Zille kap terug oor ‘skorsing’

Helen Zille

Helen Zille, voormalige leier van die DA en Wes-Kaapse premier, het Saterdag gesê die DA se federale uitvoerende komitee se besluit om haar te skors, strook nie met die party se eie federale grondwet nie.

Die DA het egter vinnig hierop gereageer deur nog ʼn verklaring uit te reik om die saak te verduidelik.

Dit volg nadat Mmusi Maimane, leier van die DA, vroeër Saterdag gesê het Zille is van alle DA-aktiwiteite geskors hangende die uitslag van ʼn dissiplinêre proses teen haar. Hy het gesê dit het vir hom duidelik geword dat hy en Zille se houdings oor wat die DA in 2019 moet bereik “grondliggend van mekaar verskil”. Volgens Maimane ondermyn Zille se kommentaar en openbare uitsprake oor kolonialisme die DA se versoeningsprojek en het haar optrede die DA se beeld skade berokken.

Zille het in ʼn verklaring wat sy op haar Twitter-profiel geplaas het, gesê die DA-grondwet vereis dat sy tyd gegee word om vertoë oor die kwessie te lewer. Sy het ook gesê daar is teenstrydighede in die brief wat deur James Selfe, die voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, aan haar gestuur is en die verklaring wat deur Maimane gemaak is.

In die brief het Selfe haar tot 6 Junie gegee om redes te verskaf hoekom sy nié geskors moet word hangende die uitslag van haar dissiplinêre verhoor nie. Maimane het egter in sy verklaring dit duidelik gestel dat haar skorsing reeds van krag is.

Die DA se leierskap het Zille daarvan beskuldig dat sy die party se grondwet oortree het toe sy vroeër vanjaar in ʼn reeks twiets bevraagteken het of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Nadat Maimane ʼn klag teen Zille by die party ingedien het, het die party besluit dat sy dissiplinêr verhoor sal word.

Zille het Saterdag in haar verklaring gesê Maimane se bewering dat sy geweier het om vir haar optrede om verskoning te vra, is ook nie waar nie. “Ek het in die openbaar om verskoning gevra. Wat ek wel geweier het om te doen, is om skuld te erken op ʼn aanklag van wangedrag wat ek nooit gepleeg het nie,” het sy gesê.

“Ek is natuurlik bereid om ʼn volle dissiplinêre verhoor te ondergaan. Ek kan nie aanvaar dat die DA die reg het om my skuldig te bevind en my te straf nog voordat die verhoor plaasgevind het nie. Ek sal nie geboelie word om te bedank of myself te inkrimineer nie.”

Die DA het in ʼn opvolgverklaring gesê hy neem kennis daarvan dat die federale uitvoerende komitee vir Zille kennis gegee het “van sy voorneme om haar tydelik van party-aktiwiteite te skors” hangende die uitslag van die dissiplinêre proses wat teen haar aan die gang is.

“Ons het Helen Zille die geleentheid gegee om aan ons redes te verskaf hoekom sy nie geskors moet word nie. Die kennisgewing oor haar voorgenome skorsing is reeds aan haar gestuur en vereis dat sy haar vertoë binne 72 uur moet maak. Die finale besluit van die federale uitvoerende komitee sal geneem word sodra [Zille] haar redes verskaf het en dit oorweeg is,” het die verklaring gelui.

Lees alle vorige berigte oor Helen Zille op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

129 Kommentare

GR ·

Ja ook maar net nog party wat swig voor anc se geskree,het meer van Maimane verwag maar helaas…..net nog ‘n bang party leier

Leendert ·

Skuus ek druk hier voor in. Ek sien nou in die Sunday Times, Maimane het gister aangejaag in sy gretigheid om van Zille ontslae te raak. Die DA probeer nou sy verklaring afwater en nou sit Maimane met eier op sy gesig.

niccy ·

Tata DA! Julle is nou amper net soos die ANC. Hallo VF+. Het slegs vir DA gestem omrede die ander party so klein is maar stem in beginsel saam met VF+. Sal alle blankes beinvloed om in die toekems VF+ te stem. Pasop hier kom nog ‘n Nr.1.
Helen ons het nog steeds baie respek vir jou.

Cherokee ·

re:
stem in beginsel saam met die VF+
maar
stem DA
**
Ek sou dit nooit erken het nie, niccy. Het te veel selfrespek.

gogo ·

Niccy stem volkome saam jou ons staan saam om spur te boikot wat keer ons om DA te boikot dit sal hulle n goeie gatslag gee ek gee Zille my volle ondersteuning. Wat dink DA is ook nou onaantasbaar

Kaspaas ·

Niccy die enigste verskil tussen die DA en die ANC is die spelling en dit is so vir jare al. Verbasend om te sien mense glo die DA is n n uitweg.

