Zille skuif Winde na veiligheidsamp

Alan Winde skuif ná nege jaar as Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede na die uitdagende amp van gemeenskapsveiligheid. Foto: Twitter

Helen Zille het haar verwagte opvolger as Wes-Kaapse premier in die uitdagende amp van Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid aangestel.

Zille het Vrydag aangekondig Alan Winde neem dié amp oor by Dan Plato, wat Patricia de Lille op 1 November as Kaapstad se burgemeester vervang, berig African News Agency.

“Winde dien sedert die verkiesing van Mei 2009 met onderskeiding as minister van ekonomiese geleenthede,” sê Zille, wie se tweede en laaste termyn as premier met die volgende verkiesing tot ʼn einde sal kom.

“Hy het al per geleentheid gesê dat openbare veiligheid, tesame met sy voortgesette pogings om werk te skep, sy topprioriteit [as premier] sal wees.”

Die premier sê sy is dus ingenome om Winde in dié amp aan te stel. “Dit is gepas om hom in die aanloop tot die verkiesing regstreekse, praktiese ervaring in dié portefeulje te gee.”

Winde is die DA se kandidaat vir die Wes-Kaapse premiersamp in volgende jaar se verkiesing. Hy het kort ná die aankondiging getwiet: “Veiliger, welvarender en gelukkiger gemeenskappe in die Wes-Kaap waar mense geleenthede kry en hul drome bewaarheid kan word.”

Intussen is Beverley Schäfer, voorsitter van die portefeuljekomitee oor ekonomiese geleenthede, in Winde se plek as provinsiale minister van ekonomiese geleenthede aangestel.

Die DA het in die laaste provinsiale verkiesing (2014) amper 60% van die stemme in die Wes-Kaap gekry, wat ʼn volstrekte meerderheid van 26 uit die 42 setels in die provinsiale wetgewer aan hom besorg het.

In sy swakste vertoning in enige van die nege provinsies kon die ANC net ʼn derde van die stemme en 14 setels verower. Die enigste ander partye wat in die wetgewer verteenwoordig word, is die EFF en ACDP met een setel elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jannie ·

Sal baie graag wil weet wat hom kwalifiseer vir ‘n Veiligheidspos!! Hoe lyk sy CV, wonder ek!

Darius Els ·

Sal graag wil wie is die grootste hanswors in die DA.
Wil voorkom of daar net hansworse die party lei ,en wat hulle steun nie veel watts iutskop nie.

jaco ·

is sy ras “reg” vir hierdie pos? Die DA het dan TEN GUNSTE VAN die regstellende aksie wet gestem. Hulle pas dit seker ook maar net toe waar dit hulle pas. Maar nouja, dis hoe hulle beheer oor Nelson Mandelabaai verloor het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.