Zeerust-aanval: ‘Die Here se hand was oor hom’

Jan McDonald (80). Foto: Verskaf

Sy aanvallers wou hom met sy eie haelgeweer skiet, maar die geweer het nie afgegaan nie. Hulle wou hom toe met ʼn strykyster martel, maar dit het met die aanskakel ʼn plofgeluid gemaak en wou nie werk nie.

“Dit was alles die Here se werk wat sy hand van beskerming oor Jan McDonald (80) gehou het. Jan is ʼn groot kind van die Here en ʼn baie geliefde man in die gemeenskap van Zeerust. Baie geliefd onder alle bevolkingsgroepe. Hy is ons almal se oom en oupa,” het pastoor Charlotte Crous Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Crous, pastoor van die Shekinah-bediening op dié Noordwes-dorp, het Sondag teen 08:10 op ʼn erg vernielde McDonald afgekom toe hy nie oudergewoonte die oggend die kerk se deure oopgesluit het nie.

“Hy is ʼn wewenaar, het nie kinders nie en is al nagenoeg 15 jaar ʼn lid van die gemeente. Hy het uit vrye wil take by die kerk verrig soos om die erf in stand te hou en Sondae voor die diens oop te sluit. Dit is vir hom ʼn passie en hy hou daarvan om by die kerk uit te help. Die diens begin 09:00 en hy sluit gewoonlik 07:45 al die deure oop. As ek gewoonlik teen 08:00 by die kerk aankom, dan is hy al daar,” het Crous verduidelik.

“Sondagoggend toe ek daar kom, was hy nie daar nie. Sy huis is skuins oorkant die kerk en ek het gaan kyk of alles reg is by hom. Toe ek 08:10 by sy huis aankom, sien ek sy klein rooi bakkie is nie uitgetrek nie en die voordeur en veiligheidshek staan oop.”

Crous het McDonald in die gang op die vloer aangetref. “Hy was by sy volle bewussyn en kon praat en vertel wat gebeur het. Ek het kussings gevat en hom gemaklik laat lê en die polisie en paramedici ontbied. Hulle almal was spoedig op die toneel en ons is vol lof vir hulle.”

Crous beskryf dit as ʼn wonderwerk dat McDonald nie erger beseer is in die voorval nie.

“Hulle het hom baie verniel. Drie mans wat hul gesigte bedek het, het toegang tot die huis verkry deur ʼn groot kamervenster wat nie diefwering het nie, stukkend te slaan. Dit was so tussen 02:00 of 03:00 Sondag. Hy het skaars die slag gehoor toe hulle hom in sy bed oorval het.”

Volgens Crous het die aanvallers McDonald se hande en voete agter sy rug vasgebind, hom geblinddoek en erg met ʼn harde voorwerp aangerand. Die aanvallers het McDonald se huis omgekeer op soek na sy kluis se sleutels en uiteindelik met drie vuurwapens en geld wat McDonald in sy kluis gehou het, op vlug geslaan.

“Hy het deurlopend gebid en wonderwerk op wonderwerk het gevolg. Hy het nie een been gebreek of inwendige bloeding opgedoen nie. Die mans het in ʼn stadium Jan se eie dubbelloop-haelgeweer op hom gerig om hom te skiet, maar die skote wou nie afgaan nie. Hulle wou hom met ʼn strykyster brand, maar toe hulle dit inprop, het die strykyster ʼn plofgeluid gemaak en nie verder gewerk nie. Dit is absoluut die Here se hand wat oor hom was en ons is die Here so dankbaar,” het Crous gesê.

Crous het gesê aanvanklike berigte dat McDonald kritiek beseer is, is onwaar. “Hy is wel na ʼn hospitaal geneem en is vol blou kolle en kneusplekke, maar hy is slegs opgeneem vir toetse en waarneming. Hy behoort binnekort ontslaan te word.”

Die Zeerust-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

McDonald het deur Crous almal bedank wat vir hom bid en hom bystaan. Hy het dié boodskap aan almal oorgedra:

“Die Here se genade, liefde en teenwoordigheid het my beskerm … Sy genade was vir my genoeg, soos sy Woord sê! Twee pogings om my met my eie geweer te skiet het misluk, die strykyster waarmee hulle my wou brand, het net ʼn harde plofgeluid gemaak … Ek het die hele tyd gebid en die Naam van die Here aangeroep en het net ʼn dankbare hart teenoor die Here vir sy genade! Baie dankie aan Charlotte, Lindi en James vir jul vinnige optrede. Baie dankie aan Sarie en haar span, dr. Erasmus en die vinnige en uitstekende diens van die polisie. Ek is vanoggend reeds baie beter en sê aan elkeen in die gemeenskap baie dankie vir jul gebede! Sal binne ʼn dag of twee tuis wees.”

