Zille: ‘Iemand wil spoordiens vernietig’

Brandbestryders kon Vrydag nie veel doen om die skade aan ’n treinwa op die Kaapse stasie te beperk nie. Foto: ANA

Die Wes-Kaapse premier sê sy glo iemand is daarop uit om die ruggraat van die Kaap se openbarevervoerstelsel te vernietig, die vraag is net wie en waarom.

“Ons sal binnekort minder as 40 treine in Kaapstad hê. Ons kort 88 treine om die basiese stelsel te bedryf,” het Helen Zille getwiet na aanleiding van die jongste drie gevalle van brandstigting toe drie Metrorail-waens op drie verskillende stasies in die Wes-Kaap in die slag gebly het.

Zino Mihi, Metrorail-woordvoerder, het Vrydag gesê die voorvalle het op die Kaapse, Paarlse en Firgrove-stasie plaasgevind, maar dat die oorsaak van die brande onbekend is omdat dit nog ondersoek moet word. Dit het intussen aan die lig gekom dat die Paarlse brand glo veroorsaak is deur ʼn skietery op die trein waarin een mens doodgeskiet is.

Intussen het Richard Walker, nog ʼn Metrorail-woordvoerder, aan EWN gesê die ondersoeke na treinbrande, wat die stelsel lamlê, moet opgeskerp word om agter die kap van die byl te kom.

Hy het bevestig Metrorail is die afgelope twee maande 47 treinwaens in die Wes-Kaap kwyt.

Die dagblad Cape Argus het einde Julie berig Metrorail se daaglikse pendelaars in die Wes-Kaap het in die voorafgaande 18 maande van 630 000 tot 500 000 afgeneem weens brandstigting op treine en die hoë misdaadvlakke.

Die dagblad het berig die saboteurs – wat ook as “terroriste” beskryf word – doen hulle voor as pendelaars voor hulle ʼn treinwa aan die brand steek terwyl dit ʼn stasie binnekom – en maak hulle dan uit die voete.

Brandskade aan ʼn treinwa wissel van R1,5 miljoen tot R6 miljoen, het Riana Scott, Metrorail-woordvoerder, aan die Argus gesê, en bygevoeg: “Daar was vyf jaar gelede geen sprake van die neiging om treine aan die brand te steek nie.”

Brett Herron, Kaapse burgemeesterskomiteelid vir vervoer, vermoed ook die brandstigting word deeglik beplan. “Dit lyk asof ʼn goed georganiseerde en duistere mag daarop uit is om ons brose maar lewensbelangrike treindiens te vernietig,” het hy Vrydagmiddag gesê.

“Ek is uiters bekommerd oor [die jongste drie voorvalle], want ons stedelike spoorstelsel word reeds bedryf teen ʼn fraksie van die kapasiteit wat nodig is om in pendelaars se behoeftes te voorsien,” het Herron gesê. “In die afgelope drie jaar het ons meer as 140 treinwaens verloor.”

Hy het ʼn beroep op die polisiediens gedoen om die jongste brandstigting dringend te ondersoek. “Dis die kwesbaarste inwoners wat die meeste onder die verswakkende diens ly. Dit het ʼn reuse-uitwerking op ons plaaslike ekonomie en benadeel ook ander Kapenaars.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jannie ·

Soek maar by die taxi-bedryf…….hulle haat kompetisie!!!

Dirk ·

Dis bja maklik die ANC met behulp van die taxi bedryf na aanloop van volgende jaar se verkiesing maak dit sin cut off your nose to spite your face tipe van taktiek.

Hansie Slim ·

Ja, 007, stem volkome saam. Dit is nie “rocket science” om dit uit te werk nie.
Die terroriste word uit die “duistere magte” goed betaal…duister… duister!!!

Jaco ·

Dit twee eenvoudige moontlikhede: nommer 1 is hoe minder publieke vervoer daar is hoe meer geld vir die taxis. Brand treine en busse en meer werk vir taxis. 2 de een is laat die kaap meer strikes hou en als brand dan maak dit die regerenende party swak lyk en ons verloor stemme want almal vote dan vir die party met valse beloftes en aksie.

