Zille wil stadion na Wayde vernoem

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het voorgestel dat die Groenpunt-atletiekstadion na die Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen, Wayde van Niekerk, vernoem moet word.

Zille het gesê Van Niekerk se prestasies, waaronder die 400 m-wêreldrekord wat hy by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië verbreek het, verdien verering.

“Dit is buitengewone prestasies, veral vir ʼn 24-jarige universiteitstudent. Ek glo dit sal behoorlik wees om mnr. Van Niekerk te vereer, deur die huidige Groenpunt-atletiekstadion na hom te vernoem. Hy het sy land, sy tuisdorp en provinsie se naam hoog gehou,” het Zille Woensdag gesê.

Sy het gesê om die stadium na hom te vernoem sal nie net bloot as ʼn herinnering dien van sy ongelooflike verhaal nie, maar dit sal ook as ʼn inspirasie dien vir talle ander jongmense, om te wys “dat enigiets moontlik is, met die regte kombinasie van dissipline, harde werk en toewyding”.

Zille het gesê Van Niekerk se Olimpiese prestasie is maar net deel van sy reeds indrukwekkende reeks prestasies. Hy is ʼn student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

Zille het gesê sy het ʼn skrywe gerig aan Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lilile, waarin sy voorstel dat die stadion hernoem moet word.

Lees alle vorige berigte oor Wayde van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Vytjie ·

Aggenee Zille… wil jy ook soos die ANC alles na iemand vernoem.. ek voel als moet sentrale name gegee word.. soos blomme of diere of iets der voege.. more is die naam weer polities.. name en vanne bring verkeerde konnektasies op die end.. groenpunt stadion klink goed..

Verstom ·

Is Helen nou van haar kop af? Waar gaan ons genoeg stadions kry om al ons vorige goud-wenners te vereer?

Sam ·

Kyk die mannetjie is vinnig en hy het ‘n goue medalje verower.. Ja dis omtrent al. So vir wat ‘n stadion na hom vernoem? Ag nee man Zille moet haar kop laat lees om dit te wil doen. Mors van geld en hier dog ek nou die DA wil geld spaar?!

Dewet ·

Aiai het sy niks om te doen nie plaas sy eerder iets se wat die land gaan help soos oor die betogings en die afbrand van als.

Koesyn Bold ·

Mama Zillie, as jy dit nou regtig wil down … Sit net ‘n tipe gedenkteken op en doen dit met borge dat dit julle niks kos.

Jakobus ·

Klink soos ‘n ANC haas uit die hoed? Dalk vir stemme werf? (As die voorstel nie van die DA se Zille gekom het nie, sou ek nie gewonder het nie. Ek glo nie Maimane of De Lille sou met so ‘n voorstel kom nie.)

Zoro ·

Ag fooi tog! Wayde het sy prestasie te danke aan die Vrystaat – los jou valsheid en aandag soekery uit, doen liewer iets aan die dwelms waarin jou provinsie gemarineur is .

TZ ·

die idea agter die vernoeming sal dien as inspirasie volgens me zille, dit is presies dalk die rede waarom sy dit doen om die dwelms in die provinsie hok te slaan deur diejong kinders te wys as jy hard werk en uit jou omstandighede opstaan kan jy soos Wayde wees of soos die 14 jarige Paralympian. Sy sukses is te danke aan die vrystaat , maar hy is `n nasionale simbool nes enige ander goue medalje wenner. dalk is dit presies wat ons moet begin doen in suid afrika , ipv om strate en dorpe na politiese name te vernoem, eerder dit begin te vernoem na elke sport ster wat uit die land uit kom,

Jakobus ·

Ek stem nogal met jou, dan kan ons al die WB sokkerstadions na hulle vernoem, sterre met die vanne van , Potgieter, Muir, Player, Nash, Roux, Van Vollenhoven, Lampbrecht, kom by my op.

Stem saam ·

Identifiseer vir ons ‘n paar goeie rolmodelle waarna jong mense kan opkyk en oor trots kan voel. Dit toon dat moeite en harde werk/oefening beloon word. Goeie positiewe motivering!

vytjie ·

Jy vernoem hom nou en daar ‘n paar wat dink….mmmm… ek kan ook… oor twee of drie jaar weet niemand meer nie wie die jong man was nie…dan dink hulle, veral die deesdae hoogs geleerde aanstelling, dit moet polities wees en verander die naam weereens…. die idee is dalk vir nou mooi, maar als werk met ‘n “5 jaar “beplanning nie ‘n “groot oomblik” beplanning nie… Gaan almal oor 5 jaar weet wie hy was?

TAStrydom ·

Karin Muir het op 12 jarige ouderdom ‘n wêreldrekord verbeter, nog vele daarna, en die munisipale swembad is na haar vernoem. Nog nooit enige besware daarteen gehoor nie. ( dit was meer as veertig jaar gelede)

jaco ·

mooi gebaar maar die nasionale regering sal dit nooit aanvaar of goedkeur nie, want sy velkleur is nie reg nie. Hulle verskoning sal die nou reeds geykte “you are not black enough” wees.

Maria van Dieweeck ·

Goeie idee. Ten minste nie weer n obskure anc “comrat” naam nie. Wayde is hardwerkend en n goeie rolmodel vir jonges.

Hennie ·

Ag nee Zille! Is jy nou alweer besig om by die ANC g*t te kruip?

Theresa B ·

Liewe aardetjie tog. Ons is almal trots en bly vir ons atlete, maar moet asseblief nie ‘n afgod van hulle maak nie. Helen, jy ruk darem nou die dam hoor!!

Johanna Botha ·

En was as hy dalk oor n paar jaar van nou sy girlfriend seermaak of iets ….wat dan ? Bly weg van mense name …Groenpunt is neutraal en mooi en werk vir almal en is ewigduurend en kannie teleurstel soos mense …

Ouma mix ·

En wat van Caster? Syt ook n rekord gebreek? Ek vra ma net?

Kiepie ·

Nee Ouma Mix, Caster het nie die wêreldrekord verbeter soos Wayde nie.

Johann ·

Ek lees nou die kommentare. Ek het ‘n voorstel, as hierdie van Zille weer ‘n tendens moet laat posvat (geen ander WB stadion in SA is na ‘n mens vernoem nie) om stadions na mense te begin vernoem om hulle te vereer, wat van Nuweland Krieket Stadion na Jacques Kallis vernoem?

Erich ·

Goeie idee – die jong mense van vandag het huidige “Kampione” nodig om hulle te motiveer.

Koos1 ·

Ek het in beginsel niks daar teen nie, maar dit mag ons as belasting betalers NIKS kos nie, en die beleid moet dan konsekwent toegepas word, en ek dink hier le die knoop.
Wayde se wortels le dalk in die Vrystaat, maar moenie van sy afrigter vergeet vat ‘n Namibier is nie, Hulle is nou beide vir my Suid Afrikaners!

Raynette ·

Ek dink dis n wonderlike idee, beter as om plekke/strate na sogenaamde “struggle helde” te vernoem. Hy is definitief n inspirasie vir jongmanne!

Uvonka ·

Lekker laf die Tannie. So baie ander probleme daar wat daadwerklike aandag kort en nou wil sy haar neus indruk waar hy nie hoort nie. Tsk! Skerp kommentaar KarooKlong!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.