Zille sê jammer oor twiet

Zille en Maimane tydens Maandag se mediakonferensie. Foto: @Mabine_Seabe/Twitter

Helen Zille, voormalige DA-leier en Wes-Kaapse premier, en Mmusi Maimane, leier van die DA, het vanoggend ʼn gesamentlike mediakonferensie gehou ná gisteraand se vergadering van die DA se federale raad.

Zille het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir haar twiet en die regverdiging daarvan. Volgens Zille het sy Maimane ondermyn en het sy ook hiervoor om verskoning gevra. “Ek het na ʼn tydperk van refleksie en debat tot die insig gekom dat dit nie reg was nie en dat dit ou wonde oopgekrap het. Ek het dinge gesê wat Maimane se leierskap ondermyn het. Hy is die demokraties verkose leier van die DA en ons almal moet hom ondersteun,” het sy gesê.

Maimane het aangekondig dat hy en Zille ooreengekom het dat dit in die beste belang van die party is dat Zille nie meer dien op enige van die party se besluitnemingstrukture nie, insluitend die federale raad. “Daarbenewens sal haar politieke kommunikasie voortaan fokus op sake wat verband hou met die Wes-Kaapse provinsiale regering. As sy wil kommunikeer oor enige ander politieke kwessies, sal sy voldoen aan die protokol van die DA.” Zille sal premier van die Wes-Kaap bly.

Maimane het gesê dat hy persoonlik kwaad was oor haar twiet. Hy het ook gesê dit is sleg dat daar nou energie gemors moes word om dié saak te hanteer terwyl dit aan ander belangriker dinge aangewend kon word.

“Ons het al baie gesels oor die afgelope paar weke, en ons stem nie oor alles saam nie. Ek dink dit is gesond om betrokke te wees in debatte maar daar is nie plek in ons party vir mense wat verdeling wil saai nie,” het Maimane gesê.

Maimane het op ʼn vraag van ʼn joernalis oor hoekom Zille nie afgedank word nie, gesê hy dink die feit dat sy om verskoning gevra het en haar kommunikasie beperk word, genoegsaam is.

Zille het op nog ʼn vraag geantwoord dat sy al genader is om haar eie politieke party te begin. “Ja ek is al genader, maar ek het nee gesê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

Peet ·

Ek neem aan Maimane het Zille se verskoning mooi neer gepen! Volgende smelt DA saam met ANC!!!! Hoop Zille dink weer oor haar eie party!!!!

Arie ·

Ek stem saam, hy het haar en alle blankes in die rug gesteek!!!!

Ryan ·

Jammer DA. Jy het net een kans om vryheid van spraak reg te kry. Julle gaan nie vir lank die opposisie wees nie. Julle kon ‘n teen argument gemaak het oor wat Zille gese het. Toe kies julle om regresief te wees en gesprek kort te knip. Glo my daai gesprek gaan gehou word. Al kry almal se gevoelens seer.

Baie bly ·

Ek is baie bly julle 2 kon dit uitsorteer, dit is in almal se belang en sal beslis goeie vrugte afwerp.

Ronel ·

Nee “baie bly”, dis beslis nie regtig uitgesorteer nie! Zille was maar net die minste… Vaarwel DA!

Haan ·

Naïwiteit is die kunsmis waarmee hierdie verraad bemes is. Moenie naïef wees nie. Ek sê ook nie ons moet sinies wees nie, maar ons moet definitief op ons hoede wees. Al waaroor ek “baie bly” is, is die feit dat die draadsitters nou kamp móét kies

jurie ·

As Zille enigsins verder agter oor buig om Maimane gemoed te kom gaan sy haar eie agterent kan sien. Sorry DA mens leer van die verlede, jy kan dit nie ignoreer of weg wens nie.

Basjan ·

Letterlik of figuurlik, hierdie is nogal goed gesê! Ek sien al in my geestesoog hoe dit gebeur.

Arie ·

Sy het hom sy posisie gegee en hy steek haar in die rug! Ek het alle respek vir hom verloor – vaarwel d. a. Julle gaan baie stemme verloor!!

Gatvol ·

Raai wie word geoormerk as sy nie meer Premier van die WKaap is nie.

Annelie ·

Ek so sal ons almal maar die knie moet buig – vir die DA stem ek nie weer nie!

Bolander ·

As jy nie vir die DA gaan stem nie, neem ek aan jy gaan maar vir die ANC stem!!!

Loeis ·

Sjoe, druk hulle nie die ander partye se name op stembriefies daar in die Boland nie? Of sukkel jy om die name te lees?

