Zim-boer terug hof toe oor sy plaas

Phillip Rankin en sy vrou Anita Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/The Telegraph

Phillip Rankin en sy vrou Anita Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/The Telegraph

Die Zimbabwiese tabakboer Phillip Rankin het weer die Harare-hooggeregshof genader en die polisiekommissaris-generaal van minagting van die hof beskuldig oor sy versuim om ʼn vorige hofbevel uit te voer.

Die vorige hofbevel het polisiebeamptes opdrag gegee om plakkers van sy plaas te verwyder, nadat hy self in Januarie uitgesit is.

Plakkers het die plaashuis in die noordooste van Zimbabwe beset en voer aan die plaas behoort aan die Zimbabwe-gebore Britse dokter, Sylvester Nyatsuro. Nyatsuro bedryf ʼn kliniek in Nottingham in Engeland.

Die polisie het Rankin in Januarie gedwing om sy plaas te verlaat. Beamptes het al sy meubels en persoonlike besittings verwyder en dit by ʼn pakhuis gaan aflaai.

Polisiewagte het Rankin en sy vrou Anita verbied om na die plaas terug te keer.

Plakkers, wat nou al ʼn paar maande lank in ʼn kothuis op die plaas bly, het by die plaashuis ingetrek toe Rankin uitgesit is. Hulle is steeds daar.

Rankin was in Maart suksesvol met sy dringende aansoek by die hooggeregshof, dat Nyatsuro uitgesit moet word en hy na sy huis kan terugkeer. Prokureurs wat Rankin verteenwoordig, het gesê die polisie het egter die hofbevel geïgnoreer en geweier om die plakkers uit die huis te verwyder.

Talle persone vermoed Grace Mugabe, ʼn vriendin van Nyatsuro se vrou Veronica, speel ʼn rol in die grondgryp. Veronica doen aankope vir Grace in Engeland en keer gereeld terug na Zimbabwe. Grace en haar man, pres. Robert Mugabe, is verban uit Engeland.

Rankin se plaasimplemente is steeds op die plaas en hy sê hy wil terugkeer om verder te boer. Hy betaal steeds sy werkers. Hy kon hulle telefonies opdrag gee om die grootste deel van die tabak te oes wat nog in die grond was toe hy uitgesit is. Hy het dit in Harare verkoop. Rankin sê egter die siklus van sy tabakvervaardiging is ernstig geraak deur sy uitsetting en hy sal nie sy kostes kan verhaal nie.

Die polisie het ongewoon in die Rankin-saak opgetree. Die polisie het nie enige van die wit boere bygestaan tydens die duisende grondgrype ná 2000 nie, selfs nie eers toe die howe dit onwettig verklaar het nie, maar hulle het ook nie ʼn aktiewe rol gespeel om grondbesetters te help, soos hulle met Rankin gedoen het nie.

Ongeveer 4 000 boere het hul plase en huise sedert 2000 verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

At van Jaarsveld ·

Gaan steek aan die brand wat jy nie kan kry swaer

Pietskiet ·

Daai is ons voorland hierfie Afrika. Noord…Oos…suid en wes gaan geplunder word en grond gryp gaan soon gr1. Lessies lyk ons kan ons reg maak vir slegter dinge

Jan maak n plan ·

Dis nie n geval van as dit hier gaan gebeur nie, dit gaan binne kort gebeur. Is daar nie nou die dag n man amper keelaf gesny deur n klomp plakkers op sy plaas nie. Hierdie is verseker ons voorland. En moenie dink omdat jy in die stad of dorp bly jys veilig nie.

Johann ·

So terwyl ons in ons kommentare so wys is in ons waarnemings en toekimsvoorspellings…WAT GAAN ONS ACTUALLY DOEN…om dit te verhoed?

Andrea ·

Dít is die boerpotvraag!
Is daar êrens iemand met n idee/antwoord?

vierkleur ·

Wel malema het klaar oorlog teen ons blankes verklaar, so dan is dit oorlog wat ons gaan maak om weer vry te wees.

John ·

Ek hoop al die tabakplase in Zimbabwe verval tot wildernis en onkruit. Om verslawende middels wat mense gesondheid verinneweer te bemark en te huil as jou gedrogtelike geldmakery in die wiele gery word, is skandalig. Ek hoop die nuwe base sit net heeldag in die son en rus en rus.

Tinktinkie ·

John so moet elke suikerriet plaas afgebrand word?? Diabetes lei in tot 36% van gevalle eerder na dood as rook!!! Ek kan aan n paar ander vervaardigers van “doodsmiddels” ook dink! As jy teen rook is…wonderlik! Dis vrye keuses, solank dit daar is, gun die mense wat dit geniet en die vervaardigers hulle eie keuses!!!

