Zephany Nurse: Twee families bots buite die hof

Morne Nurse buite die Wes-Kaapse hooggeregshof. Foto: Catherine Rice/ANA

Morne Nurse buite die Wes-Kaapse hooggeregshof. Foto: Catherine Rice/ANA

ʼn Onderonsie het Maandag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof ontstaan tussen die familie van Zephany Nurse en die familie van haar ontvoerder.

Die 52-jarige vrou wat Zephany byna 20 jaar gelede uit die hospitaal waar sy gebore is ontvoer het, is Maandag tot effektiewelik tien jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet.

Buite die hof het emosies hoog geloop toe ʼn rusie tussen die Nurse-familie en die beskuldigde se familie ontstaan het. Chantall Berry, die suster van Morné Nurse, Zephany se biologiese pa, het gesê die beskuldigde se familie het haar beledig. “Hierdie ou het na my toe gekom en gesê hy gaan die bril van my gesig afklap. Hulle wil net aangaan. Sy [Zephany] behoort aan ons. Sy het ons DNS. Haar DNS sal nooit verander nie,” het sy gesê.

ʼn Familielid van die beskuldigde, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gesê die saak is natuurlik baie emosioneel. “Ons is menslik. Jy kan jou mos indink. Die punt van die saak is dat die familie meer bekommerd is oor Zephany.” Sy het gesê hoewel die hof bevind het dat die beskuldigde nie berou oor haar dade het nie, het die beskuldigde wel gesê sy is “jammer vir Zephany en vir die goed wat gebeur het”.

Die openbare galery was Maandag volgepak toe regter John Hlophe die vrou van Lavender Hill gevonnis het. Hy het aan haar gesê die pyn wat sy vir die Nurse-familie veroorsaak het, is geweldig groot. “Die minste wat ʼn mens van jou kan verwag is om om verskoning te vra, maar jy het gekies om dit nie te doen nie,” het hy gesê.

Die beskuldigde het deurentyd tydens die verhoor gehou by haar weergawe van gebeure dat sy Zephany by ʼn vrou met die naam Sylvia gekoop het wat aan haar gesê het dat die kind se biologiese ouers haar nie wil hê nie.

Zephany se biologiese ouma, Marilyn Francis, het buite die hof gesê dat Zephany in kontak is met Celeste Nurse, haar biologiese ma, en dat Zephany vir Celeste Sondag gebel het om haar geluk te wens met haar verjaardag. Morné Nurse het ná die vonnisoplegging gesê dat “die genesing nou kan begin” en dat hy bly is die saak is uiteindelik verby.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Nou moet Zephany by wildvreemdes gaan woon en met hulle saamwoon as ouers (wat hulle natuurlik is maar miskien nie in haar gedagtewêreld). Wat ‘n verkriklik emosionele gebeurtenis. Vorentoe sal sy ‘n outobiografie skryf wat uniek sal wees.

Pierre ·

Sy bly by haar steel Ma se man Boeta. Saam haar lover en sy is nou swanger van hom volgens wat ek laas gelees het. Lees ook maar Son. Vir n man soos ek oor die waters vat ek alles in wat ek kan lees in Afrikaans natuurlik. Maroela bo vir my natuurlik.

Ongelooflik moeilik ·

Soos ons almal voel is hier geen wenners in die saak nie, almal gaan lei hieronder, dit is maar die groot rede hoekom mens nie ander mense se babatjie vat nie, hoe het sy gedink, dat dit nooit gaan uitkom nie? Verder aan haar familie, julle kan nie moeilik of handgemeen met Zephany se familie raak nie, hulle is ‘n groot onreg aangedoen. Hierdie vrou het selfs in die hof vir hul uitgelag, regtig dit is baie lelik om jou te verlekker in iemand anders se pyn, sy weet hoe seer dit was toe sy haar babatjie verloor het, so seer dat sy bereid was om iemand anders sin te steel, dan kom lag sy daaroor, nee sy moet maar sit en besin oor haar sonde. Zephany jonge dame, niemand gaan verwag dat jy bande met dit wat jy ken net moet sny nie, maar gee jou familie ‘n kans om jou te leer ken, lief te hê en daar vir jou te wees en as jy swanger is en na jou babatjie kyk, dan dink jy net vir ‘n oomblik hoe jy sou voel as sy net van jou weggeruk is skielik. Net jy kan die besluit maak om voortaan ‘n groot uitgebreide familie te hê of baie hartseer. Hulle kan almal nog ‘n positiewe rol in jou lewe speel. Jy het 19 jaar terug die minste sê gehad, maar nou die meeste, tyd is kosbaar kind, gryp elke familie lid en maak hul deel van jou lewe!

Louwrens ·

Ons het werklik n vreemde regstelsel. As jy skuldig bevind word aan ontvoering kry jy effektief 10 jr net omdat jy nie “jammer genoeg is nie..! As jy egter skuldig bevind word aan moord en jy sit met n lang gesig, kry jy 6 jr waarvan jy waarskynlik effektief 3 jr gaan uitdien. Dalk is dit hoekom moord n beter opsie vir die SA misdadigers is.

snoefie ·

wat die vrou gedoen het lance, is erger as moord. as dit jou kind was sou jy gevra het vir die dood straf. ek ook.

Petro ·

Om iemand se kind te steel is net wreed en selfsugtig. En die familie weet niks? Moeilik vir my om dit te glo. My kind is wetlik aangeneem en my hele familie het die pad saam met ons gestap…hulle weet alles. Hulle het die hof papiere gesien..ons het niks weggesteek nie. Dis hoe aaneming gedoen word. Nie jy “koop” ‘n kind en dis nou maar so nie. My hart bloei vir die jong kind…maar ek voel niks vir die kinderdief nie
Sterkte vir Zephany en haar familie xxx

sarie van heerden ·

wat met die gesteelde

Wat ,et

Wat met Zephany Nurse gebeur het keur ek nie goed nie maar om die grootmaakmak tot 10 jaar tronkstraf te vonnis het ons hier net EEN benadeelde persoon en dit is Zephany. Die biologiese ouers kry “revenge” maar ‘n kind se moeder vir wie sy lief is word van haar verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.