Annelie ·

So sal ons maar almal die knie moet buig. Die DA sal in elk geval nie my wit stem mis nie!

Piet Pompies ·

Stemme word nie volgens die kleur van jou vel gesien…..

Allie ·

Jys reg Piet Pompies. Maar al ons ware patriotte weet en voel hoe Annelie voel……

Annatjie Kruger ·

Niks is uitsorteer nie. Sy is soos ‘n stout kind behandel, en sommige van haar “voorregte” is weggeneem soos ‘n mens met ‘n tiener sal doen as sy die reëls oortree.

Piet Pompies ·

Die uitkoms van die saak is bloot strategie binne die DA, persoonlik dink ek albei persone is van belang vir die bestaan van die DA.

Boet ·

Uiteindelik ‘n sinvolle kommentaar. Al die “witmense is al weer verraai en ek stem nie weer DA nie” retoriek sal net die opposisie verswak. Hier is te veel mense met ‘n “chip” op die skouer in SA, moenie self een raak nie. Me Zille se twiet (of jy nou saamstem daarmee of nie) het digene met “chips” op hulle skouers “seergemaak” en reg in die ANC se “divide & rule” strategie om die DA te skets as ‘n wit party met ‘n swart “coconut” aan die stuur gepas, in plaas van om die DA te erken as die enigste alternatief vir Suid Afrikaners ongeag van velkleur wat omgee oor ons land en die verrotting wil halt en omkeer. Al die ander partye is gefokus daarop om vir ‘n spesifieke groep (of kleur) se belange te sorg. As ons ooit SA wil red en wil hoop om iets vir ons kinders te los is die enigste manier om dit te doen saam – almal saam as Suid Afrikaners, nie as swartes, of Afrikaners of Engelse of kleurlinge op Indiers nie. Word wakker Suid Afrika, die mat is besig om onder ons uitgepluk te word en dit gaan seer wees as jy dit eers besef wanneer die vloer jou neus breek.

Loeis ·

Boet, jy praat twak dat “stem nie DA nie” opposisie verswak. As mense vir ‘n ander opposisie party stem, maak hulle daardie party sterker. Jy moet ophou nonsens te praat.

Eugene ·

Die DA is niks ander as ‘n ANC LITE politieke party nie. Die DA steun ook rassistiese BEE en regstellende aksie wetgewing. Hulle maak staat op die witman se ondersteuning maar terselfderyd word die witman gestraf om hul wit is. Belaglik om witmense so te misbruik. Nee dankie, hou verby!

Kosie ·

Die VF+ is ook nie in beginsel gekant teen regstellende aksie nie maar (net soos die DA) gekant teen die manier hoe dit toegepas word. Maak dit nou die VF+ ook ANC extra lite?

Jorie ·

Eugene sê dit reg. Ek mors nie my stem op n party wat nie my belange op die hart dra nie. Die VF is van onskatbare waarde om ons stem te laat hoor en balans in goewerment gesprekke te bring. Onthou dat die regte man op die regte plek n groot verskil kan maak. Ons moet daai mans daar instem.

CJ ·

Kosie, jy is heeltemal verkeerd oor die VF+. Jou stelling is kwaadwillig. Gaan lees asseblief hulle beleid en standpunte op hulle webblad.

Kosie ·

CJ, my kommentaar is nie kwaadwillig nie. Indien dit so is dat die VF+ wel heeltemal teen die beginsel van regstellende aksie is, moet hulle dit in die openbaar so stel. Ek wil jou verwys na Groenewald se gesprek op RSG waar hierdie vraag pertinent deur Lynette Francis aan Groenewald gestel is. Hy het gese dat die VF+ die grondwet respekteer en dus die beginsel van regstellende aksie (wat daarin vervat is) aanvaar.

CJ ·

Kosie. Groot op VF+ se webblad staan: “STOP DISKRIMINASIE Die VFPlus is die enigste party wat teen Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging stem.” Jy kan ‘n aanlyn petisie daarteen invul.

Loeis ·

Kosie, om die grondwet te respekteer beteken nie om met alles saam te stme nie. Ek sien VF+ het ‘n petisie teen verkeerdstellende aksie. As Maroela Media dit sal vergun, plaas ek die skakel hieronder. Dalk kan jy gaan teken?

http://www.diskriminasie.org.za

Basjan ·

Ek het op ‘n ander blad die kommentaar gelewer dat hierdie ‘n politieke balanseer-toertjie van die DA is. Word Helenn Z “gestraf”, verloor die DA Stemme. Word sy “vrygespreek, verloor die DA ook stemme. Dit gaan baie interessant wees om te sien hoe hierdie senario gaan ontvou en hoe dit die kieserskorps se keuses gaan beïnvloed.

