Zille deel weer soene uit

Zille soen weerDie Demokratiese Alliansie (DA) se leier, Helen Zille, is Woensdag tydens ʼn verkiesingsveldtog in Hammanskraal, noord van Pretoria, letterlik met ope arms ontvang.

Die Franse nuusagentskap AFP het haar na die informele nedersetting vergesel en haar afgeneem waar sy deur een van die inwoners gesoengroet word.

Die foto maak opslae op sosiale platforms, veral omdat Zille en Mamphela Ramphele, die leier van AgangSA, in Januarie hul politieke “huwelik” tydens ‘n mediakonferensie in Kaapstad met ʼn soen verseël het. Zille het tydens die konferensie aangekondig Ramphele sou die DA se presidensiële kandidaat in die komende verkiesing wees. Die verhouding was egter van korte duur.soen

Kort ná die veelbesproke soen, en die “huwelik” tussen die twee partye, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en Lindiwe Sisulu, minister van die staatsdiens en administrasie, tydens die kabinet se bosberaad in Pretoria gesoen om die draak te steek met die DA en AgangSA se mislukte samesmelting. “Hierdie sal nie langer as vyf dae duur nie,” het Nzimande gesê en gelag vir fotograwe wat hulle afgeneem het tydens die kus.

Die nuwe foto het gemengde reaksie ontlok. Een Twitter-verbruiker noem dit “the kiss of death” terwyl ander dit as ʼn soen van vrede afmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daantjie Maartens ·

My oorle moeder draai nie net in haar graf om nie. Sy spring trampolien.

Frik Lotz ·

Die DA het die Afrikaner en ander minderhede in die rug gesteek. Hul is nou in n dolle gejaag na swart stemme en sal enigiets doen om swart kiesers te probeer beindruk. Die enigste party wat opstaan en veg vir minderhede is die VF Plus. Dis tyd dat kiesers in hul duisende uitgaan en gaan stem vir die VF Plus. Maak die VF Plus sterker en groter. Stem vir n beter toekoms!

Grassie ·

Frik, ek respekteer jou siening en hierdie kommentaar is nie teen jou persoonlik gemik nie, maar hulle sit al 20 jaar en bolletjies rol en het nog niks bereik nie. Hulle het in hierdie tyd nog nie die Afriklanervolk as geheel se vertroue gewen nie en hul onlangse heuling met DA uitgewekenes lei tot verdere skeptisisme. Hulle het hulle kans gehad en dit nie benut nie. Dink jy nie dit is dalk tyd vir `n nuwe begin nie?

CT Botha ·

Grassie wat het jy gedoen? Help jy plakkate op sit? Be hoort jy aan party strukture of wil jy hê ander mense moet dit vir jou doen tersely jy vir die Sharks skreeu?

Grassie ·

Nee ek skreeu vir die Bulle. My enigste probleem is dat hulle tans net so swak vaar soos jou party.

Babs ·

Helen is darem lief vir die donkeres. Jy sien haar nooit in blanke gebiede. Ons belasting betaal net vir die geskenke wat sy so graag uitdeel om stemme te werf. Stem nie weer DA.

Frik Lotz ·

Goed gesê, Babs. Duisende mense wat voorheen DA gestem het,gaan dit nie weer doen nie. Die enigste party wat werklik mense se belange op die hart dra is die VF Plus. Gaan kyk gerus na http://www.vfplus.org.za

andre wilmans ·

It’s very clear that many of your white afrikaans readers are still very racist. Beware the night of the long knives. I suggest you either leave SA or take hands with your black counterparts and start forging a united country. Fit in or go. Blacks are now the gvt of the day. Get used to it.

Cornel Fourie ·

Andre Wilmans.Ons is nie rasiste nie,ons is Christen blankes.N rasis in die hedendaagse politiek is swart,se wat jy wil ,julle lewe in die geskietkundige wereld.,en sal nooit daaruit kom nie.Al wanneer julle sal verander is as die geld opraak en julle moet n heenkome by God soek.Pasop daardie dag is baie naby.Niks op aarde behoort aan n mens nie.N Vuurkolom kan alles in 1dag uitwis .God is in beheer nie die regering nie.WEES VERSIGTIG.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.