Jakobus ·

Kaspaas, wat vir my interessant is, is dat hordes wit mense nog kan dink die DA dra hul belange op die hart. Hulle het dieselfde beleid as die ANC, diskrimineer teen wit mense betreffende hul taal, BEE, regstelaksie, RET, jy noem dit, so hulle stem vir ‘n party wat nie HUL belange op die hart dra nie, maar vir ‘n party wat iemand anders se belange op die hart dra. Dan vra ek, hoe verloën ‘n mens jouself, hoe regverdig jy dit, en wat is daardie persoon se morele waardes?

Jakobus ·

Kaspaas, wat ek kan byvoeg, die dag as Solidariteit en Afriforum regsaksies teen die DA sou neem die dag as hulle die regerende party geraak het, omdat hulle die wit mense, die minderhede, en die Afrikaanssprekendes hulle van hul grondwetlike regte ontneem en teen hulle diskrimineer, soos tans met die ANC, hoe stem jy vir so ‘n party, maar dan veg Solidariteit en Afriforum vir jou in ‘n regsaksie, TEEN daardie party waarvoor jy gestem het?

Justice ·

Robert jy het voorwaar die woorde uit my mond gehaal – stem heelhartig saam.

Cherokee ·

SHB en Elbie Viljoen, om te erken dat jy jou eie nasie verloën en dit te doen asof dit niks ernstig is nie, is nie verstaanbaar nie. En julle erken dit sonder skroom. Klink selfs soort van trots.

Goeie oefening ·

Sy het seker ‘n mooi sixpack en stywe arm spiere ens gekry. Aangesien dans glo baie goeie oefening is. Ook dis beter as om ‘n oeen fiets te trap, want jy kan rond beweeg en hoef nie in dieselfde muur vas te kyk nie. Dit hou ook glo jou geheue skerp aangesien as jy vergeet om jou voet neer te sit, jy seer gaan val, moontlik op iemand anders.

Eish ·

Ek vra om verskoning by voorbaat dat ek tante Zille se weergawe sonder enige bewyse as die meer korrekte aanvaar bo die van die pastoor.

Arie ·

Ongelukkig is jou vel kleur te lig hulle sal enige strooi halmpie gryp om jou uit te werk. Vryheid van spraak geld net vir hulle

al ·

Zille jy het nie fouteer met jou twiets nie. Jy het wel gefouteer met jou tweets omdat ons in ñ verdraaing van die ANC se verdraaide samelewing leef.
Daardeur het jy reg in die ANC se hande gespeel. Jy moes van beter geweet het al sê ons eie swartmense apartheid was beter as nou. Al sê die Zimbabwiërs hul het n beter lewe gehad onder Britse koloniasme.

Gewese DA Ondrrsteuner ·

Ek het reeds aan mnr Maimane laat weet dat die DA baie ondersteuners gaan verloor omdat hulle Helen Zille so hanteer het. Sy het die waarheid gepraat, maar dit wil voorkom of die DA, soos die ANC en EFF, enige waarheid wat deur ‘n blanke gepraat word, afmaak as rasisties, apartheid en diskriminerend. Jammer DA, maar julle gaan baie blanke ondersteuners verloor agv hierdie optrede. Duidelik vry julle nou kliphard na die swart stem en vergeet van die bydraes wat ons blanke stem vir julle beteken het.

nie meer da ·

Dit gaan vir die DA nou net oor ras, in hul najaag van die swart stem. Sorry Mmusi, ons sou graag sien dat jy die ANC pakslae gee, maar nou verdeel jy jou ondersteuners.

Peanut ·

Ja tannie Zille en daar wys jou opvolger jou sy ware kleure . So ook die res wat da stem. Onthou ons is die verkeerdste ding wat afrika kon tref

Gerrit ·

Meesterlike skuif van die ANC…vang weer die opposisie en jul stiksienige aanhangers met hul broeke om hul enkels. Maimane duidelik “geplant” om onmin te saai binne DA-geledere. Presies wat nou gebeur…

Anoniem ·

Mnr. Maimane, ons het die Spur seergemaak en ons gaan jóú party nou ook seermaak! Jy is ‘n bysiende draadsitter wat goed weet wat Helen Zulle bedoel het en nie die ruggraat het om vir haar op te staan nie! Vat jou party en vlieg in jou swernoot! Ek stem eerder vir ‘n boom!

Wikus ·

Ek het nogal gedink DA staan vir dink anders as corruption. Nou weet ek die DA is ń gekamufleerde ANC. If your black your African if your white your your a skêlm. Your Mangaung Mayors words.

Hans ·

Duidelik die DA-leierskap verstaan nie hul eie prosesse nie,daarom word die verwarrende/teenstrydige verklarings uitgereik.

oelof ·

Ek het nog nooit vir die DA gestem nie en sal nie. Teen 2019 se verkiesing sal daar geen wit persoon meer in de DA wees nie.