Kosie ·

Hulle sal ‘n paar wit verregse stemme verloor, kiesers wat in elk geval nie by die DA hoort nie. Die DA is beter af sonder daardie kiesers.

Kosie ·

Maroela, hoekom word my kommentaar gemodereer? Is die woord “verregses” ‘n sensitiewe sakie hier? Lyk nie vir my asof dit indruis teen julle “huisreels” nie. As dit so is, moet julle dit by julle reels insluit sodat ons kan weet julle “cater” eintlik net vir diesulkes.

Janie Monsieur ·

Dagsê Kosie,
Dankie vir jou kommentaar. Op watter berig het jy probeer kommentaar lewer? Ek het weer die kommentaar deurgegaan en sien nie ‘n onlanse kommentaar wat van jou verwyder is nie. Of lewer jy kommentaar deur meer as een e-pos adres?

Groetnis
Janie nms. Maroela media

Kosie ·

Janie, daar was ‘n “(hierdie kommentaar word gemodereer)” boodskap by die stukkie kommentaar wat ek op Basjan gelewer het hier. Wat is fout met my kommentaar of word al my kommentare gemodereer? Lyk my julle het ‘n “swartlys” vir sekere kommentators wie se kommentare altyd gemodereer word.

Boerseun ·

dankie dat jy vir ons uitgelig dat die verregses by die da was . En hier dog ek die verregses sit in Australia, UK, ondersteun Afriform en is KP stemmers van die plateland, eye opener vir my. Snaaks hoe die engelse liberale hulle monde op twitter uitspoel ,AKA Penny, die engelse/joodse se man en nou zille, almal DA ondersteuners go figure.

al ·

Jul hoef nie kwaad te raak oor die hele debakel nie – ek is nie ñ politikus nie, maar los maar die mambo jambo oor aan hulle.
Gaan voort met jul lewe en laat Zille die uitstekende werk doen as premier.

Kosie ·

Die muis het toe ‘n berg gebaar. Die DA is ‘n voorbeeld vir ander partye hoe geskille opgelos word. Voorwaarts bloutrein na ‘n beter SA.!!!

Hannes ·

Hoop almal wat DA gestem het sien nou hul ware kleure. Mens stem in elk geval nie vir n persoon nie , maar vir beleid en beginsels. Hoop jul ogies het oopgegaan.

Basjan ·

Geagte Maroela Media,, hoekom word my kommentare “gemodereer”?

Janie Monsieur ·

Dagsê Basjan,
Dankie vir jou navraag. Ek het deur ons kommentaare geloer, en sien geen kommentaar van jou af sedert 6 Junie nie. Wanneer jy kommentaar lewer, maak asseblief seker dat die boksie ‘tick’ waar jy ons bapaligns en voorwaardes aanvaar, anders sal dit nie deurkom na ons toe nie.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Hans ·

Die da,anc en eff is besig om assegaaie skerp te maak teen mekaar en ons gaan die toeskouers wees.Ons as nasie moet net aan God vashou en ophou om mekaar te takel.1838

Pendoring ·

Ek dink ons moet basaar reël en kyk of ons kan geld insamel om vir HZ ‘n ruggraat te kan koop.

Om omverskoning te vra vir die waarheid is waarskynlik een van die laagste vorms van self verloëning.

Wessie ·

Sy vra nie soseer om verskoning vir die waarheid daarvan nie, eerder dat dit ‘n onsensitiewe ding was om te sê in ons b(r)ose politieke klimaat.
En ongelukkig word woorde wat uit wittes se monde kom verskillend getakseer as deur die ander deel van die bevolking!

al ·

Ai pendoring – jou tong te skerp. Jy behoort te weet dat in hierdie tyd wittes se sosiale media kommentaar heel uit verband geruk word.
Verder weet jy ook dat die opponente van die DA ñ fees gehad het met Zille se tweets, en dit Mmusi Mmaine in ñ uiters moeilike situasie geplaas het.

Kosie ·

Sy het verskoning gevra dat haar twiets sensitief was vir sekere mense en dat dit ongewens was in die huidige politieke klimaat. Sy het reeds so ‘n verklaring voorheen gemaak, nou is dit net amptelik saam met Maimane op die angevraagde nuuskonferensie gedoen. Dis al.

Johan. H. ·

Julle dink die kiessers is dom,, TaTa da,,, Hierdie was maar i strategiese besluit om nie kiesers te verloor nie,Julle ware klere het gewys, Sit julle is gespur,,,

Reinette ·

Dit is heeltemal verkeerd hanteer. Ek hou nie van die manier waarop Helen verneder is nie. Maimane vervreem sy bestaande kiesers.

