Zille oorhandig sonkragtoerusting

Helen Zille

Helen Zille

“Julle is met die mees basiese dienste in die steek gelaat. Hier is geen water en elektrisiteit nie. Water is die mees basiese reg,” het die leier van die DA, Helen Zille, aan lede van die Chris Hani-gemeenskap by Hammanskraal noord van Pretoria gesê toe sy sonkragtoerusting aan hulle oorhandig het.

Zille is deur ‘n entoesiastiese skare in blou geklee ontvang. Hulle het haar singend en dansend vergesel terwyl sy huise in die gebied besoek het.

Een van die ondersteuners, Julia Mosayi, het haar blydskap oor die toerusting duidelik gemaak: “Ek is baie dankbaar. Nou kan ek my selfoon laai en sal ek ook lig in my huis hê.” Sy het die ANC beskuldig van leë beloftes en dat hulle die massas afskeep.

Zille het aan die inwoners gesê pres. Jacob Zuma se hoenders by Nkandla leef beter as die mense in Chris Hani. Sy het die mense aangemoedig om nie hul lot te aanvaar nie, en vir verandering te stem sodat hul kinders die boonste sport kan bereik. “As julle jul kinders wil help en self vordering in die lewe wil hê, moet julle vir die DA stem – dan sal ons ‘n blou leer aan julle voorsien.” – SAPA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

babs ·

As jy Zille sien dan dANCe sy iewers in ‘n swart buurt. Wat gaan gebeur as die berigte waar is en sy tree volgende jaar uit? Haar opvolger gaan net soos sy vere voel vir ander bevolkingsgroepe. Wonder wie betaal vir die geskenke en blou T hemde wat so uitgedeel word aan die mense wie se stemme sy wil werf. Hulle gryp met die een hand en met die ander trek hulle ‘n kruisie by die ANC. DA het my stem verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.