Ben ·

Ewe skielik is alles wat wit mense doen verkeerd en rasisties!
Hoekom staan Zille nie by dit wat sy gesê het oor koloniealisme nie. Dis mos waar en kan onteenseglik bewys word.
Ons is al so gebreinspoel dat ons maar net gaan lê. En alles aanvaar wat na ons gegooi word. Hel mense, kom ons staan op en wys wat daar gedoen kan word. Dit kan mos nie soooo aangaan nie.

Chilli ·

Janee mamoersie ons stem nie meer vir jou nie! Bring Zille terug!

Jakobus ·

Onder Maimane se leiding het die DA in ‘n rekord tyd, so na aan die ANC se beleid beweeg, dis asof hulle die ANC se beleid gekaap het, hulle is net nie korrup nie. En hulle kan net nog links beweeg.

Jakobus ·

Die Da het nou al so van beleid verander/na links geskuif, Maimane het wel nou effektief die DA gekaap, nou moet hy nog net die naam verander. Wat van NDA (Nuwe DA) ala NNP?

Johnny ·

As jy die DA se handves lees sal jy besef dat dit dieselfde is as die ANC handves.. Om meer stemme onder die swart stemmers te kry moet hulle die swart stemmers met dieselfde as low as die ANC, affirmative action, bbbee, onteiening en blankes as sleg afmaak. Die kapitaal om swart stemme te kop is dieselfde vir watter party ookal fit is.

Carel ·

Ek het nooit besef Maimane se vermoe is so beperk nie. “Jammer Seun, jy is my en my familie se stemme kwyt!”

Rocky Bell ·

Na al my harde werk oor 20 jaar vir die DA is ek ook klaar met hulle. Ek is siek en sat dat die blanke se bydrae tot die totstandkoming van Afrika, en meer spesifiek Suid Afrika, nie belangrik is vir swart mense.
Bye!

Cherokee ·

Rocky Bell, ek en jy het vele (soos in klompe) argumente gehad in hierdie forums waar jy die DA verdedig het en ek jou gevra het waarom jy die land verraai deur die DA te ondersteun.

Marius Vermaak ·

As die DA sien wat Zille vir hulle gedoen het om hulle te bring waar hul is en haar uitsprake oor kolonialisme toets sou hulle anders opgetree het. Ongelukkig is hulle so besig om vir ñ sekere groep mense se stemme te vlekflooi dat hulle nou al hoe nader aan die ANC en EFF beweeg. Hierdie besluit gaan hulle nog byt!

Theo ·

Mnr. Maimane, u ondeurdenkte gedrag, en gebrek aan ondersteuning, het die 2019 verkiesing vir ANC beklink. Is dit wat u in gedagte gehad het?

Vierkleur ·

So gaan die liberale se ogies in die Kolonie oop.

Nie die kamtige Nuwe SA waarvoor julle in De Klerk se referendum JA gestem het nie ?

Susan ·

Hoe kan mens onverskoning vra wanneer jy reg is. Helen hulle kou vir jou fyn en spoeg jou uit. Nog nooit DA gestem nie VF+ bly die beste vir ons.

Kwota ·

Is sport….? soos soccer, cricket, rugby ens dan ook n slegte ding wat die kolonialiste hier aan gebring het… Ek groet ook nou die DA ..

Leendert ·

Maimane het die regte ding gedoen, nou is die skape van die bokke geskei, die streep is voor die wit mense in die sand getrek en nou moet hulle besluit wat vir hulle belangrik in die lewe is, dat hulle vir ‘n party stem wat hul belange op die hart dra, of dat hulle vir ‘n party stem wat ander se belange op die hart dra. En morele waardes?

Go go Zille ·

Kollinisme was nie net sleg nie. Inteendeel. Sy het ‘n eerlike opinie gelewer, anders as die Zupta puppets

Nel ·

MM is ‘n ’empty vessel…’ met ‘n eie agenda. Hy speel dieselfde bal as die ANC – net met ‘n bietjie meer finesse en welsprekendheid.

Kobie ·

Interesand DAT n koloniale taal gebruik word om haar aanteval

Drikus ·

Wag ‘n bietjie DA. Net verlede week het ons “volgende president”, Mnr Cyril Ramaphosa, op ‘n openbare verhoog gesê dat Afrikane moet uitgaan om Afrika en die res van die wêreld te gaan kolonialiseer. Ja kolonialiseer. Dit was sy presiese woorde. Hoes daai vir ‘n uitkom kans vir ons grande dame!?

Jakobus ·

Jy is 100% reg. Die mense wat hier en nou oral so om Zille se kop skree, kan gerus hierdie ter harte neem. Dit is weer ‘n bewys dat Maimense het dit ongelooflik swak hanteer. Die ANC sal enigiets vat wat na hul kant toe kom. Dis hoekom hulle nou gil en skree, hulle weet hulle het Maimene in ‘n hoek. Hulle het self nie werklik ‘n probleem daarmee nie, hulle gebruik dit net om ander teen die mure uit te dryf, omdat die ander hulle dit toelaat.

