Zille en LP’s in sop oor stellings op sosiale media

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap (Foto: ANA)

Die voormalige DA-leier en Wes-Kaapse premier, Helen Zille, word dissiplinêr deur die party se federale dagbestuur ondersoek ná verskeie van haar onlangse twiets oor wit en swart bevoorregting.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het in antwoord op medianavrae gesê hy stem glad nie saam met Zille se stellings nie. Hy het DA-lede en DA-ondersteuners gevra om op te hou met stellings wat mense langs raslyne verdeel, en te fokus op dít wat mense byeenbring.

Dit is die soveelste keer dat Zille in omstredenheid gedompel is oor haar gedrag op sosiale media. Sy het in die verlede al daarvoor om verskoning gevra.

Twee DA-LP’s is ook in die pekel oor uitlatings op sosiale media. Dr. Michael Cardo word deur dissiplinêre optrede in die gesig gestaar oor stellings rakende ʼn depressielyer wat pas selfmoord gepleeg het en Ghaleb Cachalia is in dieselfde bootjie rakende opmerkings oor die gay omroeper Eusebius McKaiser.

Maimane het ook aangekondig dat die DA Woensdagoggend kandidate gaan stel teen die ANC se benoeming van Cyril Ramaphosa as president, Thandi Modise as speaker en Lechesa Tsenoli as adjunkspeaker.

Binne die DA word die parlementêre hoofsweep deur die partyleier aangewys en die res van die koukusposisies word verkies. Maimane het aangekondig dat hy John Steenhuisen vir nog ʼn termyn as hoofsweep aangestel het en dat die res van die posisies op 30 Mei verkies sal word.

Die DA gaan ook dadelik twee belangrike wetsontwerpe indien. Die eerste het ten doel om geheimhouding rakende die spioenasiedienste en intelligensiedienste te beperk en die tweede om werkskepping en afdanking deur veral kleinsake-ondernemings te vergemaklik.

Maimane het die DA daartoe verbind om te bly strewe na nie-rassigheid en versoening, en om nie na links of regs van daardie weg af te wyk nie. Oor toekomstige samewerking met die EFF het hy gesê dit sal, soos in die verlede, afhang van die EFF se bereidwilligheid om beleidsbesluite van die DA te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Johan ·

Soos ek verstaan het Zille dit gestel dat daar in die verlede wit bevoorregting was maar dat sommige elite mense in die Regering huidiglik bevoorreg word. Veral dié wat korrup is. Sy het dit ook glo genoem dat die Blankes as groep telkens in ‘n swak lig gestel word. Ek kan nie juis fout met hierdie stellings fout vind nie.

JWC ·

Siestog Miamane, hou op met jou politieke diaree – bewys Zille verkeerd!!

James ·

So die DA dink daaraan om saam EFF te werk, ek vir julle gestem DA en nie gestem vir DA-EFF nie!!

Lerato ·

James
Met die samewerking van die DA en EFF, kon korrupsie in Pretoria. Johannesburg en PE vasgevat word en is miljoene rande se korrupsie blootgelê.
Sou die VF+ genoeg setels gehad het, sou die DA met hulle ook saam gewerk het.

Netso ·

Alle Politici moet verbied word om enigsins te Tweet, Facebook, Whattsup, My Space ens. Dan sal daar baie minder moeilikheid

Pieter du plessis ·

Dit is die volle waarheid en media is aandadig oor hulle weiering om net die waarheid soos dit is weer te gee

Piet ·

Vir die soveelste keer word bewys dat die waarheid moeilik gesluk word. Me Zille moet haar nie laat intimideer nie.

Kerneels ·

Nou wat is Maimane se probleem. Hy praat dat van witbevoorregting. En wat kan hulle nou eintlik aan Helen doen. Sy het klaar geen posisie in die party nie. Al wat hulle nou nog kan doen is haar lidmaatskap wegvat. Sy is net ‘n gewone lid van publiek

Lerato ·

Zille laat my dink aan ‘n piromaan. ‘n Ou wat sy eie goed aan die brand steek vir die genot.

Hoeveel skade wil sy nog aan die DA aanrig?

Vraagteken ·

Ek stem saam met jou Letato, hierdie politici moet partykeer net stillbly.

Afrikaan ·

Helen sal in ‘n duisend jaar nie dieselfde skade kan aanrig as wat Maimane in sy kort tyd as leier gedoen het nie. Die ironie is dat sy (Helen) Maimane in dié posisie ingebring het en dis die dank wat sy daarvoor kry.

