

Ek is n groot aanhanger van zapiro. Maar ek dink die skets was ondeurdag

Siestog de Jager ·

Hi Zapiro,

Kan ek asb ‘n getekende een kry van jou af? Ek dink dis skitterend!

Bekommerd ·

Ek is spyt dat MM nie my bdkp van gister publiseer het nie. Ek is ten strekte gekant teen Z se spotprent. Weereens vra ek net: “Het jy geen respek vir ons vroue, dogters en kinders wat verkrag word deur hierdie bose mense net”?. Asb haal Zapiro af. Dankie

Ada ·

Dit was vir my skokkend korrek maar sou graag dat die skets nou aangepas word na ‘n Suid-Afrika wat opstaan en herstel en vir Z en die Guptas oorwin. Ons is na dese na herstel oppad – hoop ek. Wys dat die goed die kwaad oorwin.

Alida Müller ·

@Johan……kinders hoort nie op sosiale media nie en behoort ook nie die koerant te lees nie. Zapiro vat 5!!!!!

Kabous ·

Bekommerd, jy mis die punt:
Zapiro maak nie verkragting af as ‘n grap of minder ernstig nie. Verre daarvandaan.

Hy sê dat wat Zuma met die land doen is net so ERNSTIG as verkragting, net so walglik, net so immoreel en verdien dieselfde veroordeling.

Vanuit die ander hoek: Hy probeer nie sê dit wat Zuma doen is net so ‘n merske grap as verkragting nie en ha, ha kom ons lag ons dood oor Zuma se skreeusnaakse optrede nie. Nee, nee. Hy sê altwee is ewe erg en weersinwekkend.

Die beeldspraak wat hy m.b.v. ‘n skets gebruik onderstreep die erns en walglikheid van beide verkragting en Zuma korrupsie.

Jy het tog seker al die uitdrukking (beeldspraak) gehoor tot die effek dat iemand iets verkrag. Dit word alledaags gebruik. Die uitdrukking beteken tog sekerlik nie dat die ou wat daai beeldspraak gebruik vrouens beledig of geen respekte vir hul het nie.

Eish man!

Nog ‘n ding: mans kan ook verkrag word.

Sien jy nou die verskil in benadering en in die boodskap?

Dis m.i. ‘n sterk uitspraak teen BEIDE verkragting en Zuma korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.