Die ANC sal als van die kolonialisme vat, pakke klere, die Intenet, die Myne, duur karre, jy noem dit, maar dan gil hulle teen ander as hulle dit ook doen, of dit sê. Hulle is besig om ‘n nuwe kolonialisme die land in te bring, maar dan skree hulle daarteen sodat ander dit nie raak sien nie.

Dieselfde met Apartheid, hulle is besig om dit fisies teen die wit mense toe te pas, maar as die wit mense kwaad is vir hulle daaromtrent (BEE, RET, ens,) dan gil hulle op die wit mense dat hulle na Apartheid terug verlang.

Gatvol ·

Totsiens Maimane, vlieg jy en jou party na jul maai! Sy het jou daar gekry en nou is sy nie meer nodig!

LB ·

Geen simpatie vir Zille. Sy het nog altyd haar eie volkie geen guns gedoen nie en haar voorkeure duidelik uitgedans oor baie jare.

Twakkie ·

Stem 100% saam. Sy en haar mede- wit liberale het die wit minderheidsregering jare lank beveg en kliphard die struggle ondersteun. Hoe het hulle gedink gaan ‘n demokrasie hier lyk? Hoekom hang sy nie weer haar Black Sash om en gaan staan en betoog nie? Dis Afrika hierdie, die politieke party wat wen, moet swart wees. Wittes kan net op beskerming as minderheid aanspraak maak, niks anders nie. Tyd dat die wit (veral Engelse) liberale uit hul droom wakker word.

Sê net ·

Dankie LB!

Sy is soos ‘wind waai’ …. net wanneer dit haar pas.

Ernst ·

Gelukkige nog nooit vir DA gestem nie. Wat in Afrika op gebou is is deur die wit koloniste gebou en niemand kan daar teen stry nie.

Frik Kruger ·

Ek glo die DA het nog n stem verloor. Dit wat Helen getwiet het was nie ernstig nie. Nie naastenby wat Zuma gedoen het nie. Interssant kolonialisme het Engels na gelaat en niemand het n probleem daarmee nie. Dit wys jou die dubbele standaarde wat in SA heers.

Frik Kruger ·

Die DA jaag ook nou die meerderheid na. Wat ons gedink het is dit n party wat ook die wit mense se belange op die hart gedra het . Dit is duidelik verkeerd bewys deur hulle optrede. Weer eens word Piet Retief se geskiedenis hom weer herhaal. Geen vertroue

Oom Klasie ·

Ja daar het jy dit.Die val van die DA.Byt jou in die hakskeen soos n slang. Dit is tog wat Siener geskryf het. Bly by jou eie mense. Libs leer nooit n les. Het nie insig vir die toekoms nie.Oogklappe aan.

Westing ·

Julius kan enige iets kwyt raak en sy party staan agter hom, maar toe Helen iets se wat waar is word sy gekruisig deur haar party en die leier wat sy staan gemaak het. Geen vertroue in hulle nie

CFS ·

Kolonialisme het darem gesorg dat landbou reg deur Afrika gefloreer het en die mense van Afrika gevoed kon word en na die kolonialiste uit die verskillende lande uitgedryf is het landbou in elke land tot niet gegaan.Maimane en sy mense sal nog boomwortels en uintjies in die land eet en smeek vir voedsel.

Jaco ·

Dis jammer dat Musi en Helen so onvolwasse is om so ‘n ding so te laat handuit ruk. Dit is baie sleg vir die land. Die DA verloor nou talle van sy ondersteuners wat hulle en die land broodnodig het.

al ·

Die Anc wes_kaap dat haar skorsing nie genoeg is nie. Gelukkig hou sy darem nog premierspos

nannie ·

Helen jy het saam hom lekker gedans en nou steek hy jou in die rug

HENNIE STANDER ·

Helen het Maimane te na aan haar boesem laat kom en hom vertrou. Helen ken jy nie die geskiedenis nie, jy onderhandel nie met die blanke se vyande nie. Met al die onlangse uitsprake het jy nie agter gekom dat daar nie meer plek in die RSA is vir wit mense nie. Die massas wil nie die waarheid hoor nie, maar geniet die Westerse leefstyl.

Jacques Venter ·

As Zille kolonialisme vergoeilik beledig sy ook ons Afrikaners Die Britse kolonialiste het ons huise, plase en diere afgebrand. Ons oumas en kinders van honger laat sterf in konsentrasie kampe. Boere krygsgevagenis soos diere behhandel en dan moet ons iemand soos Zille se ongevoelige uitlatings sluk

Jakobus ·

Jy weet nie waarvan die praat nie, lees my uitgebreide kommentaar hier bo, en waaroor dit werklik gaan, daar waar ek dit onder Drikus se kommentaar geskryf het.