Henry ·

Vergeet maar daarvan om die polisie se hulp in te roep.
Enigste en maklikste uitweg is om professionele dienste binne die private veiligheidsbedryf in te span, wat waarskynlik heel gou met die antwoorde en bewyse voerendag sal kom.
Waarom het/sou die Wes Kaapse owerhede nie van meetaf hierdie weg wil volg nie?

AW ·

“Crime Intelligence, the engine room for the fight against crime, is broken.
Over the past years the agency has been harnessed to serve political agendas, and its real mandate – to fight organised crime – has become a secondaryconcern.”

(HEIST! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess: Page 210: 2018)

“There are Three elements to Ministry of Crime.
The first is Political interest protected through the abuse og the criminal justice system.
The second is the protection afforded to these individuals by those at the police and the Hawks.
The third element is the transactional relationship between the police, particularly in Crime Intelligence, and the organised criminals through the information system.
Many of the experts I have spoke to have shared their insights and reflections on the nexus between these three worlds and the patterns that repeat themselves as politics, policing and organised crime collide.”

(MINISTRY OF CRIME – An Underworld Explored – Mandy Wiener – Page 443: 2018)

Lynette ·

Ja 007, dis presies soos jy se. Hulle weet die DA is sterk in die Weskaap en wil daar inkom. Dus maak hulle die lewe moeilik vir die gewone mense en hoop om so die stemme te werf. As die gewone werker dus so onnosel is om vir ANC te stem, en nie besef dis hul taktiek nie, verdien hulle die slegte tye wat op hul wag!!!!

Mossie ·

Ek weet darem nie…wie kan daarby baatvind om die treintrokke te brand… Daar is n Chinese maatskappy wat hul fabriek opgerig het tussen Nigel en Springs. In daardie fabriek word treine en treintrokke gebou wat aan SA verskaf word, die fabriek bestaan al drie jaar…dus wie kan baatvind daarby?
Waarom nie die tender vir die bou van treine vir n SA maatskappy toeken nie, dit sal werkloosheid verlig en die ekonomie verbeter.
Volgens gerugte wat die rondte doen, is daar slegs n minimum SA werkers werksaam in die fabriek en die res van die poste gevul met Chinese…

Adam ·

Mossie, ongelukkig is die grootste deel van SA se arbeidsmag nie eens in staat om lugkastele te bou nie.

Peppie ·

Maar, moet ek dit uit gil en in hoofletters spel, waar is die kundigheid in die Kaap om die misdaad vas te vat? Ons het moderne tegnologie, CCTV, sateliete en jy noem dit, ‘drones’ wat kan waak, ons verstaan dit kos geld, maar daar sal eerder op jou selfoon en jou rekenaar op jou spioneer word as om daardie probleem op te los.

Kom Zille, beduie waar is jul tegnologie. Miskien moet julle meganiseer, die moderne tegnologie inspan en robotte kry om die joppie te doen.

As mens nou hier probleem vir Amerika of die Weste gee, lag hulle hul ‘n papie.

Waarheid ·

Die speurdiens en polisie dalk ook deel van die sindikaat en daarom word niemand gevang nie.

Hu ·

Die probleem is 100% Metrofail se skuld hulle het die polisie, sekuriteit en die wat kaartjies check weg gevat niks word gediens nie so treine staan lank tussen stasies so dit is waar die krimenele opklim en net doen wat hulle wil

Gert ·

Tring tring, tring tring …… Jan van Riebeeck, waar is jy? Kom help!

Gert ·

Skuus, maar ek is nou werklik gatvol vir die onkundigheid in die land, en ons is nie eens 300 jaar terug in die geskiedenis nie!

Jerry ·

Bendelede doen die vuilwerk, maar kyk ons na motiewe dan moet PRASA self ook ondersoek word. Dit is net te ooglopend dat dit die ANC of taxi industrie behoort te wees!

Koos de Meyer. ·

Welkom in die land van brandstigting en anargie. Ons nuwe Suid-Afrika. En wie moet ons bedank. Ons lands verraaiers.

