Zille soek weer toppos in DA

Helen Zille. (Foto: DA)

Die voormalige DA-leier Helen Zille het haarself in ʼn verrassende wending beskikbaar gestel as voorsitter van die beleërde opposisie se federale raad.

Sy het op sosiale media aangekondig dat sy haar benoemingsvorms ingedien het, nadat sy volgens haar deur verskeie senior leiers van die party genader is.

Zille wil James Selfe later vandeesmaand in hierdie pos vervang.

“As ʼn party is dit belangrik vir ons om introspeksie te doen en om die proses te begin om weer in voeling met ons kiesers te kom,” het Zille gesê.

Zille sê as sy tot voorsitter van die federale raad verkies word, is haar doelwit om die leierskap te ondersteun in hul strewe om bestendigheid in die party te bewerkstellig en die opposisie weer op koers te kry.

“Ek is lief vir die DA en die waardes wat die DA verteenwoordig. Vryheid, regverdigheid, geleentheid en diversiteit. Suid-Afrika kan nie slaag as die DA nie slaag nie.

“Ek is bereid om hard te werk en my rol te speel om ons demokrasie te red.”

Zille se aankondiging op sosiale media.

Zille het ʼn kleurryke dissiplinêre rekord in die party. Die DA het haar al vantevore berispe, onder meer oor opmerkings waarin sy probeer het om sekere aspekte van kolonialisme te verdedig.

Haar termyn as Wes-Kaapse premier het vroeër vanjaar geëindig toe sy ná die verkiesing deur Alan Winde opgevolg is.

Zille was daarna betrokke by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV). ʼn Lid van die IRV het vroeër dié week vir omstredenheid gesorg toe ʼn beroep op DA-leier Mmusi Maimane gedoen is om te bedank.

Die IRV het voorgestel dat Winde hom opvolg.

Zille se aankondiging kom te midde van aanvalle uit verskeie oorde, insluitend van binne die DA, op Maimane.

Hy is onder meer in die spervuur oor sy huurhuis in Kaapstad wat aan ʼn vriend behoort, asook oor ʼn Toyota Fortuner wat die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, vir die party se gebruik beskikbaar gestel het. Maimane het self erken hy het eers vier maande ná die Steinhoff-bom ontplof het, die voertuig teruggegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Aksie SA ·

Opportunisme in die ergste graad! Dis dalk ook ‘n goeie ding, want dan sal die DA nog vinniger in sy eie braaksel verstik… duidelik was die IRR gras minder groen as wat sy gehoop het… magsverslawing was nog altyd politici se ondergang!

Alet ·

Ek het vir die DA gesê ek weier om vir hulle te stem nadat hulle vir tannie Helen so sleg behandel het. Wel duidelik het hulle vir my geluister want stemme het hulle drungend nodig.

Gert J ·

Nie so seker nie, dit is nie n goeie ding nie. Tannie Zille het haar beurt gehad en dit .MISBRUIK. Sy het gedink sy is n tiener dogterjie en mal geraak op twitter

risipit ·

Tannie, klim van die perd af [terwyl die stil staan]. As jy nie van sosiale media wil afklim nie, waar jy vinnerger tik as wat jou verstand dink, gaan jy net groot moeilikheid vir almal veroorsaak.

Ellisras ·

Vra vir Trump. Poletiek en sosiale media meng nie. Ek bewonder Helen, maar sy moet haarself speen van sosiale media.

Boerseun ·

Verduidelik jou Trump stelling, dit maak nie sin nie aangesien hy president geword het deur sy sosiale netwerk platvorm . Hy is op sosiale media omdat die links gesinde media n agenda het en sy woorde verdraai.

Theoman ·

Nou ja DA kry die ou has been vir julle, good luck en sien nou al moeilikheid tussen haar en Musie die 2 kan mekaar nie verdra nie, hoor ek maar in die wandelgange van die DA. Dankie tog eks n VF+ ondersteuner.

Pro-Zille ·

Dankie, mev. Zille, met hierdie goeie nuus sien ek weer kans vir baie dinge! Jy is en bly ‘n vrou van faam.

Martin ·

Sy is net nog n liberaal wat aandeel in die gemors van die land het

Weernfixit ·

Wat geskiedenis my al geleer het as n Mr/miss “fixit” eers op toneel verskyn. Met sy glimlaggende kamerade in die munisipaliteit dat niks “gefix” word behalwe dat die heffings tariewe op dienste 3 keer meer word en verder bly als steeds dieselfde net verskil is “fixit” het die raad oorreed om als te verhoog. Dan is sy “fixit” werk klaar en hy/sy kry Dan n groot pensioen pakket en n blad skud. En Dan is als weer 100 persent nog steeds in n haaglike toestand en probleme dieselfde en swak diens waaroor ons nou meer moet betaal voor.