Barry ·

Sy kan nie skade aan die DA aanrig
Hulle rig hulle eie skade aan
Sy praat net die waarheid
Barry
Thailand

Go Helen ·

Meer skade as wat MMUSI aangerig het kan niemand aanrig nie, selfs nie eers HELEN nie .. sy het gelukkig nou agtergekom wat aangaan. Kyk maar self hoe sleg het die DA gedoen die keer .. en dit is net MMUSI se skuld, nie Helen s’n nie.

Cherokee ·

So, met ander woorde, ‘regstellende aksie’ is nie ras-verdeling nie.

Dries du Toit ·

Presies Cherokee. So is daar nog bittee baie ras verdeling voorbeelde wat ondersteun word deur die DA. Zille is nou n uitgediende DA lid. Sy het in elk geval nog altyd teen die prikkels geskop vir politieke gewin. Sy het ook omverskoning gevra vir die waarheid uut haar eie mond. Dit ook vir eie gewin

Jurie ·

Indien die DA voortgaan op hierdie ontkennende pad gaan hulle hulself nog verder vervreem van veral hul wit ondersteuners.Kan hulle dit bekostig gegewe wat in die verkiesing gebeur het ?!!

Andreas ·

Veral kom mens onder die indruk daarvan as mens Dr Pieter Mulder se artikel vandag hier op die platform lees. En nou dié ook.

Johan ·

Die wittes wat dom genoeg is om DA te stem bly glo die party “veg vir hulle..” Maar die DA doen nie. Hulle is net so pateties as die anc/eff.

Pietman ·

So musi mag praat van wit bevoorregting want dit bring rasse versoening maar as Zille swart bevoorregting noem saai dit verdeeldheid?

Ben ·

Zille is nou los v Premiers pos en kan haar siening meer vrylik gee, die politieke korrektheid is nou klaar! Soos ek haar verstaan gaan dit om gelykberegtiging ongeag v ras, ou PFP siening, wat mens moeilik v kan verskil. Ek dink dis juis een vd belangrikste redes vd FF+ se sukses, hul verwerping v BEE en regstellende aksie in die onlangse verkiesing, om dus mense op meriete te beoordeel

Ellisras ·

Dalk kom ek van ‘n ander planeet af maar ek het haar stelling ‘n paar keer gelees, ek stem met dit saam. Ek kan nie sien wat die probleem is nie. Dit is nie ‘n lang berig wat jy skryf nie, jy het net ‘n paar woorde. ‘n goeie begryper het ‘n halwe woord nodig. Ons het te veel swak (dom) begryper.

fred ·

die DA is voorstander van BEE…waar punte word toegeken volgens ras en geslag…die swarte vrou kry meer punte dan n blanke man….dit is die grootste vorm van rassisme…en iedereen vind dit nou normaal……as apartheid verkeerd was is BEE nou ook verkeerd

Lerato ·

Fred
Onthou daar was ‘n tyd toe swartes as gevolg van werkreservering geen ambagde mag beoefen het nie. So is geen swart vrou toegelaat om as kassiere by kettingwinkels te werk nie.
Swart mans sowel as kleurlinge mog nie spoorweg vragmotors bestuur.
Dis maar onlangs dat swartes toelaat is om treindrywer te word.

kolla ·

BEE sou nie nodig gewees het as die Apartheidsregering nie ‘n beleid van ekonomiese uitsluiting gevolg het nie. Ongelukkig proe ons nou die wrange vrugte van ons voorgangers se obsessie om ander rasse uit te sluit van ekonomiese vooruitgang. ‘n Posisie wat reggestel moet word.

Boerboel ·

Moesie hou nie daarvan as Hellen die waarheid praat nie. Hy is jaloers. Hy is n’ niks werd leier.

Gert van Wierdapark ·

Go Helen Go! Die Plundering wat in SA gebeur is grootliks te danke aan die kaders en korruptes wat n vastrapplek in die geld laai gekry het. Wanneer dit benadruk word, wil die politieke korrekte en ander hulself bevuil! Siestog!

Sobymykoolkop ·

En so val die skille van nog ń liberaal se oë af.

Nico ·

Maimane nou is ek doodseker ek het reg gestem toe ek teen DA gestem het. Dit is juis uitsprake teen oa Zille wat jou baie stemne gekos het en nog steeds luister jy nie. Onthou die munisipale verkiesings lê om die draai en ek het klaar besluit julle kry my stem ook nie daar nie.