Arend ·

Reinette: Zille is nie verneder nie, sy het dit self gedoen.

Frik Lotz ·

Die DA is niks anders as n ANC-lite nie en tree al hoe meer op soos die ANC. Die VF Plus is die enigste hoop vir ons mense.

RUTH ·

ai frits en anneli ,die DA sal julle nie mis nie ons maak almal foute maar lyk my julle is volmaak

Heleen ·

Nou beweer Zille daar is niks goeds van kolonialisme?? Sy weerspreek haarself net om polities korrek te wees…..ek sien dit as vals…

Kosie ·

Hoe kom jy tot daai gevolgtrekking? Sy vra bloot verskoning dat haar twiets onsensitief was vir sekere mense. Maimane erken dat mense in die DA verskillende menings oor sekere dinge het maar dat die DA se uitvoerende komitee dit eens was dat Zille gestraf moet word vir haar uitlatings. News24 berig behoorlik oor wat gese is in die nuuskonferensie, lees dit.

Louise ·

Ai Zille ek kry jou jammer, jy het so hard gewerk aan n ORDENKLIKE party wat nie KORUP of gebaseer was op ras of enige POLITIEKE misbruikte geleentheid nie. Jyhet n voorbeeld gestel oor HOE en WAT n party moet wees. so jammer jou harde werk GAAN in die toilet AFGESPOEL word deur ONKUNDIGE self behepte mense.
Dankie dat ek die voorreg kon kry o gemaklik te kon stem vir n party waaroor ek my kop omhoog gehou het en nie in skaamte moes sak nie.

Oompie ·

Ek wil ook on voorwaardelik om verskoning vra vir Jan van Riebeeck. Kolonialisme. Apartheid. Wat tot gevolg hê had het dat swart mense die meeste motors in Afrika besit. Dat swart mense die beste hospitale in Afrika het. Voltooi self die lys.

wdp ·

Ja, jammer oor alles swart mense, as dit dan so sleg is in die land van melk en heuning trek dan terug noordwaarts waar julle vandaan kom,

Sam ·

Dit is nie die moeite werd om verder oor die saak te tob nie – begrawe gerus die klein byltjies. Ons het al die groot strydbyle nodig om ontslae te raak van die Orwelliaans-neigende ANC.

gerbrandt ·

So jy moet omverskoning vra vir die waarheid?
Nooit as te nimmer nie!
Jammer maar ek is nie ‘n lib of ‘n verraaier nie. Ek behou my waardes en integriteit.

Kolonialis of Nie-kolonialis Ystervark ·

En wie was die eerste groep bewoners van Suid-Afrika? En welke groepe was die kolonialiste sedert die eerste groep SA bewoon het? Baie Suid-Afrikaners kibbel oor onderwerpe soos “kolonialisme” waarvan hulle maar min of gee kennis dra nie – net napraters.

Publiseer MET BEWYSE welke groepe was kolonialiste in Suid-Afrika. Ystervark wag in spanning om die bewyse te kan lees.

S A Burger ·

Zille het nou haar siel aan die sielloses verkwansel. Hoop sy kan met haarself saamleef daaroor. Ek sal nie kan nie.

Isak Moolman ·

Helen, never apologize for the truth. Mmusi, goodbye. Never again

dee ·

HZ het Maimane in n baie moeilike posisie geplaas. Sy moet wegbly van twitter af. Hy en n hele paar ander verstaan wat sy bedoel by kolonialisme “was nie net sleg nie”. Maimane het selfs gese hy besef die blanke Afrikaners het erg onder kolonialisme gely. Die VF is ver te klein om n goeie oposisie te wees al stem elke blanke vir hulle. Ons het n party nodig wat gematig is en n sterk oposisie is. Pasop om die swart DA kiesers aan EFF te oorhandig.

Kosie ·

Beslis. Ons wil nie radikale soos die EFF aan bewind he nie, dan is dit nag.

