Zille wél verkiesbaar as leier van federale raad

Helen Zille. (Foto: ANA)

Nadat Helen Zille haar verlede week in ʼn groot politieke verrassing verkiesbaar gestel het as voorsitter van die beleërde opposisie se federale raad, was daar bespiegelings dat sy nié aan die stryd om die toppos sou kon deelneem nie – hoofsaaklik weens een van haar omstrede twiets.

Zille is geen vreemdeling vir sosiale media nie en haar uitsprake het haar al groot kritiek op die hals gehaal.

Business Day het Maandag berig die DA win regsadvies in oor óf Zille wel verkiesbaar is. Dít nadat sy in Januarie verlede jaar ʼn ooreenkoms met die party bereik het om uit alle partystrukture te bedank na haar kommentaar op sosiale media dat kolonialisme nie nét sleg was nie.

Désirée van der Walt, die DA se voorsittende beampte vir die federale raadsverkiesing, sê die party het kennis geneem van foutiewe berigte dat hy ʼn regsmening daaroor inwin.

“Ons wil die bewering verwerp.”

Van der Walt het gesê as voorsittende beampte is sy tevrede dat almal wat benoem is aan die bepalings voldoen.

Zille is een van vier kandidate wat haar vir die pos beskikbaar gestel het. Die ander is Athol Trollip, tans die DA se federale voorsitter, Thomas Walters, die huidige ondervoorsitter van die DA se federale dagbestuur, asook Mike Waters, die DA se federale ondervoorsitter.

James Selfe beklee tans die pos. Sy opvolger word tussen 18 en 20 Oktober verkies.

Van der Walt het gesê kandidate word weereens daaraan herinner dat geen negatiewe veldtogte gevoer mag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frik Lotz

Die DA is op die afdraande pad en niks of niemand kan dit keer nie. Ondersteun eerder die VF Plus en weet daar gaan omgesien word na jou belange en geveg word vir jou regte. Die DA se rakleeftyd het lankal verstryk!

Kootjie

Ek is baie bly sy het haar weer beskikbaar gestel!! Ten minste ken sy politiek!! En ek stem weer vir haar!!

Cornelia

Komaan***** gee haar n kans. Ons sal sien of dit gaan werk

susan

Lekker vet salaris

susan

En “n motor en huis vanaf Steinhoff. Lekker man lekker