Sobymykoolkop ·

En die skille val van nog ń liberaal se oë af. Lerato jy sit die pot heeltemal mis oor swart treindrywers hulle kon al van ongeveer 1987 af treindrywers word mits hulle die nodige kwalifikasies gehad het. Ek weet, ek werk daar

Adam ·

Zille gaan Maimane ‘n paar groot kopsere gee en hoe gouer hoe beter. Maimane is ‘n patetiese leier en soos ek maande gelede al genoem het is, hy die DA se Kortbroek van Schalkwyk. Ek sien Ben verwys na die ou PFP beleid. Dit lyk my Zille is besig om weer die pad te vind. Selfs Dr Groenewald het onlangs verwys na die voordele van ‘n federale staat. Net jammer Afrikaners se ogies gaan altyd 40 jaar te laat oop.

humor ·

Maar Helen skat, jy kan mos n baie rustiger lewe geniet. Skaaf net nog so bietjie aan jouself en sluit aan by die VF +

Andreas ·

Ek sit aan presies dieselfde en dink. Sy kan mos haar lidmaatskap (en dalk sekere ander voordele) opsê, dan kan sy doen wat sy wil. Sy kan twiet dat die biesies bewe en bydrae maak dat die VF+ vinniger groei.

danie ·

Helen jy praat die waarheid. Die Bybel het haatspraak geword. mense ons woon in di laaste dae. SA en di wereld raak al hoe meer donker

Dries du Toit ·

Humor dit was nou baie humoristies. Zille het so met die jare meer en meer agtergekom dat sy veg die waarheid deur polities korrek te wees. Daar is net mooi niks maar niks fout met wat sy daar gese het nie. Want dit is die waarheid en kan regoor die wereld nie gerepudeer word nie

Niel de Villiers ·

Ek is geneig om saam te stem, baie van ons dink dit maar Zille se dit. Amen

Magda ·

Miskien is dit tyd dat Zille uit of aftree – Dit lyk of sy alles moontlik doen om die DA in n slegte lig te bring – Raak van haar ontslae DA. Dink julle is beter af sonder haar.

Oljetter ·

Die DA leierskap het duidelik niks geleer uit die pasafgelope verkiesing nie. As daar nie gestaak word met kleinpolitiekery en beuselagtige binnegevegte nie sal die DA aanhou stemme afstaan aan ander onbenullige partytjies. Zille het bloot geskryf wat meeste van ons dink. Die groei in die DA was nie aan Musi te danke nie.

alwyn burger ·

“Hy wat die waarheid praat moet met sy een voet in die stiebeuel staan”( gesegde). HZ word aangeval oor haar “twiets”. Dit is politici se werk om hul menings te gee. Die probleem wat swart gevoeligheid met haar het is dat haar menings wel deurdag is. Met haar vorige opmerking oor kolonialisme kon Maimane staatsmanskap aan die dag gelê het….hy het nie. Dit het die DA ñ paar duisend stemme gekos. Sy hantering van HZ se onlangse opmerking gaan die DA weer ñ paar duisend stemme kos!!

Hentie Smit ·

Zille sal agterkom dat jy in SA nie objektief mag wees nie. Alles wat reg is swart en alles wat verkeerd is, is wit. Die ironie van dit is dat sy al die jare vir hierdie gemors baklei het waarmee ons vandag sit.

Judge Dredd ·

So lede moet ophou stellings maak wat mense volgens ras verdeel – so wat doen Musi met sy onbewyse beskuldigings van wit bevoordeling en rassisme?

Andreas ·

Judge, ek het eintlik ‘n paar vrae vir hom oor wat hy met die verkiesings veldtog vir almal loop vertel het, dit is bekend met wie hy getroud is, sê hy. Ek sal ook graag by hom wil hoor waarom hy haar bysleep, om watter punt te maak?

Party Girl ·

Zille gooi jou gille en laat jou stem gehoor word. Die waarheid is maar vir sommiges net te in your face.

Attie. ·

Die Foto van Heleentjie is geneem toe sy nog jonk was. Sy lyk nou anders. Eers was sy in haar jeug ‘n Anti-Apartheidsaktivis. ‘n Klient van die Veiligheidspolisie. Toe styg sy uit en word leier van die DA. Pasop Dr Pieter, volgende stap is sy neem jou pos as leier van die VF+ en daarna neem sy ou CR se joppie by hom af.

barend v d westhuizen ·

toe zille aan bestuur was was goed gedoen waar die da in beheer was maar vandat miamone oor geneem het diens lewering ook geval en alles het verswak en hy is net bek en niks anders nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.