Zayn Adam oorlede

Zayn Adam

Zayn Adam

Die Kaapse musieklegende Zayn Adam is in die ouderdom van 67 oorlede.

Eyewitness News berig dat Adam laat Sondagaand in die Grootte Schuur-hospitaal oorlede is. Volgens die Daily Voice het Adam verlede week ʼn hartaanval gehad en hy was sedertdien in die hospitaal. Hy sou die naweek by die Jazz on The Rocks-musiekfees opgetree het.

Adam is in 1947 in Soutrivier in Kaapstad gebore en het op 11-jarige ouderdom begin kitaar speel. Adam het in die 1970’s naam gemaak as ʼn lid van die jazz-rock-groep Pacific Express. Die groep het bekendheid verwerf met hul liedjie Give A Little Love (video volg onderaan berig).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.