Zephany Nurse: Verhoor begin vandag

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

ʼn Vrou van Lavender Hill in Kaapstad wat na bewering in 1997 ʼn pasgebore baba uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer en as haar eie grootgemaak het, se verhoor begin Maandag in die hooggeregshof in die stad.

Zephany Nurse was net twee dae oud toe sy op 30 Maart 1997 uit die hospitaal verdwyn het. Die naam Zephany is aan haar gegee toe sy gebore is, maar die vrou wat haar grootgemaak het, het haar ʼn nuwe naam gegee.

Volgens die klagstaat het die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie om Zephany se identiteit te beskerm, met Celeste, Zephany se ma, bevriend geraak en haar in die hospitaal oortuig om Zephany aan haar te oorhandig sodat sy kon slaap.

Toe die personeel Celeste later wakker gemaak het, het hulle haar ingelig dat haar babadogter vermis is. Ondanks ʼn landwye soektog na die dogter, is die kind eers verlede jaar gevind waar sy naby haar biologiese ma grootgeword het.

Zephany se biologiese suster, wat in dieselfde skool as sy was, het glo agtergekom dat die ouer meisie baie soos sy lyk. Haar ouers het agterdogtig geraak en die polisie genader. DNS-toetse het bewys dat die meisie inderdaad Zephany Nurse is wat al sedert 1997 vermis is.

Die vrou wat Zephany grootgemaak het, is kort daarna in hegtenis geneem.

Die verhoor is op die hofrol geplaas tot 10 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Mens wonder oor hoe dit hierdie arme kind ook gaan raak, en hoe gaan die nuwe bande gesmee word. Tienerstadiums is juis nie die maklikste nie.

Sarie 2 ·

Sy was desperaat om ‘n baba van haar eie te hê & alles dui daarop dat sy die kind met bàie liefde grootgemaak het. Die kind het niks kortgekom nie… Almal in diè sage is in pyn. Waar is Salomo tog noù???

sarie van heerden ·

Nie net het die dogter niks gekort by die grootmaak ouers nie, maar sy was beteraf as die biologiese ouers waar sy in ‘n disfunksionele huis sou grootgeword het. Volgens berigte het sy in’n liefdevolle huis met twee gelukkiggetroude ouers grootgeword. Wie wil nou meer he as dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.