Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, is Dinsdag as ondervoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) aangewys.
Zille, ook die premier van die Wes-Kaap, sal ʼn jaar lank op ʼn rotasiebasis in dié amp dien. Die posisie sal daarna aan ʼn afgevaardigde van ʼn ander provinsie gegee word.
“Ons wens me. Zille geluk met die verkiesing en glo dit sal waarde toevoeg tot die Raad,” het DA-LP Elza van Lingen gesê.
Die Nasionale Raad van Provinsies moet verseker dat provinsiale belange in ag geneem word binne die nasionale sfeer van die regering. Thandi Modise, voormalige premier van Noordwes, is die voorsitter van die Raad. -SAPA