Zille wil Bosasa-kontrakte ondersoek

Premier van die Wes-Kaap, Helen Zille (Foto: ANA)

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die provinsiale regering opdrag gegee om bestaande en vorige kontrakte met Bosasa te ondersoek ná bewerings dat die maatskappy betrokke was by grootskaalse korrupsie by die regering.

“Ons wil proaktief kontraktuele verhoudings met Bosasa ondersoek in die lig van dit wat nou by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping onthul word,” het Zille se kantoor Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Ons is ʼn skoon regering met streng beheer en antikorrupsiemaatreëls. Ons wil proaktief optree om die publiek se vertroue te bevestig in ons toewyding tot deursigtigheid en aanspreeklikheid.”

Die premier het provinsiale departement opdrag gegee ná onthullings deur die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, oor beweerde korrupsie deur Bosasa-hoofde en senior staatsamptenare en politici.

“Ek glo alle regerings, en veral die nasionale regering, moet dieselfde proses ondergaan,” het Zille gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kobus ·

“Pro-aktief” optree na al die vrot pampoene reeds op die vloer lê ? Ai antie Helen, dis nes die DA operate, die ou DA hennetjie lê gedurig `n ou wind eiertjie weke of jare na die krisis tyd, nou wil sy dit ondersoek….eish. Dans so biejie minder en kyk meer wat op die vloer van jou party aangaan.

CW ·

Dink jou kommentaar is onregverdig. Sy is die enigste premier wat so optree. Se eerder dankie. Terloops, ek stem VF+ nie DA

Ellisras ·

En Helen stel ‘n belasting boikot voor as niemand vervolg word vir Staatskaping nie. Ons moet begin moeilikheid maak as nie ALMAL vervolg word nie.

Johanna Botha ·

Die kan verseker nie goed wees vir mens se gemoed na jare se geveg teen alles wat verkeerd was in SA as liberalis om nou so uit gekoggel en onder die mat ingevee te raak deur die einstes mense wie jy so voor opgestaan en geveg het oor die jare …was dit tog alles die moeite werd as mens sien hoe almal …mens, dier plant gebou en gemoed verwaarloos en vernietig staan en dit lyk of alles net meer agteruitgaan tsv al die edele pogings ?

zoom zoom ·

Helen. Daar is ‘n gesegte in engels wat sê ” DON’T TELL US. SHOW US”

Johan H. ·

Kan nie wag vir daaie boykot nie,,,,Dit sal hulle baie seer maak,,,,, So manne begin die lot skelms vervolg, waarvoor wag julle????

CW ·

Hulle wag vir jack ramaphosa maar hy se nooit niks tensy hy in buiteland lieg oor plaasmoorde en beleggings wat land glo inkom maar net hy van weet. niemand anders weet daarvan en die syfers se hy lieg

jz ·

Hoekom begin ek wonder oor Cheeky Watson se groot sponser vir die EP Kings wat nooit gebeur het nie ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.