Arend ·

Kosie, die party wat jy blykbaar ondersteun is reeds sedert die munisipale verkiesings saam met die EFF in die bed. Dit is dus reeds nag vir die DA

Hendrik ·

Dee ons weet die VF+ staan vir sekere beginsels en indien jy vir die DA stem weet jy nie regtig waarvoor hulle jy jouself inlaaat nie. Bv. regstellende aksie. Die DA ondersteun die “Freedom Charter” en die hierdie dokument waarborg nie minderhede se regte nie. Onthou die ANC ondersteun ook die “Freedom Charter” en probeer hard om uitvoering daaraan te gee. Kenners wys uit dat die DA nader moet beweeg na links (na die ANC beleid) om die meerderheid (swartmense) se stem te kry. Om links te beweeg moet hulle meer dinge doen vir die meerderheid om hulle te wen. Dus sal hulle self ou progge (Zille) uitskop/nigeer om hulle doel te bereik. Ons kla dat die ANC ondersteuners elke 5 jaar weer vir die ANC stem ten spyte wat se nonsens hulle aanvang. Wel die DA ondersteuners leer ook nie en sal elke vierkiesing weer vir hulle stem ten spyte dat die DA wetgewing (regstellende aksie) teen sy ondersteuners steun. Jammer ek kan nie verstaan hoe mense ‘n party steun wat hulle links en regs deur die gesig klap met wetgewing.

Rynhardt ·

Maimane en Zille het n mooi polties korrekte draaiboek uitgeleef vir media en hul ondersteuners.Hollywood neem kennis van hoe jy n n polities korrekte draaiboek in n sepie kan uitleef! Dit is wat SA vandag ervaar het.Die liberale is meesters op die gebied van propaganda en breinspoeling! Zille se visie vir DA bots met Maimane se visie.Maimane wil hele DA getransformeer he om aan die behoeftes van die massas te voldoen.Maimane slaan tans die kitaar en hy gaan hom nog met mening slaan! Zille hoef nie te wag tot 2019 om haar pos te ontruim nie.Selfs James Selfe het n ruk terug erken daar is nie meer plek vir Zille nie.Wat hy egter nie besef nie, daar is ook nie meer plek vir die wit liberale nie.

Theo Visser ·

Ek wonder nog steeds wat Zille verkeerd gedoen het .Lyk my die waarheid maak vir sekere mense te seer.Ons land het bitter tye gehad tydens en na die Boereoorlog ,maar uit dit alles het daar tog ook goeie goed gekom,vir almal.Dit maak nie dat ek die oorlog goedpraat nie maar die waarheid is die waarheid.Of is die waarheid sonde ?

Morne ·

So nou muilband die DA ons blankes nog verder omdat dit wat sy gese het die waarheid is. Ag nee wat Mmusi en die DA ek stem nie weer vir julle nie. Die waarheid maak seer.

Allie ·

Ek kan rerig nie verstaan hoe, mense wat se dat hull !trotse! Afrikaners is, sal stem vir enige party in die land wat AA of BBBEE ondersteun………dink net mooi….. jy stem vir iemand wat jou met disrespek hanteer!! Jy laat op die manier toe, dat iemand oor jou sefrespek en integriteit en morele waardes TRAP!!……..As jy DIT toelaat…… dan is jy n Dwaas wat ALLES verloor het… ALLES. Ek het gelukkig wakker geskrik en stem vir FN.

Dirk ·

Dit is ‘n kinderagtige uitkoms sonder logika. Die logika van die Zille – standpunt is totaal van die tafel gevee. Inteligente kiesers sal nie met die arumente soos aan die media gestel, asook besluite en aksies van die DA en Zille, geasosieer wil word nie.

Josef Espag. ·

Ek verstaan nie die redes vir die aansprake en bohaai nie!Nie net die swart mense het onderKolonialisme swaargekry nie, 26000 wit vrouens en kinders het in die Konsentrasie kampe gesterf!Ironies gebruik die lawaaimakers Engels,koloniale taal en druk dit in almal se keelgate af?

Hendrik ·

Josef daar staan ‘n stille herindering by Bloemfontein se vrouemonument en ons moet jaarliks ‘n groot kwessie maak. Toevallig op Sharpvilledag/Jeugdag , Vrydag, het Kitchner begin met die verskroeide aarde beleid waar alle lewendige diere op plase doodgemaak is, plaashuise afgebrand is en waar vroue, kinders en oues na konsentrasie kampe veggeneem is.

Johan ·

Maimane, wanneer gaan jy en jou soort om verskoning vra vir die plaasmoorde?

Adriaan ·

Zille is libioot en Miamane n ANC-agent…soos n wortel voor die neus van stiksienigge bleekgesigte.

T ·

So wanneer gaan Malema nou onverskoning vra vir Kill the boer kill the Farmer?

Akademi Buktu ·

Ou Mmoesie, jou hantering van die saak maak dat dit wat my en my vrou se stemme betref, nog steeds Mneusie verby is.

Danie ·

Die VF is te klein om n verskil te maak en afgeleef. Sal net DA stem, anders is enige ander stem vir die ANC. Ons praat so vd ANC. Jy kan hul net uitkry om nou DA te stem. En daarna vat ons dit verder.

