Zille daag Zuma vir openbare debat

Helen Zille

Helen Zille

Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het president Jacob Zuma vir ʼn openbare debat uitgedaag.

“Ek wil jou graag uitdaag om saam met my aan ʼn nasionale presidensiële televisiedebat oor die toestand van die land en ons ekonomie, veral poste, deel te neem,” het Zille Donderdag in ʼn ope brief aan die president geskryf.

Zille het Zuma verlede jaar in Augustus gedaag om saam met haar aan ʼn openbare debat deel te neem oor die toestand van die ekonomie. Zuma het die versoek van die hand gewys.

Zille sê in haar brief werkloosheid het van 30.4 tot 34% gestyg sedert Zuma in 2009 as president aangestel is. “Dit is teenstrydig met die stellings wat Zuma oor sy administrasie gemaak het oor werkskepping en ekonomiese bestuur,” sê sy.

“Ek glo sterk daaraan dat ons die geleentheid moet hê om openlik hierdie kwessies saam te bespreek en om direk vrae van die publiek te beantwoord.”

Sy sê ʼn debat, wat op die televisie uitgesaai word, sal die demokrasie en openbare gesprek versterk.

Mac Maharaj, woordvoerder vir Zuma, kon nie aandui of Zuma bewus is van die uitnodiging nie. “Ek wil nie kommentaar lewer daaroor nie,” het Maharaj gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shannon ·

Ek hoop ons skop af met `n gebruiklike Ingoma duet.
Ek kan myself min dinge meer aangrypend voorstel as die 63 jarige Zille in `n blou mini, met die postuur van pap in `n sykous, gedrapeer bo oor die kalbas van hoofman Zuma … Zille & Zuma !

Zille is nou nie juis die skerpste toel in die toelbox nie maar ek glo selfs haar kortekstuele kaliber is net te veel vir Jacob, wie se stabiele I.K. ingegrawe is iewers tussen die van Homer Simpson en `n baksteen.

Nie so Slim soos jy nie Daan ·

Jani Allan – ek smeek jou. Skryf da vir ou Daan net n stukkie oor die krappe-basaar met die aankondiging dat die een of ander front ( ja ek merk reeds die “fr” is deur een of ander slimmetjie [nie ek nie] uitgewis…..en met n ander paslike letter vervang ) – nou parlement-toe mik. ( Loer daar. Monty Python came to Town gewis. )
Dis n miernes van aktiwiteit. FN ( sien hier’s die ” N ” ook al vervang ) – onderbroeke en t-hemde word vir n vale ontwerp en bestel. Herinner aan my dae op Porterville toe die local spietkop n rolskaatsbaan geopen het. Burremeester en sy geleide, honde, katte en lorries-vol oumense is aangery. Koeksusters en gemmerbier met n bottel Kommando brandewyn hier en daar. En sie daar. Binne n maand is die spietkop dorp-uit. Oornag. Want sien…..die betonbaan-gooier was nooit sy verskuldigde tjeld betaal nie.

Slim Daan ·

Toe durf ek jou komplimenteer. Jou gewraakte ander skrywe dieselfde…..en nou’s ek ook n ” gemerkte ” man. ( Vorige thread soek nou nog baas. )
Nietemin. Jy sou Jani Allan ( in haar heyday ) n goeie ” go ” kon gee. Twyfel insgelyks of die sweepslaners van woorde, hierdie een sal plaas.
Geniet jou loslit maar raak skrywes geweldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.