Zille se kabinetskommeling ‘nie oor Afrikaners’

Helen Zille

Helen Zille

Die onlangse skommeling van die Wes-Kaapse regering, wat onder leiding van die DA is, het niks te doen met die kwota van Afrikaner-verteenwoordigers nie, het voormalige LUR vir gesondheid Theuns Botha gesê.

“Die media se bespiegeling oor een of ander duistere rede oor hoekom ek en minister [NomaFrench] Mbombo portefeuljes geruil het, is ongegrond en onwaar,” het Botha in ʼn verklaring gesê.

“Dit het niks te doen met ‘Afrikaners, Afrikaanses of die voormalige NAT [Nasionale Party] / DP [Demokratiese Party] samestelling’ van die DA nie.”

Helen Zille, leier van die DA, het op 31 Desember aangekondig dat Botha en Mbombo, voormalige LUR vir kultuursake en sport, op 1 Januarie portefeuljes gaan ruil. Botha het Saterdag gesê die besluit is as gevolg van mediese redes gemaak. “Ek het gesondheidsprobleme,” het hy gesê.

Botha sal van Februarie af vir twee maande siekverlof neem. Botha het gesê dat hy om dié rede Zille se aanbod om sy en Mbombo se portefeuljes te ruil aanvaar het aangesien dit “minder veeleisend” sal wees onder die omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Babs ·

Het lankal gewonder wanneer ons ‘n Minister van Gesondheid sal kry wat werklik gaan omgee wat in staatshospitale aangaan. Hoop Mbombo tree strenger op. Dit gaan nie net oor op fotos poseer by nuwe hospitale en dan daarna nie weer omgee wat daarvan word nie. Hierdie is ‘n baie belangrike portefeulje en alleen iemand wat die naam Minister van Gesondheid werd is moet aangestel word..

Hanno Visagie ·

Waarop grond jy wat agter jou “Babs” wegkruip, jou mening dat Botha as Wes-Kaapse LUR van Gesondheid nie omgegee het vir hospitale nie, nie streng genoeg was nie, en dit vir hom net gegaan het oor posering op foto’s?

Neptunus ·

Hanno, dalk verwar Babs die portefeulje van die LUR met dié van die Minister van Gesondheid?

Hanno Visagie ·

Dan ditto t.o.v. Aaron Motsualedi, Nasionale Minister van Gesondheid.

hennie ·

Zille se kabinetskommeling ‘nie oor Afrikaners’! Zille gaan bluf die man in die maan en kyk of hy jou sal glo!Jy bluf niemand behalwe jouself!

pop ·

Ek wonder of lees ek en ander mense die selfde dinge. Botha se mos nou hys siek. En sowaar!!!!!!Daar lees ander dat Zille hom te na kom en sommer die hele afrikanerdom. Ek gee op. Het julle tonnel visie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.