Zille: Droogte ʼn groot toets vir regering   

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA. Foto: DA/Flickr.com

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Donderdag in haar provinsiale rede gesê die droogte in die provinsie gaan die regering se vermoëns op alle vlakke op die proef stel.

Zille het gesê die droogte, wat volgens haar die hele provinsie op sy knieë het, gaan verseker dat die regering in die komende dae fyn moet beplan om sy beloftes aan die inwoners van die Wes-Kaap na te kom.

“Die Wes-Kaapse droogte is nie ʼn normale droogte nie. Hidroloë wat die droogte geanaliseer het, meen daar is maar ʼn 25% kans dat só ʼn droogte in die Wes-Kaap sal voorkom,” het sy gesê.

Die verwoestende droogte in die Wes-Kaap het tot dusver die implementering van ernstige waterbeperkings tot gevolg gehad. Inwoners word tot net 50 liter water per dag per persoon beperk.

Kaapstad stuur af op Dag Zero, die dag wanneer die stad se krane leeg loop. Dié dag is Woensdag tot Julie aangeskuif.

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag in sy begrotingsrede gesê dat R6 miljard vir droogteverligting in die Wes-Kaap en ander dele van Suid-Afrika opsy gesit is.

Zille het na die departement van water en sanitasie gekap en gesê geen nasionale befondsing is tot dusver beskikbaar gestel vir die Wes-Kaapse waterkrisis nie.

Sy het gesê die plaaslike regering moenie alleen belas word met die kapitaallas- en bedryfskoste vir só ʼn nasionale krisis soos die droogte nie.

Zille het egter Gigaba geloof vir die geldhulp wat vir die droogte, wat minstens vyf provinsies raak, wat in die begroting opsy gesit is.

Sy het egter gesê dit is steeds nie genoeg geld as dit in vyf provinsies vir die droogtekrisis en nuwe infrastruktuur aangewend moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

hoekom is daar droogtehulp vir 4 ander provinsies ook? ‘n ANC raadslid van iewers in die binneland het dan so ‘n jaar gelede gesê die droogte in die Wes-Kaap is die Here se straf op mense wat meestal DA stem. Dit verklaar seker ook die droogte in die 2 DA-beheerde munisipaliteite in die Oos-Kaap.
Maar waarom is daar dan droogte in ander provinsies ook? Hulle stem dan meerderheid ANC. Dan is die Here mos tevrede met hulle…

AGNEE ·

Ag tannie, miskien moet jy maar gaan sit. Jy het ‘n bysaak geword, niemand steur hulle meer aan jou of wat jy te sê het nie. Oor ‘n paar jaar gaan mense dieselfde oor jou voel as oor FW de Klerk. Toets vir die regering se jy? En hoe doen hulle tot dusver as mense uit ander provinsies vir die Kaap moet water stuur? As burgerregte organisasies die organisering en vervoer van water moet hanteer . HOE DOEN DIE REGERING uit 10 uit hmmm?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.