Crous het gesê McDonald sal ná hy ontslaan word, moontlik tydelik by hulle tuis gaan terwyl die veiligheid by sy huis verskerp gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

leser ·

groot dank aan Onse Vader vir SY Hand van beskerming, net SY hand kon maak dat geweer en strykyster nie wou werk nie, HALELUJA

wonderwerk ·

N Baie Groot Wonderwerk!! Prys die Here. Hy is Groot en Almagtig vir Altyd en Ewig.

Veer ·

Dankie Here, ek kry hoendervleis soos ek hierdie testimony lees. GOD IS ALMAGTIG.

Gesiggie ·

My Oom…. God is Good … All the Time… en God se Engele het jou beskerm met als… dankie Jesus dat Oom Jan n getuie kan wees van U wonderwerke in die lewe vandag…. sterkte mag daai Rowers Weet… Ons dien n Groot God… as hul vra eish Baas hoe kan dit wees… God is in Beheer… en Sy Mag en Krag is baie sterker as enige iets … I believe in Angels….

Adel ·

Baie jammer vir die oom se trauma, maar dis darem maar “awesome” hoe die Hand van die Here ten alle tye daar was!!!! Hoop en bid oom word gou beter!!

christa ·

so bly sy lewe is gespaar. Hoop die kerk gaan nou sekermaak dat daar diefwering aan die vensters kom

Chrisjan ·

Hierdie is deel van georganiseerde misdaad teen n mindersheidsgroep.

Amelia ·

Met een woord net wonderlik en dankbaar. Waarlik God leef.

Marlene ·

Ons God is Groot en Goed!! Baie sterkte Oom en baie dankie aan almal wat Oom bystaan.

Maggie ·

Voorwaar n wonderwerk!God se hand was defnitief oor hom.Baie sterkte met oom se herstel

Laura BranniganKruger ·

Dis wonderbaarlik om hierdie artikel te lees, want dis ‘n versterking vir my geloof omdat ek vir die senior burger gebid het sonder om om te ken.

Ounooi ·

Amen! Prys Sy Groot Naam. Dankie Jesus. Sterkte aan die oom.

Andries Helm ·

Baie bly oor die groot genade. My ou vriend ek bid vir jou om gou gesond te word. Die Here se genade is vir ons almal genoeg. Sou jou graag wou besoek maar ek woon nou in Kroonstad ,Na die afsterwe van Bettie. Ek hoop jy kan die boodskappie lees .Groete en sterkte.

Bets ·

Hoe GROOT is ons GOD, sing Hallelujah ons GOD is so getrou as jy jou by Hom skaar n baie GROOT AMEN AMEN

Lollie ·

KOSBAAR!!! Dankie Here vir U hand oor die oom. Ons prys U!! Sterkte oom verder.

André ·

Prys die Here, die Almagtige! Dankie Here dat u nog wonderwerke doen op aarde!

Von ·

Wonderwerke soos die gebeur uit die Vader se hand. Is daar iets vir Hom onmoontlik. ? Ek prys en loof U kosbare naam. Dankie vir U groot genade vir U kinders soos oom Jan. Amen

Louise ·

Oom Jan, ek wens ek het in Zeerust gebly. Oom klink vir my na ‘n ware man van God en ek sou so baie by U kon leer. Alle eer aan ons Vader in die Hemel. Oom Jan se getuienis is kosbaar, en ek stem saam, Sy genade is onbeskryfik groot. Sterkte en liefde vir Oom.

Hannelie ·

DANKIE HERE!! U is almagtig teenoor die misdadigers. U het weereens bewys. Dankie dat die oom veilig is en U hom beskerm het. Sterkte oom Jan, oom is waarlik ‘n kind van God.

Pers Heks ·

En ons het gedink wonderwerke het net in die bybel se tyd gebeur! Voorwaar ons God is groot!!!!!!

Erika ·

Dis awesum getuienis! So Woord se: “as God nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.