Zephany Nurse-saak: Uitspraak gelewer

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy Zephany Nurse amper twee dekades gelede uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer het, het Donderdag haar lot gehoor.

Regterpresident John Hlophe het die vrou, wat nie geïdentifiseer mag word nie ten einde Zephany se nuwe identiteit te beskerm, skuldig bevind aan ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet.

Die 50-jarige vrou van Lavender Hill is daaraan skuldig bevind dat sy Zephany op 30 April 1997 uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer het. Zephany is op 28 April 1997 met ʼn keisersnee in die lewe gebring.

Die vrou, wat vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat is, se borgtog is teruggetrek en sy sal in aanhouding bly. Hlophe het vonnisoplegging tot 30 Mei uitgestel.

Zephany se biologiese suster, wat toevallig in dieselfde skool as sy is, het glo agtergekom dat die ouer meisie baie soos sy lyk. Die biologiese ouers het agterdogtig geraak en die polisie genader. DNS-toetse het bewys dat die meisie inderdaad Zephany is wat al sedert 1997 vermis is.

Die vrou wat Zephany grootgemaak het, is kort daarna in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor die Zephany Nurse-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daleen Prinsloo ·

Ek hoop voornemende ontvoerders van pasgebore babas, leer hard en duidelik hieruit. Indien hierdie vrou losgekom het, was dit ‘n bewys van swak regsstelsel. Jy kan nie iemand se lewe so steel en verwoes soos wat hierdie vrou so baie mense se lewens omvergegooi het nie!!!! SIES, jy gaan kry wat jou toekom, Mev!!!!

charlene ·

Kyk ek voel niks vir haar steel ma, maar vir die arme kind wat vir so lank `n leun mos lewe, die mense wat haar moes beskerm teen vir wreedheid van die lewe het vit haar gelieg!! die arme kind se hele lewe is omver gegooi. ek hoop sy en haar regte ma kon “click” want dis `n verhouding wat deur jare opgebou word, die verhouding tussen ma en dogter. ek hoop sy kan dit met haar regte ma OOK vind.

Erika ·

Ek kry altwee partye jammer. Daai vrou het mooi na haar gekyk en baie liefde gegee. Ek het altwee my seuns op een dag in n ongeluk verloor. En glo my niks kan daai leemte vul nie. Daar is so baie mense wat wil kinders he daar buite. Ek het empatie met haar. Maar ek kry die ouers uit my hart uit jammer. Om altyd te wonder waar is jou kind en hoe oud is sy nou en hoe lyk sy nou. En dan die die heel ergste vraag om mee saam teleef is LEEF sy nog. Ek is baie bly hulle het hul dogter terug gekry. Maar n saak het altyd twee kante al is dit ook hoe verkeerd. En al die mense wat hulle kinders op ashope weg gooi. Party van daai babas leef nog. Dit is so so hartseer. Gaan gee daai kindjie vir iemand wat nie kinders kan he nie.

Lynette ·

Ai Erika ek stem saam met jou . dit is n harde manier waardeur n mens moet gaan . Ek self is nie n gesteelde baba nie maar het by ander mense groot geword en moes dit tog so gereeld hoor hoe sleg is my ma . Op 45 het ek haar ma opgespoor maar daar is nie n manier wat ek haar ooit gaan terug wen nie . Haar kinders haat my vreeslik en nou voel ek eers welkom . ek is nou 62 en het nog nooit n drukkie van my ma gekry nie of ek is lief vir jou nie . So daai meisiekind het ook seker nou baie gemengde gevoelens . Sy het happy groot geword en nou is alles inmekaar gedompel . Sy sal maar moet sterk wees , waar ook al die lewe gaan vat . Ek sou nie my ma wat my so goed groot gemaak het maklik vergeet nie . Wat haar eie ma betref sou ek baie raaisels he . Hoe gaan sy nou die kind daai liefde en aandag gee van soveel jare terug . Shame my hart bloei vir hulle .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.