Giel ·

Die Spur het my verloor. So ook het die DA . Het al verlede jaar VF+ gestem. Dis my mense en die Dom Ape gaan nog baie blankes verloor

Jacques Venter ·

Britse kolonialisme het die Boerevolk kom knak. Daarom ksn ek nie Zille se opgewondenheid oor kolonialism deel nie

Cornelia 1 ·

Helen Zille is n yster vrou!! DA julle het iemand verloor wat baie vir die DA beteken het!!Tragies

nou hoe nou ·

Ek vind dit vreemd dat Maimane die twiets van Zille ten sterkste veroordeel terwyl sy DA party koalisies met di eff aangaan . Keer hy dan di eff se uitlatings goed ??

dubbel standaarde ? ·

Ek vind dit vreemd dat Maimane die twiets van Zille ten sterkste veroordeel terwyl sy DA party koalisies met di eff aangaan . Keer hy dan di eff se uitlatings goed ??

Fires ·

Maimane moet maar net kyk wat met Spur gebeur het, julle gaan dieselfde pad loop

Cherokee ·

Ek het kommentare begin lees en gelees totdat die DA’ers my genoeg geïrriteer het om dit op te hou lees. Dink ek het opgehou lees waar oelof my taal gepraat het deur te sê dat hy nog nooit DA gestem het nie.
Zille het haarself vasgeloop in wat syself geskep het. Daar is soort van leedvermaak daarin en glo my dat ek dit nie sê om gemeen te wees nie want ek soort van bejammer haar, maar weet steeds dat sy wat sý wat Zille is, die valdeur gebou het waarin sy nou val.
Meeste van die kommunistiesgesinde DA-aanhangers wat Zille hier ondersteun en wat vir haar stem, weet nie genoeg van politiek om haar rol in die Suid Afrikaanse politiek te ken. Hulle noem hulsef valslik konserwatief maar ondersteun Zille met dit wat genoem word ‘regstellende aksie’.
oelof, ek hou daarvan dat jy sê jy het nooit DA gestem. Ek het (ook) die trotse rekord dat ek nooit DA òf NP gestem het nie. Nie soos waar niccy sê ‘dink VF maar stem DA..!!!’ Kan jy dit glo!~
Jy moet altyd aan jou eie gewete verantwoording kan doen.

Ben Prinsloo ·

Mooi gesê LB. Ek wil nog net bysê kom ons kyk hoe dans sy nou.

Cobus ·

Stem lankal nie meer vir die DA nie. Wat nou met Helen gebeur, het ek lankal sien kom.

Chris ·

Ek roep ook na dese die DA vaarwel. Hoe maklik hul ‘n voorste leier soos Helen net vir die wolwe kan gooi, spreek boekdele.

RG ·

Herinner my aan Piet Retief wat Dingaan vertrou het. So herhaal die geskiedenis……

Cherokee ·

Dit is wel die waarheid RG, maar weerhou jou daarvan om doellose herhalings van ander kommentare te pos.

Callie van der Merwe ·

Moet asb nie die waarheid praat as jy wit is! Totsiens DA, nog n klomp agterbakse honde wat te slapgat is om eerlik en opreg na alle kante van die muntstuk te kyk!

Leeukuil ·

Meng jou met die semels.. Maar hoe kan ‘n Libtard dan anders dink?

Hendrik May ·

“Goodbuy ” DA, ons gaan nou maar weer iets anders soek

Cherokee ·

Val maar rond, Hendrik May. Soek maar vir wie jy nou gaan stem. Bly asseblief net weg van ons konserwatiewe partye. Soek elders.

vra maar net ·

Noudat die DA se koffers oorloop word die blanke geboot! Nee wat, ek sal maar ‘n ander, meer betroubare party kies, 1 wat werklik die blankes se belange op die hart dra. Ta-ta DA

Robert1 ·

Nog nooit DA gestem nie, gaan nie nou begin nie. VFplus bo. Jammer baie wittes kannie vir hulself dink nie. Die liberaliste het hulself lankal openbaar, hoekom vir hulle gestem?

al ·

Sanco noem dit n scam, AnC wes-kaap vra dat sy as premier bedank – werklik? Zuma en sy Gupta maters het baie erger dinge aangevang, ons land gekaap, waarom word hy nie aan dissiplinêre verhoor onderwerp nie?

vermeende ·

Ek wonder net, soos Zuma van Tabo ontslae geraak het so kan Maimane seker ook van Zille ontslae raak om sy plek op die premierstoel in te neem.

Zille maak aanspraak op die grondwet soos jy altyd verkondig het en kyk of dit jou sal help.

Ek moet dit net se!!
I TOLD YOU SO!!!!!!!!

snoefie ·

vir al wat Helen zille vir die wnit suid Afrikaners werd is, kan sy maar geskors bly en weer gaan koerantberiggies skryf. mmusi, as kolonialisme so n gruwel vir jou siel is,hoekom gaan jy kolinialisties deur die lewe?

