Zeerust-plaasaanval: ‘Hulle het dit goed beplan’

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Groep gewapende rowers wat ʼn egpaar, die vrou se pa en broer asook werkers op ʼn plaas digby Zeerust in Noordwes oorval het, moes die rooftog goed vooraf beplan het. Só sê Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes.

Zede en Hanri Smit, asook haar pa en broer, is Woensdag omstreeks 09:45 op hul plaas, Nooitgedacht, deur sewe mans oorval en aangerand. Daar was nie vyf mans soos aanvanklik deur die polisie bevestig is nie.

“Inligting wat opgevolg is en die mans se spore dui ʼn goedbeplande aantog na die plaas en plaashuis aan. Een van die werkers buite het genoem die verdagtes het vanuit verskillende hoeke die plaashuis benader,” vertel Pienaar aan Maroela Media.

Die inwoners van die huis was van niks bewus wat buitekant aangaan nie.

Pienaar sê een van die mans het ʼn jaggeweer in sy besit gehad terwyl van die ander met rewolwers gewapen was.

Die groep rowers het eers twee plaaswerkers en een van hulle se vrou – wat in die plaashuis werk – oorrompel en vasgebind. Maroela Media het vroeër berig hulle het die werkers met vuurwapens gedreig en toegang tot die huis geëis.

Die rowers is toe die huis binne waar hulle die boer en sy vrou, asook die vrou se pa en broer, vasgebind en met vuurwapens aangehou het.

“Zede, sy skoonpa en swaer is aangerand en verniel. Hulle het Zede oor die kop en gesig geslaan,” vertel Pienaar. Hy sê die gesin is ook erg getraumatiseerd.

Die mans het die kluis se sleutels geëis, maar kon die kluis egter nie oopkry om die vuurwapens daarin te buit nie. Pienaar vertel hulle het die kluis uitgebreek en saam met elektroniese en elektriese toerusting op ʼn bakkie, wat aan Hanri se broer behoort, gelaai. Hulle het altesaam ses selfone en ʼn bietjie kontant ook gebuit.

Hulle is toe met die bakkie daar weg.

Plaaslike veiligheidsgroepe en plaaswagte is oor die aanval in kennis gestel en het dadelik gereageer.

“Die verdagtes is naby Zeerust deur een van ons reaksiegroepe gekonfronteer. Hulle het op die reaksiegroep geskiet, uitgespring en toe weggehardloop. Die bakkie, kluis, selfone en die meeste ander gesteelde goed is teruggevind.”

Die verdagtes het vermoedelik na ʼn nabygeleë informele nedersetting gevlug.

Nog niemand is in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Blikkantien ·

Ek hoop dat die mense in die informele nedersetting die derduiwels gaan uitwys. Maar ons almal weet dit sal nie gebeur nie.
Is daar steeds die anonieme misdaadlyn wat mense kan skakel om misdaad aan te meld?

KB ·

Janee werklik? ‘n Jaggeweer is ook ‘n vuurwapen…was die res hand-vuurwapens (pistole/rewolwers)?
Kry die info reg voor publikasie, asb.?

Danie ·

Dit is presies wat hulle doen. Kom om te moor. Mense ons is min en as ons nie self gaan inklim en iets begin doen nie dan word ons een vir een uitgemoor. Hierdie regering gaan niks vir ons doen nie. Waar is die ou koevoet manne, die 32 batiljon manne en ou reccie manne. Iewers moet daar sekerlik iemand wees met die nodige kennis om ons te kan lei sodat ons, ons kan beskerm en die aanslae te kan teenstaan.

Suzette ·

Ek stem Danie – sal graag by so iets betrokke wil raak.

Jannie van Niekerk ·

Dan word daar nogsteeds gesê dis nie ras gedrewe nie.

Johann ·

Enige aanslag en aanval as deel van die anargie staat wat die ANC en kie ons in wil hê is bepland. Nie noodwendig nuus nie. Wat WEL nuus sal wees is as daar ‘n TEEN plan was om seker te maak die plegers van die planne word voor gelê en uitgehaal. En hulle toevlugsoorde word aangewend vir n paar “informante”? N paar rand goed belê in so n netwerk van INFO kan net goed wees. O aakuis ja….mens noem dit intelegensie dienste. Iets wat nie boodwendig in die huidige SA van toepassing is nie.

Kokerboom ·

Radikale strategieë vir veiligheid op plase moet nou geformuleer en ge-implementer word. As hul hul lewens liefhet sal ALLE plaasboere asook kleinhoewe eienaars moet saamwerk. Dinge kan net versleg!!!

Anoniem ·

Heel waarskynlik diegene wat doelbewus destyds nie in die SANW opgeneem is nie. Wat dink jy het van al die wapens geword wat MK net voor die verkiesing die land ingesmokkel het? Dis nooit gevind of oorhandig nie. Jou stelling is in die kol.

Roebs ·

Waar is die regering hoekom gebeur sulke goed nog regtig gaan hulle al die boere uitmoor en dan sit ons ook sonder kos.

Jack ·

Geen moorde wat buitengewoon is. Ons is dankbaar daarvoor maar aanvaar geensins die aanvalle nie. Word paraat. Een slaap en een waak. Dis hoe ons lewe nou is. Dis oorlog mense

Piet ·

Die plaasaanvalle is ‘n koeverte aksie van die ANC en sy trawante om die blankes uit te wis. Vandaar dat daar nooit iets gehoor word van enige arrestasies of vonnisse wat opgelê word nie. Dit is duidelik sigbaar in die optredes wie almal betrokke is.

nell ·

Plaasaanvalle-moorde is lank nie meer sommer net misdaadjies nie – dit klassifiseer myns insiens as terrorisme. Die modus operandi wat hulle volg en spesifiek die vorms van geweldadigheid/marteling wat hulle gebruik kom neer op loutere terrorisme. Ons sit met ‘n spul goed georganiseerde terroriste in ons midde!

Estelle ·

Begin die ondersoek by huiswerkers en plaaswerkers. Hul kom nooit iets oor nie al sien hul ook alles wat gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.