Wouter ·

Ek het geen party wat die land goed sal regeer nie. Ja sal DA moet stem. Anders kan ons nie kla oor die ANC nie. Om vir n klein party te stem maak GEEN verskil nie. Net nog n stem vir die ANC.

kellie ·

Verstaan nie.Wat van koalisies?Hoekom is DA enigste opsie?

Loeis ·

Danie. Wouter. As mense vir klein partye stem, dan word daardie partye grootter.

In 2006 was dit VF+ en die ACDP wat die skaal in Kaapstad geswaai het sodat die DA die stad by die ANC kon oorneem.
Die ANC het vandag 64% setels in die parlement. Dit is ander partye wat tussen die ANC en ‘n tweederde meerderheid staan. En hierdie is maar twee voorbeelde van wat kleiner partye wel doen.

Wat julle hierbo skryf, is feitelik verkeerd / onwaar. As jy ABSOLUUT NIKS van die realiteit weet nie, moet asseblief nie kommentaar lewer waar intelligente mense dit lees nie.

Eps ·

My eerste probleem met die saga is dat die media die hele twiet se bedoeling uit konteks geruk het om blankes te verneder en die DA het op die wa gespring.

My tweede probleem is dat Zuma in die openbaar sing oor hoe wit mense afgemaai moet word en niemand dwing hom om verskoning te vra nie.

Ons leef in ‘n land waar selektiewe vervolging in die orde van die dag is. Dit sal nog jare vat om die land in ‘n reverdige regstelsel te verander. ‘n Wit mens moet in die land soos ‘n skilpad lewe en jou kop in jou dop in trek.

Die enigste manier om teenkanting te wys is deur jou besig te weerhou van mense wat die kwaad doeners ondersteun. Dit is hoekom ek nooit eers ‘n motor sal koop wat in SA vervaardig is nie. Ek ondersteun glad nie enige iemand of organisasie wat my en my mense in die rig steek nie. Ek leef so goedkoop as moontlik en belê my geld in die buite land en dit sal daar bly so lank as wat dinge agteruit gaan in die land.

Ek help graag ander mense, maar is baie selektief.

Aneja ·

Terwyl ek al hierdie kommentare lees sak my moed in my skoene. Ons is diep in die moeilikheid ALMAL VAN ONS. Maar soos in die verlede kan ons maar net eenvoudig nie saamstaan nie. Soos in die verlede of jul dit wil erken of nie het baie anderskleuriges saam met ons gestaan maar ons kan doodeenvoudig nie self saamstaan nie. As ons enigsins ernstig wil wees om ons land te red en ‘n beter toekoms vir almal te bou moet daar spoedig meer begrip vir mekaar ontstaan. Die uurglas loop leeg ons kan nie bekostig om te bly verwyt en tweespalt te saai nie. Helen Zille en Maimaine besef die erns van die saak ons moet nie hul taak nog verder bemoeilik nie.

Eps ·

Jy het miskien ‘n punt beet. Wat doen jy as jou familie klaar pad gegee het uit die land uit en die wat agter blu het nie werk nie of moet werk vir R4000/m met universiteitsgraad. Of noem jy dit maar net te sleg om ander werk te kry as jy gemiddeld B gekry het. Mense wat nie finansieel swaar kry kan maklik opinie lig en arm mense beledig. Wag tot jy in dieselfde posisie is en dan praat jy. Hoe sal jy voel as jou familie honderde en selfs duisende km van hul huis moet werk.

Hendrik ·

Anenja ‘n mens kan net saamstaan/saamwerk met intelligente mense. Ek kan ongelukkig nie saamwer/of stem vir iemand wat wetgewing ondersteun wat teen my gerig is soos bv. regstellende aksie.

Jacques Venter ·

Die skade wat sy die party en land berokken het is onberekenbaar.

n Goeie leier sou onder sulke omstandighede bedank het

Aneja ·

Jacques dink jy mooi voordat jy praat. Wat se onberekenbare skade het sy die land berokken. Ek was nog altyd onder die indruk ons het almal een gesamentlike vyand, die ANC. Goeie leiers wys nie voetsole as probleme opduik nie en almal van ons het verskeie sienings en opvattings, hierdie is nie tyd vir persoonlike geskille nie dit is ons land en vryheid wat op die spel is. Ons kan nie bekostig om verdeeld te wees nie. Dankie Helen en Muzi vir julle voorbeeld.