Johannes ·

Ag nee goeie mensdom…ding julle nou regtig die da gaan iewers kom sonder swart stemme….kan julle nie insien dat maimane nie n ander keuse gehad het oor zille nie….wie is regtig opposisie …pathetic vf of da

NieVerbaasNie ·

IN KORT: Toe Zille die dag terug tree sodat die party n kans kan staan in die verkiesing was dit weereens vir my n bevestiging dat om wit en bevoeg te wees n sonde is! Daar nie nie n greater good waarvoor jy jouself opgee nie! Ek werk in n diverse werk plek en ek kom wonderlik klaar met almal alhoewel daar duidelik gese is ons stem ANC want ons kan nooit terug gaan na die white regime toe nie so dienslewering is nie van belang nie. Plaasmoorde is ook nie n issue nie want dis nie hulle mense wat seer kry nie! Wanneer word n blanke aanvaar? Wanneer jy aan white guilt ly, jammer se vir iets wat jy nie gedoen het nie, en bly deliver en se wat gehoor wil word. Maimane dink mooi wat jy en jou party nou maak! Ek is nie n mens wat n persoon wat partye omdersteun vir die greater good nie! Sterkte Zille ek hou die spot dop hierdie is weer een van die baanbreker oomblikke vir die minority!

sug ·

Soos ons almal weet, DA is die ANC light. Die wat nog dink die DA is Suid Afrika se hoop, julle is net so blind soos die nasionaliste in die 80’s en 90’s. Die ANC het nou weer baie stemme bygekry, danksy die DA leier.

Basjan ·

Ek lag lekker vir die mense wat sê hulle gaan nie meer vir die DA stem nie. Ek wed julle dat 80% van julle het buitendien nog nooit vir die DA gestem nie. Net soos die mense wat “die Spur sou boikot”, maar buitendien nooit eers Spur toe gaan nie.

Leendert ·

Of julle dit nou wil weet of nie, die DA is nou finaal getransformeer. Hulle het deur die geskiedenis verskeie name gehad, later van tyd sekere prominente mense wat die leiers was soos Helen Zussman, Colin Eglin, Harry Schwartz, Tony Leon, Hellen Zille. Hierdie party waarvan ‘n sekere bevolkingsgroep die leierskap oorheers het, se gesig is met die oorgee aan Maimane ‘n jaar of twee gelede finaal geAfrikaniseer.

Maimane het die DA as voertuig gebruik en is die DA nou finaal getransformeer. Nou moet net die naam nog ‘n keer verander, wat ‘n bewys sal wees dat dit in die swart meerderheid se mag is. DAN sal hulle nog sterker groei, hulle moet aan die Afrikane wys hulle het met die verlede gebreek, die party behoort nou aan die Volk. Hierdie naamsverandering, glo ek sal na die volgende algemene verkiesing wees, Maimane sal dit nie waag om dit nou so kort voor die verkiesing te doen nie. ‘n Nuwe era het vir die land aangebreek.

Wat ons ook nie uit die oog moet verloor nie, die organisasies Solidariteit en Afriform, veg nou vir die grondwetlike regte van die Afrikaanssprekende en die minderheidsgroepe, teen BEE, regstellende aksie, en RET, ook om die veiligheid van ons boere. Waar ‘n nuwe regering daardie regte ook sou misken, sal hierdie twee instansies NET so hard, indien nie nog harder nie, vir hierdie mense se regte veg.

Eish ·

Leendert, ek dink jy slaan die spyker op die kop. Amen ook oor jou opmerkings oor Afriforum en Solidariteit. Die twee organisasies verrig wondere. Dis net tragies dat uit die 6 tot 9m moontlik lede, daar byvoorbeeld by Afriforum, net 186000 lede is. Dis die tragiek van ons benarde situasie. Onbetrokkenheid. Dis n skande om die minste te sê. Dis waar die Afrikaner se leierskap deesdae gestel is. Maar, ek dink ons moet ook onthou dat ons geskiedenis besaai is met hensoppers. Dis waarom die twee organisasies burgerlike organisasies moet bly ten einde onbevrees hul taak te verrig. Politiek is n kwas wat n pragtige prentjie kan verwoes.

al ·

Ek is alreeds lid van beide Afriforum en Solidariteit. Die 2 organisasies maak my baie trots en dis ñ voorreg om lid te wees. My volgende stap is VF+

Ronel ·

Leendert ek stem saam. Wel , die DA het nou ook my ou stemmetjie verloor! Sela!

oumie ·

Hy het tog n wit vrou getrou of was dit net n eye blinder Ek is seker sy word 24\7 opgepas

