Zille: ‘Ek het nie stemme gewerf’

‘n Skermskoot uit die video.

Sy het nie stemme gewerf nie, maar bloot met kiesers gepraat en hulle aangemoedig om in die ry te bly staan om hul kruisies te trek ondanks lang wagtye.

Só het Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, gesê nadat sy Maandag glo hardhandig uit ʼn stemlokaal in Bethelsdorp in die Oos-Kaap verwyder is.

Volgens Zille het sy op verkiesingsdag verskillende stempunte besoek waar sy langs die rye afgestap en kiesers gegroet het. Sy ontken dat sy stemme probeer werf het en sê sy was juis baie versigtig in die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se afgebakende gebied by die stempunt.

“Ek het vir mense in die rye dankie gesê dat hulle vandag kom stem het en hulle gevra om asseblief in die rye te wag, al gaan dit lank vat aangesien dit belangrik is dat hulle stem.”

Die stempunt by die Fernwood Park Primary School het volgens Zille baie lang rye gehad. Sy het opgemerk dat mense nie in rye verdeel word volgens hul van nie, asook dat dit baie lank gevat het om mense se ID-nommers in te tik en hul registrasie te bevestig voor hulle kon stem.

Volgens Zille het sy met die nodige magtiging die stemlokaal binnegegaan en aan die hoofbeampte voorgestel dat die rye volgens vanne verdeel word, maar die beampte het die voorstel geïgnoreer en haar versoek om die stemlokaal te verlaat. Zille het toe die stempunt verlaat en ʼn OVK-verteenwoordiger oor die situasie ingelig.

Sy het later weer na die stempunt teruggekeer en volgens haar was die ry nog langer en is mense steeds nie in aparte rye volgens hul van verdeel nie. Sy het mense in die tou weer aangemoedig om geduldig te wees en toe sy aan die voorkant van die ry kom, het twee ANC-agente haar glo daarvan beskuldig dat sy stemme werf.

Zille is weer in die stemlokaal in waar die hoofbeampte haar glo ook daarvan beskuldig het dat sy stemme werf. “Ek het gesê dit is nie waar nie en vir haar gesê om my nie daarvan te beskuldig as sy geen bewyse in die verband het nie.”

Dit is toe dat ʼn polisiebeampte Zille uit die stemlokaal verwyder het. “Die beampte het my genader en opdrag gegee om die lokaal te verlaat nog voor ek ʼn woord kon sê. Ek het my magtiging vir hom gewys en gesê ek het die reg om daar te wees. Hy het my beveel om die lokaal te verlaat waarna hy my gegryp en uit die gebou uitmarsjeer het. Ek het vir hom gesê om my te los of ek sal hom van aanranding aankla.”

ʼn Kollega van Zille het ʼn video van die voorval gemaak waarna haar foon deur die beampte gevat is. Die twee is na die Bethelsdorp-polisiestasie waar hulle klagte van aanranding en diefstal aanhangig gemaak het. Die selfoon is aan Zille se kollega terugbesorg.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig hulle ondersoek die klag van aanranding wat Zille teen die polisiebeampte aanhangig gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hendrik ·

Ja, die tannie het seker nie op n direkte wyse stemme gewerf nie, maar wou sekerlik in die kollig beweeg en toon dat sy iemand van invloed is wat erbamlik omgee. Op so n wyse dat dit te erg kruiperig en hinderlik voorgekom het. Sekerlik gehoop dat sy tog daarmee n stemmetjie kon wen.

Baardman ·

Die reels sê duidelik dat daar geen interaksie mag wees tussen agente , kandidate selfs buite die afgebakende gebied as mense in rye staan nie.

Johanna ·

Ek dink sy mies lankal by die huus begin bly het. Daar is n tyd om te weet jy moet nou maar self GAAN..

Martie Smartie ·

Sy het gesoek daarvoor. Party-verteenwoordigers het nie die mag/ bevoegdheid om die OVK rond te order of hulle werk te probeer doen nie, selfs al is die OVK beamptes onbevoeg. Ek dink die SAPD lid het heeltemal korrek opgetree.

Elizabeth ·

Korrek? Ek is stomgeslaan. Geen SAPD lid het die reg om n lid van publiek so te ‘manhandle’ nie. Indien Zille wel oortree het moes sy ten minste met eerbied behandel word soos enige ander persoon. Sy was nie onder arres of voortvlugtig nie. Alles politiek.