Berhalet Beukes ·

Ai… Kom ons fokus op tabak en nie op die inhoud van die artikel nie…

Ben Prinsloo ·

Ek is seker nou die beste stuurman wat aan wal staan maar wat maak die blanke boere nog in Zim? Kom daar uit.

Rupert Ashford ·

En as die konsensus wat hier in die kommentare oor SA se voorland dan waar word, wat maak die Boere dan nog in SA? Hierdie is ‘n verskriklike ding wat wag om te gebeur…

KarooKlong ·

Frans, die roer beteken niks as daar nie ‘n gewillige operateur agter hom staan nie.
Wat my bekommer is of daar genoeg roere oor is om die nodige werk te doen.

Johann Marx ·

Hahahaa…Frans, vierkleur, KarooKlong….Kom ons dink so bietjie. Laaste blanke militêre inname in SA? 1988? 1989? 1990? Dus is jou laaste dienspligtige nou omtrent 44 jaar oud. So jonger as 44 sit jy met ‘n klomp slapgatte wat nie weet wat dit beteken om diensplig te doen nie. Van die 44+ manne is die mees suksesvolles die land uit. Ons maak alreeds NET 7% van die populasie uit. Uit 55 miljoen is hier dus so 3,8 miljoen blankes. Om die helfte mans en vrouens min of meer…dus 1,9 miljoen mans…waarvan 80% onder 44 is…dus het jy 380 000 wat ouer as 44 is. En van daai groep is 80% oorgewig, vol skete en pyne, onfiks en net grootpraters….Dit los jou met 76 000 weerbare mans wat 26 jaar laas enige militêre oefening gedoen het, en oor GEEN noemenswaardige toerusting beskik nie. En jy wil ‘n oormag van 48miljoen aanvat? …..en kom ons sê jy “roer” hulle en “wen”….WAT DAN? Jy sal nie lang genoeg leef om die “herstel” van die gevolge van jou plan se sien realiseer nie..

Rupert Ashford ·

@Johan Marx: Interessant die getal van 76000 wat jy by uitkom. Dit is min of meer dieselfde as wat in die Anglo Boere-oorlog geveg het vir die Boere.

André Marais ·

@Rupert Ashford: nogal Interessant ja 76000 wat vir die Boere geveg het maar wat was die getal van die Vyand – seker nie 50 Miljoen nie en Ek Glo natuurlik dat die 55 miljoen wat Johann Marx (met Respek) noem nie waar is nie Ek Persoonlik is van mening dat dit by nou al nader aan 70 miljoen is sou Jy die Onwettige aanwas by-reken. Maar net My mening – Lekker Naweek ALMAL hier by Maroela Media.

Henk Venter ·

SA, neem kennis – Dit wat hier in Zim gebeur het, het die afgelope paar jare en meer inbesonders die laaste jaar soveel meer, in SA gebeur, waar Zuma EN die ANC regering hulle gatte met minagting met hofbevele teen hulle afvee!! Dis nie net ons voorland nie, ons is klaar 100% in dieselfde gemors

KarooKlong ·

Henk, vir realistiese doeleindes van hierdie gesprek skat ons dit eerder 99% in dieselfde gemors.

Sarel ·

Johann Marx baie goeie feite, maar Geloftedag kom by my op en dan die verhaal van die verspieders met Kaleb se uitspraak. Miskien is dit tyd dat ons gee wat ons het en doen wat ons kan en laat God ons help met die tekortkominge. As ons blankes net kan saamstaan is die ding al halfpad gewen, maar party trek so dwars en kyk vir ASG hier-bo, ander besef nou nog nie dat daar moeilikheid is nie. Ek lees in n ander berig van een wat sê dinge was altyd so erg, dis omdat TV en media en internet nou die goed aan ons almal oordra dat ons net dink dis erg. Daar is wraggies mense wat dink niks is verkeerd in ons land nie, hoe vat jy n roer met sulke verdeeldheid.