Piet vd Merwe ·

Oumie hy het haar verneukmet sy niggie. Ek het Zille gewaarsku een Sondag oggend in Woodlands Pta oos toe sy aan Solly se arm gehang het, om hom bekend te stel. Hulle gaan haar uitskop. MM kom van die Anc af. Hy het reeds ń koalisie aan die anderkant van die Anc en as altwee
binnetoe beweeg het hulle 90% van die stemme.

al ·

Ek is alreeds lid van beide Afriforum en Solidariteit. Die 2 organisasies maak my baie trots en dis ñ voorreg om lid te wees. My volgende stap is VF+

Carina ·

Maimane moet dalk die politiek verlaat en ‘n aanklaer word want dis al wat by goed kan doen…klag teen die en klag teen daai…As die DA gedink het hulle gaan meer stemme werf vir 2019 surprise surprise

Akademi Buktu ·

Moesie Maimane moesie soos ‘n politieke tiener opgetree het nie. Hy het gewys hy issie die leier wat mens gehoop hettie. Kinderagtig, net soos sy optrede voor die plaaslike verkiesings toe hy so arrogant gesê het wie asb nie virrie DA moet stem nie. Ek het verskeie keer DA gestem, nie omdat ek met alles in hul midde saamgestem het nie, maar as die mindere euwel van die twee grootste partye (en eintlik net om teen die ANC te stem). Ek is klaar met jou Moesie, VF+ julle kan weer soos met die plaaslike verkiesing op my kruisie reken.

Akademi Buktu ·

Terloops Moesie, dissie Helen wattie DA seermaakie, dis jy!

Elisabeth Kruger ·

Ons Land SA het nou groter probleme om gered te word, kan ons nie vir een keer saamstaan en hierdie wa deur die drif trek nie. Vergeet van die klein jakkalsies en red SA

Sarie ·

Nog altyd VF+ gestem en wat ek in die laaste tyd van Pieter Groenewald sien lyk belowend. Hierdie klein party veg ver bo sy getalle. Ware eerlike leiers wat nie doekies omdraai nie. Die liberale media het hulle amper vernietig, maar net soos Afriforum en Soliariteit het hulle gewys wat in hulle steek.

Danie Jacobs ·

“Neem wat goed is uit die verlede en bou daarop in die toekoms” Dit het die Boerevolk gedoen t.s.v wat die Engelse aan hulle gedoen het. Resultaat was ‘n welvarende land. Helen Zille het dit aan haar party voorgehou en word daarvoor gestenig, in teenstelling met uitlatings soos blankes moet lewend begrawe word, wat klaarblyklik nie haatspraak is nie. Kyk na Lance James se nuwe video, ” Vlam van Hoop ” Sterkte aan al my medeburgers en hoop saam met my dat ” Sanity will prevail ” Groetnis

Ada ·

Hoop al die wit DA kiesers se oe het oopgegaan en dat hulle in die vervolg vir n wit party sal stem want dit is al wie vir ons blankes omgee. DA het ons ook duidelik laat verstaan hulle voer n veer vir die plaasaanvalle toe hulle nie n woord gerep het daaroor in die parlement toe hulle kom nie.Hulle dra nie ons belange op die hart nie.

Chrisjan ·

Liberaal eet liberaal, dis wat gebeur wanneer realisme en wensdenkery ontmoet.
Staan bietjie terug dit gaan morsig word.

Kaalkop ·

Piet Retief het hulle ook vertrou en toe?????? Maak asb jul oë oop en dink nugter oor ons toekoms?

al ·

Ek dink julle is bietjie kras met Mmusi – ek het my eie teorie van gebeurtenisse.
Die DA is die enigste groot party wat die fynste balans moet handhaaf as enige van die ANC en EFF. Dit maak DA se taak baie moeilik.

Jana ·

ALLES gaan oor goed en sleg, my stem gaan wees vir ‘n party wat God eerste stel. Ek is moeg vir demo (n)krasie.. die eie ek epidemie in ons land, onderdruk ons geloof en waardes… kultuur wat teenstrydig is met God se wil is vandag reg en almal kyk vas in wit/swart/afrikaans ens. ..Angus vir president!

Moeg vir suid afrika ·

ANC,EFF,BFLF ens rits rasse haat aan.Dan het die DA niks te sê nie,maar skors vir helen oor uitlating.Hulle kan ook geen standpunt inneem teen plaas aanvalle nie.Sal nooit weer DA stem nie.

arno ·

Waar ja, Zille het nie die volle waarheid oor Kolonialisme gepraat nie. Sy het die deel, waar Afrika Chiefs hul volk aan sklawehandelaars verkoop het uitgelos, soos almal wat oor slawerny praat maar doen. Ook deserdae, waar Zuma hulle ons in skuldslawerny wil dompel met kernkrag.