Derick ·

Jou lib, miskien moet Musi aan jou verduidelik wat so sleg is aan sy “Colonial Wife”

josephine ·

Soos ‘n kind oor die vinngers getik.
Dan lees ek ook op ‘n ander webblad dat Musi eers haar kommentare/ ens. moet goedkeur voordat sy dit gepubliseer mag word.
Kan jy glo hoe laag het sy gedaal?
As jy teen jou eie beginsels lieg dan is jy so ver verlore dat jy nooit sal kan terugkeer nie.

adriana ·

Ek stem saam Jacques. Sy het nou haarself net verder verneder en gewys dat sy rugraatloos is.
So kom die verraaiers en libs een vir een na vore. Nou weet ons waar ons staan- wel – ek weet.
As sy bedank het – sou sy haar waardigheid , integriteit en respek behou het.
Nou het sy alles verloor.

ek ·

Ai tog…die draadsitters. Ons stem vir jou o nee wag die wind wasi dasi kant toe ons stem nou nie mer vir jou ad nauseum…

ek ·

Jammer oor my vingerfoute…seker mense verstaan wat ek sê. Daar bestaan in elk geval GEEN politieke leier/party wat almal altyd tevrede kan/sal stel nie.

Ada ·

Ek wens ons kan ‘n nuwe ware leier kry .
‘n Afrikaanssprekende persoon met visie/integriteit/geloof/rugraat/wat respek afdwing en wat ons belange op die hart dra.
Gou genoeg voor die verkiessing.
Weet iemand van iemand met my beskywing?

anton ·

Ada, die leier/s waarna jy opsoek is is reeds 6vt onder die grond.

Elsje ·

As Jan van Riebeeck nie SA toe gekom het nie dan het die DA leier nie sy vrou ontmoet nie.Tannie Zille moes dit gese het

$ ·

Wat my irriteer is hoe ‘grootmeneer’ Mmaimane nou hieruit stap (en voel). Junior snip het nou vir Senior meerdere ore aangesit. Hy het by haar geleer wat hy van politiek af weet, nou byt hy haar en verneder haar (swart verneder wit, hoe lekker kry sy volgelinge tog nie nou nie!); o wee tog, sy het sy gesag ondermyn. In die begin was ek nogal beïndruk deur hom, was selfs trots op hom, maar ek het my respek vir hom stukkie-vir-stukkie verloor. Daai tweet met die klippe was die laaste strooi – terloops, waarom het ons intussen nog NOOIT weer iets daarvan gehoor nie? Vandag het ek geen respek meer vir hom oor nie.

Dit is duidelik dat klaas nou baas is; en ek verstom my dat HZ so gedweë in sy hand speel. Inderdaad het albei van hulle toe maar al die tyd nog toe voete van klei…

Eps ·

Stem 100% saam. Ek was ‘n mentor vanaf die laat 80’s toe ons gesien het dat daar veranderinge in die land kom. Ons was gretig om dinge op die regte manier bekom met behoorlike bekwaamhede. Hoe vinniger daardie mense gevorder hoe vinniger steek hulle jou in die rug. Hulle beskou jou as alles in hul oë totdat hulle gekry het wat jy vir hom beplan het en dan steek hulle in die rug. Hulle almal diesefde en daar is nie een wat jy kan vertrou nie. Wat verder die saak erger maak is as hulle hulself voordoen as christene. Ek gaan nie eers na ‘n kerk waar hulle is nie, want hul almal lieg.

Leendert ·

Mens hoef nie vir die DA te stem nie, die DA se beleid is dieselfde as die ANC, hulle is net nie korrup nie. jy stem vir die party wat jou belange op die hart dra, ook belang in jou taal het. As almal moet redineer dat die VF+ is te klein om ‘n verskil te maak, dan is my antwoord, maar kom ons ,wie se belange hulle op die hart dra stem dan almal vir die VF+, dan gaan hulle mos noemenswaardig groei. Al belang wat die wit mense by die DA tans het is omdat van hulle nog glo hulle stem DA om van Zuma en die ANC ontslae te raak. Dis egter net ‘n kwessie van tyd, dan gaan die ANC nie meer regeer nie. So stem dus nou al vir die VF+ dat hulle nou al vir jou belange kan veg.

Daniel ·

Die storie is nou al holrug gery en daar sal nooit eenvormigheid wees wat menings aanbetref nie. Ek vereenselwig my nie met ‘n person wat ‘n ander person in die rug steek vir eie gewin nie. Totsien DA.

Leendert ·

Maimane het die hele aangeleentheid glad nie goed hanteer nie, ook nie vandag nie. Ek het vir lank DA gestem, om dieselfde rede as die meeste ander Afrikaners, wat eerstens geglo het mens kan in die DA ‘n verskil maak, maar nee, die DA staan nie vir my Afrikaanse en Afrikaner waardes in ‘n multikulturele SA nie. Hulle is gesentreer op die swart mense se belange. Ek gee liewer my stem, soos die afgelope twee verkiesings aan my gewete en vir die Afrikaner se toekoms, ook betreffende my taal. En ek hou nie daarvan om teen gediskrimineer te word en as ‘n bywoner in my eie land behandel te word nie.

