Zille ontken dat sy inligting gelek het

Helen Zille

Helen Zille

Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het Donderdag president Jacob Zuma se bewering dat sy “vertroulike inhoud” van ʼn konsultasievergadering laat uitlek het, ontken.

Zuma het Woensdag gesê hy is teleurgesteld dat Zille “weereens” vertroulike inligting in haar provinsiale nuusbrief openbaar gemaak het in aanloop tot die staatsrede op 11 Februarie en die begrotingsrede op 24 Februarie.

Sy het in ʼn brief aan Zuma gesê aangesien die geskrewe voorlegging as vertroulik gemerk was, was sy versigtig om nie enige van die statistiek in die voorlegging in haar provinsiale nuusbrief in te sluit nie. Sy vra in die brief Zuma moet presies die inligting noem wat sy glo “gelek” het.

Sy verduidelik ook dit is gebruiklike praktyk in die Wes-Kaap om die gevolge van die begrotingskrisis met provinsiale kollegas te bespreek, soos deur die president aanbeveel is. “Ons glo in soveel deursigtigheid as moontlik, wanneer dit kom by sake van openbare belang, soos dreigende begrotingsbesnoeiings,” het Zille gesê.

Zuma het ook gekla dat Zille voorheen inligting “sonder toestemming bekendgemaak het” in aanloop tot die 2014 nasionale verkiesing. Zille het hierdie aantyging ten sterkste ontken.

“In 2014, na ʼn inligtingsessie deur die onafhanklike verkiesingskommissie (IEC), het ek bloot op sosiale media gesê die verkiesingsdatum sal binnekort deur die president bekendgemaak word,” het sy gesê. Hoewel sy geweet het wat die verkiesingsdatum sou wees, het sy dit nooit aangekondig nie.

“Om bloot te sê ʼn aankondiging sal gemaak word, is nie vertrouensbreuk nie.”

Zille het afgesluit deur te sê dit is jammer die president bevraagteken haar geloofwaardigheid in die openbaar en sy verwag verdere duidelikheid oor die presiese inligting wat sy kamstig gelek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Tipiese Zuma taktiek om aandag af te lei as hy droogmaak.
Verder is dit mos nou ook weer verkiesings speletjies!!

wilma ·

Dis Zuma se eie mense nou pak hy die skuld op ander.President Jacob Zuma word groor en fight vir jou self .Dis al wat ek wil se

m ·

Sit die ANC nou wragtag net en kyk wat die DA doen heeldag. O my word, hoe eenvoudig kan mens nou wees… As mens self agter die deur staan dan soek jy seker ander ook daar. Hoeveel inligting word nie by hulle uitgelek nie….

Eddie ·

Nee Regtig!!!!!!!!!!! Hierdie klomp is nou besig om soos twee graad een kinders aan te gaan. Ons almal weet wat regtig die storie agter die storie is. Dit is maar om stemme te kry en dit is dit. Miskien moet hulle ophou om oor onbenulighede te fight en kyk na die land se belange. Sal vir hulle elkeen n piering melk gee na die catfight. Word groot asb!!!!!!!!!!!!!!!

EMK ·

So? As sy het, is dit in die publiek se belang. As sy NIE het moet Zuma ophou kinderagtig wees. Hierdie is nie die manier om stemme te probeer werf nie. Sug… daar is GEEN manier wat die ANC my stem sal kry in elk geval nie so regtig, bepaal jou by landsake en misdaad en los die tipe van nonsens uit

DPJ ·

Hoe klein kan die politisie nie wees nie? Noem tot wat sy uitgelek het so dat ons kan hoor?

Oom Boer ·

Klink maar pateties om mekaar deur ‘n vergrootglas elke dag te beloer ANC teen DA. Juliaass sit en lag vir jul agter sy hout masjinerie. Watse inligting kwansuis so vertroulik wat van Landsburgers weerhou word? Ongelukkig kan die Landsburgers nie hul salarisse of inkomste vertroulik hou nie want hul TAX geldjies moet mos verorber word. Wees meer openlik en regverdig in die land en dan sal jul politieke amptenare die vlugte pluk Mnr JZ.

Oom Boer ·

Jammer korreksie asb op vorige skrywe: bedoel vrugte pluk.

Rupert Ashford ·

Hehehehehe. DA is klaar op die agtervoet en die verkiesing is nog ver.

Pieter.v ·

Zuma is die laaste mens wat oor geloofwaardigheid kan praat , in elk geval wat se vertroulike inligting moet van die publiek weg gehou word dis wanneer daar weer een of ander onheiligheid uit broei.

Danie Kok ·

Al wat ek kan sê is dat die woord van ‘n liberalis nie sy of haar eer is nie, gevolglik kan dit nie geglo word nie. En Helen Zille is ‘n liberalis…

Dan ·

Hou op speletjies speel, en se wat gese moet word,moet daar altyd gedie en n gedaai word.

FC ·

Ek het haar opmerking op twitter gesien. Ek weet nie hoekom sy dit ontken nie.
Die vraag is egter of die inligting wat sogenaamd geheim was hoegenaamd geheim moes gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.