AndrewL ·

Helen Zille ken die verkiesingsreëls. Hoekom het sy nie daarby gehou nie.

Daar is maniere en maniere om dinge gedoen te kry.

Waar die ANC betrokke is, moet jy baie meer versigtig wees. Sy kon anders opgetree het, maar ek is seker sy het die lawaai gemaak met ‘n politieke doel voor oë.

Elizabeth ·

Magsmisbruik deur ANC se polisie. Zille het ñ permit gehad om daar te wees. Sy ken die reëls.

Tanja ·

Iets hier maak nie sin nie. Waar ek gaan stem het was daar stalletjies met al die verskillende partye en elkeen van die partye se verteenwoordigers het jou kom groet gevra of jy ń pen het en dankie gesê dat jy kom stem het ens. ens. ens. , daar was self koffie gemaak en eetgoedjies amper soos ń kerk basaar , hoekom is hulle nie verwyder nie?

Moedeloos ·

Presies by ons stemlokaal ook. En hulle het die rye in 3 verdeel volgens alfabet. Baie vinnig gegaan al het die scannertjie nie altyd so lekker gewerk nie. Weet nie hoekom gebruik hul nog die scanner nie . Ons name was op die kieserslys en gestem sonder enige probleme.

Lizette ·

Wat verwag Zille, almal ken haar as DA, om daar stert te swaai by die kiesers, nee wat, jy bly staan op jou staanplek.

Moedeloos ·

Sy het in belang van die kiesers opgetree maak nie saak vir wie hulle stem nie want die rye het nie beweeg nie maar alhoe langer geword. Haar voorstel was slegs verdeel die kieserslys volgens alfabet, soos dit by 100de ander lokale die geval was, dan beweeg almal vinniger. Dis die kiesers wat gekla het dat hulle solank moes wag en niks word daaraan gedoen nie.

Linx ·

Dit is/was nie haar werk om kiesers gerus te stel oor Q’s wat lank was nie sy moes stem en huistoe gaan nie usher speel nie

AmY ·

Waar ek deur al die jare gaan stem het, die kandidate nie eens in my rigting gekyk nie. Ek het eers gedink hulle is ongeskik, maar besef dis dalk hoe dit moes wees. Geen klein geselsies met kiesers nie.

AW ·

My Broer was daar, Hy sê vir my dat , DIÉ Tannie Nié Wysheid gebruik het Nié.

Dat die Tannie , met Jare se Lewens ondervinding, die DOM fout gemaak het , Om toe vir n Polisieman , haar hartseer storie te begin te vertel… en nie gehoor gegee het aan herhaalde versoeke van die polisieman dat sy ASB die Lokaal moet verlaat.

My Broer sê, agv , dat die Tannie nie wou gehoorgee nie, het gebeur wat gebeur het !!

My Broer sê, as sy net Wysheid gebruik het, sou dinge soveel onderste kon gewees het.

Harley Davidson ·

Wysheid gebruik het of die knie gebuig het voor ‘n polisie man wat sy magte misbruik, ek dink nie so.

Pierre ·

Die Polisie beampte het sy plig uitgevoer as dit nou `n ander party was en niks was gedoen nie sou almal wat nou kla dat hy opgetree het, seer sekerlik gekla het die man doen nie sy werk nie besluit op een standpunt en staan daar by.
Wel gedaan aan aan die OVK in hulle optrede.

Harley Davidson ·

Hy het swak opgetree om n 70 jarige dame aan te rand en dan nog n foon te vat grens aan misdaad neigengs.

Pieter ·

As die 70 jarig haar soos ‘n kind wil gedra en daarvoor soek, moet sy nie nou tjank nie.

Chris ·

Wanneer ek na al die pro Zille reaksie kyk is dit duidelik dat mense nie vetroud is met die etiek van stemdag nie, tien uit tien vir die polisie hulle moes haar net verder weggelei het

Sandra ·

Sy is reg. Ons het in Port Elizabeth gisteraand gaan stem en ek kan jou se dit was totale chaos. Nie net was daar net een masjien wat gewerk het nie, maar die laasgenoemde masjien het bly breek. Toe ons eventueel na 2 ure se staan in die koue aandwind ingaan, toe is die mense hoog moerig omdat dit so lank vat. Toe doen hulle nou alles met die hand want die masjien het die gees gegee. Baie baie sleg georganiseer. Alhoewel Helen van beter moes weet, het die polisie sleg opgetree deur haar hardhandig te verwyder. Die ongeorganiseerdheid van die OVK weet ek nou vandag het baie mense laat omdraai oor die lang rye. So ek weet nie hoe suksesvol die verkiesing gaan wees nie.