Jerry ·

Ek stem saam Koos de Meyer, mense wat onversoenend optree is die oorsaak, regte landsverraaiers!

Willem ·

Jerry, ek kan al die skakels op die internet vir jou plaas, ek kan met ‘n byl in ‘n boomstomp kap, en daar sal nie eens ‘n stukkie van die bas af spat nie.

Willem ·

Cyril, kom gee asseblief weer vir Jerry perspektief dat jy nie die waarheid by die VN vertel het nie en dan vra jy vir hom om versoenend met jou op te tree.

What a joke! ·

Baie maklik…1+1=2
Brand treine af dan moet pendelaars wat gebruik om by die werk te kom???
Kom ek help jul nog n bietjie verder…Die lot is soos n mafia en hul bestuur asof die paaie aan hulle behoort geen wonder al die noodlottige ongelukke nie…Nou van wie kan ek nou eintlik praat?
Dit is hulle en net hulle wat verantwoordelik is vir die anargie…

Wilma ·

Kry vir Mike Bolhuis om ondersoek te kom doen en sie daar Voila. Skuldiges en die wie da agter dit sal vinnig vasgetrek word. Nasionale Regering stel seker nie belang om skuldiges vas te trek ni

Chris ·

10 uit 10 vir jou. Een van die dae is sy reeks op die TV te sien. Ek mis dit vir geen geld in die wêreld nie, hy kan maar.

Willem ·

Nie lank nie, raak Jerry weer selfversekerd, tel spoed op, dan skryf hy nie weer net twee of drie sinne nie, maar ‘n hele bladvol.

M ·

Ek weet nie hoekom Helen so ontsteld is nie. Sy’t vroeër jare dan juis van die bomplanters en brandstigters gehuisves en weggesteek.

Penellope Jones ·

Definitief.
En die regering is nie baie bekommerd nie – hoekom sal hulle wees, dis mos die Wes-Kaap.

jaco ·

Helen zille is laaste om te kla: Sy kan deur albei haar oupas op duitse burgerskap aanspraak maak. So as dit nou baie sleg gaan met wit mense in SA, kan sy net vining verdwyn duitsland toe. Ek en tussen 3 e3n 4 miljoen ander wit mense het nie daardie voorreg nie.
mense met sulke lekker “agterdeure” moet hulle monde hou.

Danie ·

Ek sê weer ondersoek die Taxi bedryf hulle kry meer kliente as die treine nie die diens kan lewer. Die taxi bedryf moet heeltemal uitgefaseer word. Kyk maar na die ongelukke op ons paaie waar taxis betrokke is.

christa ·

hoef nie te wonder wie die skuldiges is nie. Het dit in die ou regering gebeur?

Stuiwer ·

Hoe lank gaan dit al so en wat word gedoen om die treine te beveilig?

Nettie ·

IEMAND??? ÍÉMAND???????

Kom ons noem sommer daai “iemand” wat die spoordienste in Kaapstad/die Wes-Kaap wil vernietig, op die naam: die ANC-ondersteunende taxi-eienaars.

waarheid ·

Ai kom die arme vrou dit NOU EERS agter?
Waarmee was sy besig toe die treine al ‘n jaar of twee terug begin brand het?
Ons is al so gewoond daaraan – dis soos kabeldiefstal. NOU kom sy sy iemand wil dit vernietig.
Ek kan net my kop skud – dis dieselfde asatoe die water opgeraak het. Eers toe daar nog net ‘n paar druppels oor was – was daar agterkom ons sit met ‘n groot watertekort in die Kaap. Ons sit alreeds met ‘n groot treintekort in die Kaap. Waarom NOU eers wakkerskrik wanneer dit weereens te laat is wonder ek.
Is daar dan gaan insig en vooruitbeplanning nie – Die lot moet by nou al mos weet daar is ‘n probleem – Kry experts BUITE die polisie om die saak te ondersoek – dis duidelik die polisie is nie opgewasse nioe – hoe lank nog voordat julle dit gaan agterkom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.