Zebediela-skoolboikot duur voort

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die skoleboikot wat nou al vier maande lank voortduur, verhoed dat onderrig aan duisende leerlinge plaasvind in Zebediela in Limpopo, ten spyte van pogings om dit te ontlont.

Die gemeenskap het in Maart verskeie skole gesluit en dring aan op ʼn teerpad in die area.

Die ergste is dat dit lyk asof die protesoptrede kan slaag weens die ontwrigting van kinders se onderrig, ten spyte van die nasionale minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se oproep vroeër vandeesweek dat die kinders uit die geskil gehou word.

Drie lede van Limpopo se provinsiale kabinet het gister die gebied besoek om aan te dring dat leerlinge dringend terugkeer skool toe en dat inhaalklasse tydens die wintervakansie plaasvind.

Hiervan wou die gemeenskap, wat opgerui voorgekom en by ’n plaaslike sportstadion saamgetrek het terwyl die hooggeplaastes met die gebied se opperhoof by die stamkantoor vergader het, net mooi niks weet nie.

Hulle dring aan dat die pad dadelik geteer word en dat die sowat dertig mense wat reeds weens beweerde betrokkenheid by openbare geweld aangehou word, dadelik vrygelaat word.

As dit nie gebeur nie, sal hulle nie toelaat dat die kinders terug skool toe gaan nie, ten spyte van landswette oor skoolpligtigheid.

Die regeringsleiers het teen gistermiddag gelyk of hulle onder die druk swig. Hulle het gesê dat hulle sal sien of die pad vanjaar nog geteer kan word, en het gevra dat die kinders teruggestuur word skool toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

James ·

Wat nogal interresant is, die mense kon vir beter regering gestem het. Maar die resultate spreek van self.

Johan ·

As dit die gemeenskap se wil is om die skole te sluit, hou dit dan gesluit. Een of ander tyd sal hulle verstaan dat dit tot hulle kinders se nadeel is.

Asmain ·

Einde van die jaar word die skole afgebrand omdat hulle dop! Dan word hulle deur gesit

ne ·

Die leerders sal maar net oorgeplaas word na die volgende graad. Shame, anders bly hulle analfabete soos die ouers.

Charlie ·

Wie skiet.nou weer vir wie in die voet?
Dis vir my maar ‘n duistere begrip hier.

Wonder net ·

Van wanneer af bepaal ‘n teerpad jou akademiese kwalifikasie?
My man het ook jare terug op die platteland skoolgegaan sonder ‘n teerpad of krag maar met toegewyde onderwysers.
As die ouers dan die landswette oor skoolpligheid oortree moet hulle aangekla word.
Wat doen die skoolhoof en onderwysers elke dag? Gaan pligsgetrou skooltoe en sit daar tot die laaste klok lui vir huistoe gaan?
Hoe dom is die ouers tog. Besef nie hoe hulle die kinders benadeel nie.
As die pad geteer word gaan hulle weer betoog oor te min werksgeleenthede tydens die proses en toerusting afbrand.
Na die teerpad volg seker weer dienslewering, water, krag en spoeltoilette.
O ja en dan is die kliniek weer te vêr.
Dan moet die HOP huise weer vinniger gegee word en kindertoelaag verhoog word.
Niks kry end nie. Bly alles en almal blameer.

Ek vra maar net. ·

Wil maar net dieselfde doen met skool as wat hulle met wereld bekende gewese Zebediela lemoen plaas gedoen het.

fred ·

stem saam..ek het jare oorsee nog met die voete oor n stofpad 2km skool toe gestap..ek was 8-9jaar oud..winter deur die sneeu en ys…niemand het gekla..skool gaan wad prioriteit nommer 1..

PJ ·

Ek sê nie ek stem saam met wat hier aangaan nie want ek doen nie.. Maar ek dink ons vat teerpaaie “for granted”. Ons het dié geleer toe ons in Mosambiek gebly het. Hoe desperaat moet mens wees vir ‘n teerpad?

Danie ·

Instemming tot pad gaan hier ‘n groot presedent skep. Hou die ruimte dop!

Hanna Hoekom ·

“Liberation before education…” Hoe moedswillig kan mens nou wees? Hierdie mense bederf hul eie kinders so moontlike vooruitgang in die lewe. En dit oor n teerpad? Brand tog maar die skool af en kry klaar.

chrisjan ·

Hulle het geen verantwoording geleer dis nie in sy gene Zebediela my pa het nog daai pad gebou in 60 jare daar sal niks oorbly wat het van wereldbekende Zebedelia geword wat het van wereldbekende Mango plaas gebeur in Hoedspruit ook grodonteining tot niet hul weet hoe om te brand en te verwoes is gebore met vuurhoutjie in hand

PJC ·

Verstommend hoe min hierdie mense omgee vir hul kinders se toekoms en welstand. Dit wys weereens die verskil tussen die verskillende groepe in ons land. Waar ek vandaan kom sal ons ons lewens gee om ons kinders se toekoms te verseker maar blykbaar gee hierdie klomp nie duit om vir hul kinders nie.

Gert Centurion ·

Opoffering is deel van bestuur op alle terreine. Dit sluit alle fasette van lewe in. Dit vestig ook kulktuurgeskiedenis in. Dit is ook ‘n leerervaring en dra positief by tot gemeenskaps samehorigheid op ‘n konstruktiewe wyse. Standaarde in elke uitset van die lewe is onontbeerlik. Word wakker sonder nonsens.

Louis leeu ·

Hulle het nie eers fondse om die nasionale paaie reg te maak waar gaan hulle fondse kry om daar n pad te teer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.