Ek weier om vir ‘n party te stem wat iemand anders se belange, en nie ook my eie nie, op die hart dra. Waarom sal ek myself verloën, net om vir iemand anders se belange te stem en my eie te versaak.

Jacques Venter ·

Aneja
As teenvoeter teen die ANC, het ons n sterk opposisie nodig. Vir n opposie om sterk te wees, moet dit die belange en ondersteuning van alle rasse geniet. Dis juis wat die DA doen. Nou vervreem Zille se optrede die swart stem. En die DA moes teen haar optree wat weer die konserwatiewe blanke stem vervreem.
Haar onbesonne optrede het dus die DA verswak juis op n tydstip toe die aandag sterk op ANC se korrupsie was

Leendert ·

Ek weet jy gaan vandag André Duvenhage se artikel, “die DA se ‘Spur’ oomblik” op hierdie blad lees en dit ter harte neem.

Ada ·

Jip Japie van Zyl is ‘n goeie opsie! Hy sal egter nie sy goeie job opgee nie!
Aan wie kan jy nog dink Jakes? Hierdie kommin manewales van die DA staan my nie aan nie – en ek sien baie ander stem saam – so – ons het ‘n nuwe leier nodig vir ons mense. Maar wie? Indien daar nou iemand na vore kom is dit presies die regte tyd om ‘n nuwe party te stig want al die gewese DA kiesers sal hul ondersteuning bied en ook ‘n groot deel van die Weskaap wat nie te vinde is vir ou Musi nie . Vir Musi gaan dit beslis nie oor die bruin of witmense nie- dis verseker. Landwyd sal die blanke bevolking dalk die doel insien van ‘n nuwe party wat na ons omsien. Musi verteenwoordig net die swart mense. Hy is ook hand op die blaas met die ANC en EFF. Ek glo die tyd is nou vir ‘n nuwe ou!
Maar wie?

Annamarie van Zyl ·

Dit wys net weer hoe die politiek van die land gegrond is op wanpersepsies en aanhits van haat. Niemand het meer onder kolonialisme gely as die Afrikaner nie, maar ons tjank nie daaroor nie, want ons het onsself opgehef. Nou wil almal kastig net Engels praat. Jammer DA erken n slag dat alles wat verkeerd is nie net Apartheid of Kolonialisme se skuld is nie. Maak die waarheid seer ?

Frans C ·

Volgens News 24 se beriggewing oor die saak het Hele Zille gesê:”Dat sy goed oor die saak nagedink het en tot die slotsom gekom het dat kolonialisme NIKS goed en opgelewer het”.

Die implikasie hiervan is dat kolonialisme net SLEG en NIKS goed vir die land en sy inwoners
was en dus nog steeds is,want hoe maak jy iets wat inherent so sleg is,weer goed?

As ‘n mens nie meer jou persoonlike siening van sake in die openbaar mag uitspreek nie,dan is daar iets verkeerd in ons samelewing.

Asjas ·

Goed gestel Frans, maak my bang vir die toekoms.
DA vaarwel geroep na SY tweet wat my persoonlik kwaad gemaak het.

janneman ·

Like a puppet on a string!!!!!
Dankie tog ek het ‘n keuse om voor te stem!

Elizabeth ·

Soveel dan vir vryheid van spraak … Zille is nou niks meer as ‘n stomgemaakte figurehead nie. Koebaai DA.

hein ·

Nou is sy ‘n niemand. ‘n Niks. Het geen voice nie. Het niks. Sal nooit weer iets kan se nie – sy het haar eie tong en gedagtes uitverkoop. Vir so ‘n rugraatlose verraaier kan ek geen respek betoon nie. Dit het sy ook verloor. Sy het alles verloor – Ook haar integriteit. Plaas dat die vrou bedank het en by haar standpunt gehou het – waarin sy geglo het. Kan net my kop skud.
D A gaan baie stemme verloor. Dit deur hulle eie rugraatloosheid en die feit dat hulle nie kan dink nie. Ook nie vooruit dink nie. What a lost case.

japie ·

n politikus bly n politikus.

enige persoon wat mag stem word as n kruisie gesien. julle vat alles persoonlik.jy sal n kruisie bly vir enige party.

Malherbe ·

What a looser!
Sy het erg kop verloor en dit net vir ‘n posisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.