Zim-ambassade kap EFF oor uitlatings

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP, File

Die Zimbabwiese ambassade in Suid-Afrika sê hy het met “algehele ongeloof” kennis geneem van die EFF se uitlatings oor die onlangse besluit om wit boere te vergoed.

Maroela Media het vroeër berig Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, het Woensdag ʼn ooreenkoms met wit boere onderteken om hulle VSA$3,5 miljard ter vergoeding te betaal nadat hulle twee dekades gelede van hul grond afgeskop is, dikwels met geweld.

Die EFF het in reaksie op dié besluit gesê Mnangagwa is óf verkeerd ingelig oor die werklike oorsaak van die krisis in Zimbabwe óf het bloot geswig onder die druk van “wit oorheersing”.

Volgens die EFF was dit nie die destydse Zimbabwiese regering, onder leiding van pres. Robert Mugabe, se besluit om wit boere se grond te beset nie, maar eerder die man op straat en die land se oorlogsveterane wat grond wat aan hulle behoort, teruggeneem het.

Die party beskuldig Mnangagwa nou daarvan dat hy die mense van Zimbabwe verraai deur wit boere te vergoed. “Mnangagwa urineer nie net op die grafte van die vele heldhaftige mans en vroue wat hul lewe neergelê het vir die terugneem van Zimbabwiese grond nie, maar doen skade aan Robert Mugabe se nalatenskap van wie hy gewelddadig die mag in ʼn beginsellose staatsgreep oorgeneem het.”

Die EFF beskryf die besluit verder as ʼn slag vir die “idee van dekolonialisering” en meen dat Mnangagwa onthou sal word as ʼn “ideologiese amoeba sonder die vaagste benul wat bereid was om die belangrike bydraes van die struggle prys te gee sodat wit mense van hom sal hou”.

Die EFF sê die krisis in Zimbabwe is nié weens die destydse besluit om wit boere van hul plase af te skop nie, maar eerder ʼn politieke krisis weens jare lange wanbestuur deels aan die hand van Mnangagwa.

Die Zimbabwiese ambassade in Pretoria sê hoewel hy hom vantevore daarvan weerhou het om te reageer op die EFF se uitdagende uitlatings, kan hy nié nou swyg oor die EFF se aanspraak om meer oor die geskiedenis en politiek van Zimbabwe te weet as Zimbabwiërs self nie.

“Die ondertekening van hierdie vergoedingsooreenkoms is ʼn belangrike stap in die vereniging van Zimbabwiërs in ʼn poging om ʼn lang uitstaande, uiters emosionele en verdelende kwessie tot ʼn einde te bring. Hierdie ooreenkoms moet verwelkom word deur diegene wat Zimbabwe se belange op die hart dra,” lui ʼn verklaring deur die ambassade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Chris dupreez ·

Aag Malema bly stil en gee eerder die VBS geld terug.

Pieter ·

Die klomp Eff karakters is nie oor dit of dat nie, hulle haat en rassisme is diep in die wortel vas. Eff moet eenvoudig net uit enige politiek verwyder word, want hulle het geen land se belange of hul mense se belange in gedagte nie, maar wel hulle mags beheptheid en die rede dat hulle nie welkom voel in hulle eie vel nie.

lollapot ·

Hulle is ‘n BAIE goeie advertensie vir ons Blankes se omstandighede in die Buiteland!

Suzette ·

En die eff het, soos gewoonlik, nie idee waarvan hulle praat nie….

Cindy ·

Leer jou les Malemmer, want dinge gaan BAIE leliker uitdraai hier as wat dit ooit in Zim was…

Kerneels ·

Malema braak hierdie gal omdat hy bang is sy “expropriation without compensation” veldtog implode. Hy het nie veel anders om die EFFers mee op te sweep en nuwe lede te werf nie.

LiveAndLetLive ·

Ag EFF en hulle rasse haat – dit is natuurlik omdat wit boere trekpas gegee is man.
As daar van EFF ontslae graak kan word sal SA ook kan vorentoe beweeg. Julius heel eerste natuurlik.

Misky ·

Lekker en ek hoop hulle sit hom mooi op sy plek. Net bewys dat hy nie benul het waarvan hy praat nie en geskiedenis gedop het op skool. Snot neus weet kamstig meer van ander se geskiedenis as hulle self. Selfde met SA en maak sy eie stories op en glo dit en breinspoel die klomp 30%-slaagsyfer-dommies….. Idioot!!!

Juls ·

Pasop, baie van die volk handhaaf dieselfde idees as Malema, g’n wonder ons loop so deur nie…

Persheks Adri ·

So is die boer nodig vir kos as jy nooit aan dit gedink het nie ou rooies

Christel ·

Pleks Mnangagwa vir Julius `n bietjie orienteer (oor en teer) sodat hy kan wakker word. Dit wat Zimbabwe gedoen het is naby vir SA en kyk wat het in Zimbabwe gebeur na dit, alles het platgeval. Nou moet hulle kop in skaamte laat sak en omverskoning vra vir die foute van die verlede. Well done Mnangagwa, wens die politieke leiers in SA wil hul oë oopmaak en leer uit ander se foute, but it’s gonna be too little too late.

Oujongvrou ·

En waar is mugabe wat so wonderlik was se mense nou mnr Malema. Hulle het nie kos, inteendeel hulle het niks , nie eers grond nie. En dis seker wat jy vir jou volgelinge se, dat jy die enigste een gaan wees wat iets het en hulle niks. Of lieg jy vir hulle???

marius ·

Klim dan in ‘n vliegtuig en gaan gil en brand eff aanvoerders . Die vlug sal geborg word …. eerste klas .

Drico ·

En so draai die wiel…baie bitter stadig, MAAR hy draai! Ons moet net aanhou bid en vra vir Vader se genade, Sy hand sal beskerming bied.

Tokkel ·

Malema dink en redeneer soos ‘ vyfjarige seuntjie. Hy saai net rassehaat in ons mooi land. Pleks hy betaal die VBS geld terug, sodat die armes kan ‘n beter lewe hê. Sy opstokery van mense maak my naar en dit is al holrug gery.

Hennie ·

Mugabe se nalatenskap? Hahahaha haha haaaa ha ha! Watter nalatenskap swartman Malema, watter nalatenskap? Praat jy van die spoed waarteen swart Zimbabwiërs sterf? Die ongekende hongersnood in Zim? Hoeveel van daardie pragstuk plase funksioneer vandag nog? Hoeveel werk en wrlvasrd word daar geskep? Net mooi NIKS! Jy, Mal Malemma is ‘n uitmuntende idioot!

Jakes ·

Gewone mense wat nie grootpraters, liegbekke of diewe is nie, sal alles wat Malems kwytraak as lagwekkend beskou. Hy bly n nar.

Gato ·

Kan iemand asb vir my verduidelik hoekom die media enigsins vir Malema lugtyd gee.
Hy behoort geignoreer te word en sy belaglike uitsprake moet in geen media gepubliseer word nie dan sal hy dalk iewers vorentoe die boodskap kry dat die twak wat hy kwytraak niemand interesseer nie. Sy eie ouma het blykbaar gesê sy moes hom meer pak gegee het toe hy klein was.

Hennie ·

Nou hoekom gaan Julius nie Harare toe en stook die mense daar op nie. Vuur sommer ‘n paar skote in die lug om te wys jy is ernstig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.