Zille en Maimane spreek media saam toe

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA. Foto: DA/Flickr.com

Helen Zille, voormalige DA-leier en Wes-Kaapse premier, en Mmusi Maimane, leier van die DA, sal vandag ʼn gesamentlike mediakonferensie hou ná gisteraand se vergadering van die DA se federale raad.

Die mediakonferensie sal om 10:30 in Rosebank in Johannesburg gehou word.

Dit kom nadat Zille verlede week amptelik van alle partyverwante aktiwiteite geskors is hangende die dissiplinêre proses teen haar. Die dissiplinêre stappe hou verband met vroeëre twiets deur Zille waarin sy aspekte van kolonialisme verdedig het.

Glynnis Breytenbach, hoof van die party se federale regskommissie, het gesê alle partye sal teen Dinsdag vertroulikheidsooreenkomste onderteken “om die integriteit van die verhoor te beskerm”. Daarna moet alle dokumente wat met die dissiplinêre verhoor verband hou teen 23 Junie by die kommissie ingedien wees.

ʼn Voorverhoor sal op 30 Junie gehou word om te bevestig dat almal betrokke gereed is vir die verhoor om te begin, asook om voorlopige aspekte te bespreek, het Breytenbach gesê. Daarna sal die verhoor begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Asjas ·

En hy wat wit mense met klippe wil dood gooi? Wanneer begin daardie verhoor??
Snaaks hoe sekere mense se Tweets heeltemal uit verband geruk word terwyl ander sin ‘n misverstand was … afhangende van jou velkleur.

john samuel ·

Vra dit Asjas… Deur Maimane se media stelling van “blankes met klippe (dood?) gooi” kan mens die afleiding maak dat hy blankes veroordeel, en dat Me. Zille slegs vervolg word omdat A. Maimane nie van blankes hou nie, en B. Me. Zille blank is.
#GEENmeerDASteun.

Hendrik ·

Is hier die mediakonferensie belangrik vir ons? DIe ANC en die DA baklei maar lekker in die binnekringe.

Scalla ·

Hoekom nou ewe skielik n gesamentlike konferensie hou, die skade is reeds aangerig, jammer maar my stem sal hul nie kry.

Mielie ·

Die DA weet HZ bring baie donasies in en daarsonder kan die DA nie klaarkom nie. Nes ANC en die res het hulle dubble standaarde. Al wat goed en welkom is van blankes is hulle geld, vra maar vir die SPUR. Daar kla nou iemand van die DA in Soweto oor n blanke wat in n swart area werk. Niks gebeur met hom nie. Nie boe of ba nie. MM is soos n slang in die gras. Ek sal nooit die DA vertrou nie. Wanneer HZ weg is sal die DA sy gt sien.

al ·

Ja daardie DA se uitlating is onaanvaarbaar. Ons wag vir tugstappe teen hom.
Bakleiery oor poste moet nie die DA so laag laat daal soos met die geval van die ANC nie.

007 ·

Kolonialisme was beslis beter as die gemors en korrupsie wat nou in die land aangaan.

m ·

Die DA verloor baie stemme so hou so aan julle maak seker dat die ANC gaan wen in 2019 want min wittes gaan vir die DA stem…….. Kry julle huis in orde seuns en dogters….

Hendrik ·

m. dit lyk nie of die pennie al by jou geval het nie. Die verkiesing is in 2019 en wat nou belangrik is dat daar gewerk word teen staatsverval (verbrokkeling soos voorspel word deur die Rasse Instituut-Frans Cronje). Daarna word ‘n “Asian Tiger” tipe regering soos in Ruwanda voorspel waar burgerregte nie baie gaan saak maak nie. Baie belangrik dat daar aan Plan B (soos voorgestel word deur die Solodariteits Beweging) gewerk moet word waar ‘n parallel staat geskep word. Anders gaan ons onder saam die skip..

humor ·

Baklei en veg julle maar julle gevegde ons stel nie in julle en julle party belang nie. Dit laat my aan my beeskraal dink waar miskruiers oor n bol baklei.

Leendert ·

Ja, en die dag as die DA met ander partye die LAND met koalisies regeer, dan is ‘n bewys van hoe onstabiel en ‘n tuimeltreinrit dit sal wees, as die EFF, met hul grille en giere, soos nou met die aandrang dat Zille moet bedank, anders onttrek hulle uit daardie stadsrade, deel van daardie koalisie moet wees. Woes en onstuimige waters wag dan éérs op ons.

Hendrik ·

Nee Leendert die kommetators reken dat die koalisies is ‘n goeie teken dat die demokrasie werk. Die demokrasie is jonk en daarom is daar hierdie rondvallery .. volgens die kenners.

Leendert ·

Hendrik, en dan moet mens nie die ANC vergeet, wat nie hul pak soos ‘n man kan vat nie, en probeer om daardie stadsrade wat hulle verloor het onregeerbaar te maak.

Magda ·

Daar is al hoeveel artikels gepubliseer oor Swart mense wat Wit mense wil dood maak en ook Rassistiese aanmerkings maak – maar jy lees dit net die 1 keer en daarna NOOIT weer iets nie – Helen Zille ek hoop dat die “verhoor” van jou regverdig sal wees – maar ons almal weet dit sal nie die geval wees nie – Stig jou eie Party – nog altyd DA gestem maar is nie meer so seker nou nie. Sterkte

Hendrik ·

Ja nee die ANC het al verdeel na ANC, COPE en EFF. Dan sal die DA miskien verdeel na die DA en DP? Jong die demokrasie werk!

Dries ·

Mag, posisie en geld is waaroor alles gaan, hoeveel jong Suid Aftikaners ( ongeag kleur)het nie destyds op die land se grense gesterf terwille van politiek nie.

Rynhardt ·

Dit is so pragtig dat Zille (die meesteres) en Maimane (student) saam die media gaan toespreek.Propaganda op sy beste! Hulle sal se:”Alles is nog reg in DA, vertrou ons julle!”

al ·

Helen Zille se grootste enkele waarde is om premier vd Wes-Kaap te bly. DA aktiwiteite is nie so belangrik nie.
Ons het haar broodnodig as premier.

Leendert ·

Ek het sopas na die nuus en hul toesprake geluister. Niks het verander nie, net daar sal nie ‘n verdere proses wees nie. Wat natuurlik so is, is dat Maimane tree nou sterker as leier na vore, hy is die toekoms van die DA. En natuurlik kleinANC of dan miniANC se beleid is mos nie hier ter sprake nie, dus gaan die diskriminasie teen wit mense voort. Dit is vir die wit mense om te besluit of hulle met daardie beleid wat hulle uit die ekonomie weer, of dit vir hulle moeilik maak om in te deel, wil ondersteun.

fritz breitenbach ·

Die DA kan vergeet om in 2019 die verkiesing te wen dit net omdat Zille die waarheid getwiet het

gerda ·

Neewat hou verby – wil niks met DA te doen he nie – hand op die blaas mt die ANC.

Wouter Hayward ·

En een van die dae vra ons:”Wie was die DA nou weer?”

Eugene ·

DIe DA steun ook rassistiese BEE en regstellende aksie wetgewing. Hulle maak staat op die witman se ondersteuning maar terselfdertyd word die witman gestraf. Belaglik. Nee dankie, hou verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.