Zille: Harvard is Lindiwe se “plan B”

Lindiwe Mazibuko

Lindiwe Mazibuko

Helen Zille, leier van die DA, sê Lindiwe Mazibuko, voormalige parlementêre leier van die party, se “plan B” was om by Harvard te gaan studeer.

Zille het in ‘n onderhoud met Beeld gesê dat daar ‘n sterk moontlikheid was dat Mazibuko nie as die DA se koukus-leier herverkies sou word nie. “Sy sou die verkiesing verloor het…Sy het dit geweet en baie ander het dit ook geweet. Ek is seker dit [Harvard] was haar plan B,” het Zille aan die Afrikaanse dagblad gesê.

Mazibuko het Saterdag aangekondig dat sy uit die DA bedank het om openbare bestuur aan die Harvard-universiteit in die VSA te gaan studeer.

Zille sê sy het vir Mazibuko verlede jaar die posisie van Gautengse premierskandidaat aangebied maar dat Mazibuko dit van die hand gewys het. Mmusi Maimane is as premierskandidaat aangestel. Maizbuko wou nie kommentaar aan Beeld lewer nie.

Zille het intussen Woensdagoggend aan SAfm gesê dat sy besluit het om as premier van die Wes-Kaap aan te bly in plaas daarvan om parlement toe te gaan. “Ons het besluit ek moet die werk wat ek doen as premier voltooi.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.