Zephany-saak: Uitspraak verwag

Morne en Celeste Nurse, Zephany se biologiese ouers. Foto: ANA

Morne en Celeste Nurse, Zephany se biologiese ouers. Foto: ANA

“Sy het gejok. Ek het vir dae na haar leuens geluister.”

Dit was die reaksie van regterpresident John Hlophe terwyl hy slotbetoë aangehoor het in die saak teen die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy Zephany Nurse amper twee dekades gelede ontvoer het.

Die vrou, wat nie geïdentifiseer mag word nie ten einde Zephany se nuwe identiteit te beskerm, het onskuldig gepleit op die aanklagte van ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet.

Hlophe blyk nie oortuig te wees deur die vrou se bewering dat ʼn pasgebore baba op 30 April 1997 by die Wynberg-treinstasie aan haar gegee is nie. “Sy het die baba gekoop vir R3 000. Die storie maak geen sin nie.”

Hlophe het gesê daar was geen bewyse dat Celeste en Morne Nurse enigiemand toestemming gegee het om hul kind te vat nie. “Wie op aarde sal ʼn baba vir R3 000 koop by ʼn onbekende persoon?”

Hlophe sal na verwagting om 10:00 Donderdag uitspraak lewer in die saak.

Lees alle vorige berigte oor die Zephany Nurse-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

amelia ·

Ek wonder of besef die beskuldigde wat sy aan ander gedoen het deur haar gulsigheid. Het sy vir een oomblik besef hoeveel mense se lewens sy beinvloed, seermaak, verwoes en vernietig het? Weet sy presies wat sy gedoen het en wat haar dade tot gevolg gehad het vir ander? Regtig ander mag insien hoekom en waarom, maar ek vind dit baie moeilik. Mag daar vir haar vergifnis wees want ek dink as sy dit aan my gedoen het, sou dit bitter moeilik gewees het.

Melt Olckers ·

Wat is die omvang van die emosionele skade wat aan die meisie aangerig is? Die vrou wie sy gedink het is haar ma. Onmoontlik om in te dink die trauma waardeer sy gaan.

alida ·

Ek dink die meisie is oud genoeg om te besluit by wie sy wil bly, maar as dit ek was sou ek verkies om my eie paadjie te loop, maar darem kontak gehou het met my biologiese ouers. Ek weet daar is seker ander menings.

pop ·

Melt, ek kan nie eers begin om te dink deur watter hel die stomme meisietjie gaan nie. Vir die res van haar lewe gaan sy letsels oorhou. Die vrou is n leunaar van n ander aard. Sy het dit uit en uit beplan. Al die maande voorgegee sy is swanger, so sy moes beplan het in al daai maande om n baba iewers te kry. Hoe sy dit van haar man weggesteek het wonder ek nou nog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.