Anti DA en Anti Spur ·

Dit kry jy nou as jy wil liberaal liberaal wil speel.Gaan nog meer as haar vingers ver rand. Sy gaan nou tot op hulle vlak daal as sy nie alreeds het nie.Jammer geen simpatie nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek kan nie die hele reeks kommentare herhaal nie maar diegene wat geskryf het dat ons met Solidariteit saamstem en finansieel ondersteun maar dan vir die DA stem slaan die spyker op die kop. Hoeveel van ons is nie skuldig hieraan nie? Is dit nie maar omdat ons bang is dinge loop skeef maar as ons DA stem het ons darem half en half ‘n voetjie in die deur vir die blankes nie?

piper ·

die da het energie gemors met die helen z saak. daar is meer belangrike sake waaraan energie spandeer kan word. ek is bevrees dat al die harde werk wat helen z gedoen het om die die da te groei gaan nou verlore gaan. ek is een van daardie stemme verlore. vf+ hier kom ons.

Petro ·

Helen Zille is 100% reg oor Kolonialisme gaan kyk wat skool handboeke in skole se. Negatiewe en positiewe gevolge

Ai ·

Gaan my verstand te bowe dat meeste Afrikaners vir die D.A stem. Skokkend dat mense hulself so laat mislei. Ons het ongelukkig nie baie opsies nie maar as jy die politieke partye se beleid lees is dit tog mos duidelik wie die betere opsie vir die minderheid groepe is. Genade mense haal julle koppe uit die grond uit, ons is nie volstruise nie!

Genade ·

Soveel mense is so bang om as REGS of RASSISTIES uitgekryt te word as hulle anders as DA stem, want hulle wil nie ‘offend’ nie, en hulle wil nou nie as ‘verkramp’ bestempel word nie. Maar ek sien gelukkig ‘n nuwe tendens op kommentaarkolomme, baie mense raak al hoe minder skaam om regs te wees. Weet in elk geval nie wat is verkeerd met regs nie. Hoekom is links reg en hoekom is mense reg wat vir SWART regte veg maar as jy vir WIT regte veg is jy ‘n rassis? Maak nie sin nie, laat ons regs en links wees, en laat daar plek vir almal in SA wees!

m ·

Die DA het n rede gesoek om van haar ontslae te raak en nou het hulle een gekry….. Dis so interessant hoe daar na hierdie aanmerkings gekyk word want swartes maak heeldag opmerkings en aanmerkings en absoluut niks word daaraan gedoen nie maar o wee moet nou nie dat n witte dit waag om iets te se nie dan is dit nou die grootste rassisme….. nee rerig ons samelewing het uiters siek geraak.

Donker ·

Al wat ek WEET is dat TANNIE ZILLE nou uiteindelik ook gesien het dat al haar harde werk en liberalisme en die FIGHT vir vryheid en gelykheid nooit daaroor gegaan het nie, dit het gegaan oor die onderdrukking van die wit minderheid, en sy het die Black Sash en ander politieke partye gehelp daarmee. Moenie nou by my kom huil nie, ek voel ‘n VEER< soos Helen Suzman uiteindelik heeltemal verward en ontnugterd oorlede is (let wel in Engeland) so gaan jy ook maar die ware KLEURE (no pun intended) van hierdie mense sien~! Dis donker Helen, dis DONKER!

T N ·

Mens kan sien dat die meeste van die van die deelnemers hier GEEN benul het van wat en hoe mens dinge doen en probeer bereik in die politiek nie . Die vyand is die ANC en dom mense wat nie kan sien wat hier gedoen word en waarom nie , maak dit net moeiliker om die ANC te verslaan . Die wat die meeste saak maak lees nie wat ek hier skryf nie , so laat ek julle tog net reghelp __ hierdie is met Helen se samewerking en beplannning uitgevoer __ van die begin af ! MOENIE ONNOSEL WEES EN ONS STEMME VERDEEL NIE !!!!!!!!

riana ·

Die moment wat jy vir hom die pinkie gee gryp hy die hele hand. Mens kan hulle glad nie trust nie jammer maar die wittes leer ook nie. Ja Zilla dans help nie die kleur is verkeerd jy kon net gewig verloor het maar sal nie verder kom nie en jy het hom gemaak waar hy nou is en nou is jy niks nie. Kon dit vir jou vertel het dit is hoe hulle maak mens kan hulle nie trust nie.
Hoop jy kry reg om aan te bly maar staan op vir jou regte moenie gaan le nie hy mag nie wen nie.
Dink aan jou en sterkte.

Janine ·

Die DA tugtig vir Zille oor ondeurdagte/onverantwoordelike kommentaar op Twitter wat die werk in ‘n nuwe SA nie. Op die ou end van die dag wil ons die ANC oorwin, en met sulke kommentaar van Zille sal die DA miljone swart stemme verloor. Maimane het dalk te vinnig opgetree maar hy in ‘n duisend miljoen maal beter as ons huidige president. Die van julle wat dink die VF+ gaan vir julle enige iets beteken en SA uit die hande van die ANC se greep kry, leef in ‘n bubble, dieselfde bubble wat gedink het Apartheid sal werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.