Elmarie ·

Waar ons gestem het was paar keer later in die dag probleme en mense wou waai sonder om te stem en dit sou my geensins pla as enigiemand van watter party ookal net rondloop en sê jou stem is belangrik, hou nog bietjie uit. Hoekom party mense nou persoonlike aanvalle op Me Zille moet maak weet g’n mens nie. Die polisie was aspris hardhandig in die geval en verdien om aangekla te word.

JohanR ·

Helen jy moes GLAD nie daar gewees het nie tensy jy daar was om te stem of daar was as ‘n beampte van die polisie of die kies afdeling werkers. Ek is seker daar WAS al klaar wettige DA mense daar om ‘n ogie te hou. Wat HET jy daar gesoek? Seker nie die laaste keur dat die polisie hande op jou gaan le nie!

Cherokee ·

Julle sukkel so met keer en keur. Om Zille se dade af te keur, sal haar steeds nie keer nie.

Johan ·

Sy moet vir haar kry sy leef nou in die land wat sy help skep het veral met haar haat teenoor die vorige regering

Harley Davidson ·

Daai polisie sou nie daai nonsense in die Kraaifontein kom probeer het nie.

Baardman ·

Sy het die DA in die voet geskiet met die twak dat n stem vir kleiner partye nie tel nie. Hulle wil nie vir DA stem nou bly hulle eerder weg. Ek het dit self gehoor by mense

Hennie Biebouw ·

As Julius Malema bv langs die ry afgeloop het, bloot om kiesers aan te moedig om in die ry te bly staan, sou Helen Zille blou moord skreeu.

Jakes ·

Of Zille nou buite orde was of nie, is eintlik nie ter sprake hier nie. Die polisiebeampte het egter sy naam krater gemaak met die wyse hoe hy opgtree het. Zille was nie beskonke en het sekerlik nie ander mense se lewens in gevaar gestel nie. Die polisieman kon sekerlik meer hoflik ogetree het en haar vriendelik versoek het om uit te gaan. Ek hoop dat Opod hierdie mannetjie gaan vasvat want soos dit reeds al n gedwonge feit is, word polisieoptrede teenoor die publiek daagliks bevraagteken.

Martie Smartie ·

Janee ou tannie Zille sy wille nie aftree nie. Sy moet nou maar leer hekel of brei of iets. Sy kos die DA baie stemme, stem saam. Die SAP lid het net sy werk gedoen. Vir wat meng sy in met die OVK personeel?

Daleen ·

Sy werk was om haar uit te begelei nie hardhandig te verwyder nie. GROOT verskil.

Blikkies ·

Die Polisieman sou nie so hardhandig opgetree het as dit n leier van ‘n ander party was nie, indien hy enigsins sou optree? Dis mos nou makliker om ‘n ou vrou rond te sleep. Daar was beslis beter maniere om die situasie te hanteer. Of wat se ek Mr. “Big” Policeman…….

Johanna ·

HELEN ZILLE is besig om meer skade aan die DA te doen as wat hulle besef.. sy ken deesdae nie meer haar plek nie dit lyk eerder of sy dink sy is Hoofmeisie van daardie “Koshuis ”
Wie is nou eintlik die leier van die DA?? Dit lyk eerder of sy die show wil run. Die party behoort haar oor die kole te haal.

James ·

Helen Zille het terroriste wat landmyne en kleefmyne geplant het weggestteek vir die polisie.

James ·

Helen Zille het terroriste in haar huis in Houghton weggesteek vir die polisie. Haar vriende van destyds, die planters van landmyne, en kleefmyne. Daai tyd – terwyl sy hulle weggesteek het, was ek ‘n kind in ‘n skool, – leerlingraad – en ons GROOTSTE taak was om elke oggend die skool deur te loop en te kyk vir myne. Helen – dit waarvoor jy geveg het en terroriste verssteek het – het waar geword. Hou op kla, en eet die vrugte van jou boom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.