Esmarie Pretorius ·

Dieselfde gaan hier gebeur as wat in Zim gebeur het en lyk vir my nog steeds gebeur, hulle dreig ons al hoe lank. En ons gaan doen wat die boere en mense in Zim gedoen het toe dit gebegin het, NIKS, Een boer na die ander gaan hulle grond verloor en almal gaan net se dit kan nie so aangaan nie! Ens ens. Ek bid dat die Here vir ons volk ‘n leier sal stuur, daar word die heeltyd verwys daarna in die bybel dat as ‘n volk swaar gekry het, dat die Here vir hulle ‘n leier gestuur het om hulle vry te maak/te red. Lees maar “Mugabe en die wit afrikaan” dan sal jy presies weet wat vir ons wag! Die polisie en weermag was kop in een mus met Mugabe, so moenie dink hulle gaan help nie, in teendeel die teenoorgestelde.

vierkleur ·

Johann Marx,

hoeveel van daai 48 miljoen het weermag opleiding gehad,waarvan jy praat?
Ons aanbid n magtigge GOD , en net soos bloedrivier ,waar ons teen n oormag moes baklei, het ons die oorwinning gekry, en ons sal dit weer deur ons GOD reg kry.

Jef ·

Johann Marx, ek kon dit nie beter gese het nie, mense hou geen rekening met die feit dat ons aantal gewys geen kans het teen so oormag het nie.

John ·

Tinktinkie, dit klink vir my of daar reeds ‘n deurbraak vir kanker is. Rook is een van die giftigste strawwe wat jy jouself kan aandoen. ‘n Mens betaal die sigaretvervaardigers om ure van jou tyd te mors en uiteindelik jou lewe vir hulle op te offer. Dis nou wat mens, totale dwaasheid noem. Elke boer wat tabak plant is gierig en dwaas en gee nie ‘n duit om vir sy naaste nie. Volgens medici verander die rookgewoonte die selsamestelling in jou brein. Jy laat dus toe dat daar gepeuter word my jou ‘rekenaar’ as skepping van ons Hemelvader en jy betaal daarvoor! Kom ons kyk hoe jy sal reageer as geld skielik uit jou bankrekening verduister word deur swendelaars.

Louise ·

Ja John 100% reg oor tabak, maar hierdie artikel gaan nie oor die skade wat tabak self kan aanrig nie. Maar wel die skade waardeur die arme WIT boer met sy gesin is.
Daar is baie skadelik goed in ons samelewing, drank, GIF stowwe, OORDOSIS medikasie alles wat relatief lang termyn skade kan veroorsaak.
Ons kan ongelukkig nie alles weg vat nie. Net hoop mense gebruik hulle integriteit….
Dis nie n GRAP om alles te verloor en teen n muur te baklei terwyl ALMAL op die regte plekke hulle self ryk maak uit ander mense se goed deur hulle kamstige MAG.

Theuns ·

As ek al die kommentare lees, en almal verwoord die bekommernisse van ons mense nou en hier in Suid Afrika!, dan gaan my gedagtes terug na gebeurtenisse in die verlede! Ek hoor ook die hulpgeroep “wat doen ons nou?” Die groot fout wat ons kan maak is vir al die goeie mense om niks te doen nie! As jy niks doen nie en op beloftes lewe dat dit beter sal gaan of dat dit wat jy vrees nie gaan gebeur nie dan kan die volgende gebeur. Jy word geleidelik na die slagpale toe gelei soos wat met die Jode gebeur het en in die uiteindelikke massamoord van 6 miljoen Jode!! Van julle sal onthou hoe baie Afrikaners voor 1994 gewaarsku het dat sekere dinge gaan gebeur en dit het gebeur!!! Hou maar jou roer byderhand en veg tot die dood toe as dit moet! Of ondersteun AfriForum, Solidariteit en Die Boodakappers .(Herman Toerien, Leopold Schotz en ander!) Onthou as daar regtig moelikheid kom gaan ons sosiale media en ander kommunikasie stelsels baie waardevol wees!

LeonR ·

@ Johan, meneer ek het my diensplig 30 jaar terug gedoen, en weet jy? My army t-hempde pas my nog, soos ook my pikkewyn pak, jy sal weet wat dit is sou jy op formele weermag etes was? So almal is nie oorgewig nie, skete is daar wel. Maar die gees sal nooit ingee nie. Wees positief meneer! Ek word juis nou aangekla vir moord na ek ‘n inbreker geskiet het.

John ·

Die Helper met ons probleme, kyk regverdig na ‘n saak. As ‘n boer sy plaas verloor, is dit om verskeie redes. Toe pes uitgebreek het in Israel, is die volk gestraf oor verkeerde dinge wat hul gedoen het. Om te wil boer met plante wat ander mense se lewens vernietig, moet die Hemelvader maar Sy oe sluit en die man help, want ‘shame’ hy is ‘n boer en kyk hoe sleg is die regering? Laat hom maar verslawende produkte produseer wat kanker veroorsaak? Hoekom nie met iets anders boer nie? Landbougrond is vir voedsel, nie vir twak-verbouing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.