Boerseun ·

Ek noem hulle die hi low mense, kom in met n gejuig en gaan sonder n piep.

gatiep ·

Jy lyk te vaal vir daai job madam,gee maar eerder vir job vir malema.DA lede sal dan baie meer raak en die wat klaar daar is sal baie gelukkig wees.

Cherokee ·

In hierdie verwerpte land, wat gedaal het na die vlak waar dit is, is daar darem ‘n paar mense wat vir glimlagte sorg, al is dit wrang laggies. Die DA (lees Zille) aanhangers, is selfs meer komies as die DA wat blankes en Afrikaans beveg, en dan met tussenposes, daardie week van die maand bereik. Die week waarin Afrikaans (nee, nou oordryf ek, nie Afrikaans nie) maar boere verdedig word, en die DA so pro-wit as moontlik probeer voorkom. Zille is komies maar haar aanhangers oortref haar.
Reg Zille-aanhangers, hier kom ‘n vraag (nee twee) en julle het 15 sekondes om te antwoord. En moet nie afloer nie! Julle intelligensie word getoets.. 1. 2.. 3.. Righto!
1. Watter politieke party het deur die vorige bedeling se jare, hulself beywer vir swart oorheersing? (ag okay, vir ‘n swart regering)
Moet nie tyd mors nie..dink!~
2. Nadat Helen Susman en Van Zylslabbert se Progresiewe Party afgetree het, watter politieke party het in hul plek oorgeneem?
Toe.. toe.. toe! Nie afloer nie! Antwoord!!!

JJ ·

@ CHEROKEE. Jy sê baie en sê verseker niks. Stig asb dan n eie party “Protect you from yourself”

sweis ·

Cherokee,ek kon dit nie beter stel jy slaan die spyker op die kop.

Ruiklont ·

Sy kan net ‘n reuse bydrae tot die DA wees, indien haar aanbod nie aanvaar word nie sal dit net “polities korrekte” besluit wees en beslis nie wat die beste vir die DA en die mense van die Wes Kaap nie

jaco ·

wit wit wit. is daar behalwe Maimane dan GEEN swart of bruin DA-lede wat hierdie senior partyposte kan vul nie? Leer die DA dan NIKS uit hulle fout met Trollip as burgermeester van Nelsonmandelabaai nie?

Kallie ·

Jy het jou kolfbeurt gespeel my tannie. Tree af en geniet jou oudag. Jou geliefde DA is ‘n sinkende skip.

Adam ·

Nog ‘n vuisvoos politieke “bokser” wat ‘n terugkeer wil maak. Vergeet daarvan en vinnig ook.

dmeyer ·

Dit is n fout. Sy het haar tyd gehad en dit was goed. Om nou terug te keer gaan sy haar reputasie skade aandoen. Nadat sy uitgetree het, het die party begin om te verval. Moenie probeer om die stukke op te tel nie. Daar sou meer sin in wees om n nuwe party te begin. Aan die ander kant – Zille is oud. Stok horing oud. Haar oordeel is uit.

@dmeyer ·

Te oordeel aan jou kommentaar, sal jy maar sleg afsteek indien jy Zille se ouderdom bereik. Hoop sy is terug maar sy moet asb nie tweet of dans nie. Moenie na sekere standaarde daal nie, behou jou trots.

Cherokee ·

dmeyer, dit was so snaaks, ek moet vertel. Mens lees mos in breukdele van sekondes in in daardie onmiddellike opslag het ek gelees ‘duimryer’ (in plaas van dmeyer).

schaun ·

Daar sal n dag kom nie ver van nou wat die Vf+ die DA gaan verby steek en die afrikaans sprekende burger in SA sy regmatige plek gaan inneem.

Dolf ·

Nee, die demografiese realiteite is teen wit Afrikaanssprekendes.

Linda ·

Die tyd het aangebreek vir Zille om nou op pensioen te gaan, sy is te oud. Tuis te bly en koekies te bak asb !!!

Oom Okkert Stywe Arms ·

Die ware demokrasie is wanneer elke volk oor hom self regeer, in vrede. SA het n demo crash sie.

Realis ·

@Linda – Auntie Zille lyk nie vir my soos die koekies bak tipe nie!! Sy verkies Social Media & dans saam het haar trawante! LOL

Leser ·

Sy is gevaarlik.
Ook maar hand op die blaas met anc en eff.

O Koek ·

Dis tyd ons wit vrouens begin om meer en vinniger kinders te baar om die demografie te balanseer sommer al van 16 jaar af dan kan ons wen!

Cherokee ·

O Koek! Verduidelik asseblief.. is hierdie ‘n vakature advertensie?

O Koek! ·

Ja ek praat namens almal ons Boervrouens is mos taai verby vra maar die Engelse!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.