Zim-boere eis miljarde in skadevergoeding van SA

Ben Freeth

Altesaam 25 boere en boerderymaatskappye uit Zimbabwe het ’n dagvaarding teen die Suid-Afrikaanse regering en die president uitgereik vir skadevergoeding van nagenoeg R2 miljard.

Dié boere het skade gely weens die Suid-Afrikaanse regering se medepligtigheid aan die ontbinding van die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) enkele jare gelede.

Dit volg nadat die konstitusionele hof op 11 Desember verlede jaar eenparig beslis het dat oudpresident Jacob Zuma onregmatig en ongrondwetlik opgetree het deur aan die proses deel te neem om die SAOG-tribunaal te ontbind.

Die SAOG-tribunaal het in November 2008 bevind dat die Zimbabwiese regering onwettig en rassisties opgetree het deur wit boere se grond sonder vergoeding te konfiskeer. Dit is ook bevind dat die onteiende boere geregtig was op billike vergoeding vir die skade wat hulle weens die konfiskering van hul eiendom gely het.

In nóg ’n bevinding in 2009 het die tribunaal bevind dat die Zimbabwiese regering die eiendom van Luke Tembani, ’n swart kommersiële boer – wat op grond van drakoniese invorderingspraktyke van die Zimbabwiese Landbank verbeurd verklaar is – aan hom moet teruggee. Ook hiér het Zimbabwe die tribunaal se bevindinge geïgnoreer.

Willie Spies, regsverteenwoordiger vir AfriForum en Zimbabwiese boere.

Destyds het oudpresident Robert Mugabe die leiers van al die state in die SAOG-streek oortuig om die tribunaal af te skaf. Hy is aktief hierin ondersteun deur oudpresident Jacob Zuma en minister Jeff Radebe.

AfriForum staan die Zimbabwiese boere sedert 2009 by in hul stryd om die bevindinge van die SAOG-tribunaal af te dwing. Met die konstitusionele hof se bevinding dat die Suid-Afrikaanse regering onwettig en ongrondwetlik opgetree het, is die eisoorsaak vir ’n skadevergoedingseis teen die Suid-Afrikaanse regering voltooi.

Luke Tembani en 19 ander boere, saam met die maatskappye waarin hulle hul boerderye bedryf het, eis nou die skade wat hulle van die Suid-Afrikaanse regering gely het.

“Ons is verheug om deel van ’n deurlopende stryd om geregtigheid in Zimbabwe te wees nadat almal soveel gely het. Ons dank God dat ons só ver gekom het en moedig ander aan om moed te skep en nie op te gee nie.

“Ons bedank ook vir AfriForum vir al hul hulp, asook ons ongelooflike regspan vir hul deursettingsvermoë en volharding om geregtigheid te soek toe alles so gereeld bykans verlore gelyk het,” sê Ben Freeth, woordvoerder van die Mike Campbell-stigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

willem Botha ·

Ek het dit nie geweet nie maar wat reg is is reg ,gaan deur die proses en as die hof bevind hulle was verkeerd ,betaal

waarheid ·

Ek sal dit so geniet indien hierdie boere uitbetaal word.

Manie van Worcester ·

Ongelukkig weer met ons belasting geld. ou zuma en radebe moet betaal en as hulle nie kan in die tronk gaan sit

John ·

… maar dis mos wat Zanu nou slinks wil doen… die boere uitbetaal vir die verbeteringe op hul plase waarvan niks na dekades van plakkery oor is nie… natuurlik met die mooi nuwe note wat met speelgoedwinkel-towerink gedruk is… pakke note… na ‘n uur net vrot papier waarvan die ink verdwyn het… nie eers bruikbaar in ou plaas-kleinhuisies nie.

George in Bloem ·

Laat weet maar as iemand die eerste tjekkie bank. Ek sal nie my asem ophou nie.

Ken ·

Ek ondersteun die boere, maar onthou net elke keer as die onbevoegde regering moet uitvetaal verhaal hulle die geld van ons af – die uwe belastingbetalers…..

B-man ·

Ek voel ook nes jy, maar ek troos myself daarin dat my belastinggeld ten minste dan vir iets positiefs aangewend word.

JohanL ·

Of hulle kan Ghadaffi se biljoene gebruik om die Zim boere te betaal. :)

Elna ·

Dis 100% waar wat jy daar se. Ons belastingbetalers gaan moet opdok daarvoor dan wil ek nie weet wat gaan die ander lande doen vir wie die regering geld skuld nie. Ons belastingbetalers is alreeds leeg gemelk maar betaal moet ons mos altyd betaal. Dis tyd vir n veranderring in hierdie land wat eintlik klaar te laat is.

Heksie ·

Veg voort! Met God aan ons kant, kan ons nie verloor nie!!!!

Frank ·

… ‘ons’ kán dalk (hier op aarde) verloor, MAAR indien God aan jou kant is sál jy eendag (alles) wen…

HESTER ·

Ja dis baie goeie idee. Gebruik daai geld, want wat anders gaan dit voor aangewend word indien dit gevind word? Maar wi e gaan seker maak hierdie gaan deurgevoer word? Nie die SA regering nie, hulle is te besig om hulle sakke te linemet ons geld.

fred ·

die ANC is n rogue state..hulle gee nie n flenter om internasionale ooreenkomste nie..kyk wat hulle gemaak het met die moordenaar presedent van Sudan wat hier vry rondgeloop het…

Anoniem ·

Korrek, ‘n rogue state wat deur funksionele morone regeer word.

Chris Ws ·

Zuma moes in die bek geruk geword het nie die SA regering nie!Die eis moes teen hom in persoon gemaak gewees het.Ek hoop AfriForum volg hierdie finasiele eis aksie op met ‘n regs aksie teen Zuma dat hy moet tronk toe gaan vir sy aandadigheid teen die Zim boere EN die koste aan Suid Afrika as gevolg van sy onwettige optrede.Zuma hoort jare terug al agter tralies .

Agie ·

Toe die baie bekende vraag ‘wie is my naaste’ aan Jesus gevra is, antwoord Hy deur die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. En toe die boodskap uiteindelik ‘deurslag’ vind, gee Hy die opdrag ‘doen ook so’.
Amen
In die praktyk het die voorbeeld moeite, geld en die ekstra myl gekos?

chrisjan ·

Mag AfriForum Zuma persoonlik dagvaar vir die skade wat hy aangerig het.Hy hoord voor die hof gedaag word vir sy aandeel in die Zim boere se lyding.

lh ·

Ek het Ben Freeth se boek gelees, dit is hartverskeurend om te weet wat hierdie Boere deurgemaak het! Ek bid dat geregtigheid sal geskied vir hierdie mense wat onskuldig van AL hul besittings en hul regte as Burgers van hul Land ontneem is, asook hulle wat geliefdes verloor het.

RS ·

Ek hoop werklik dat dit suksesvol sal wees. Dit sal n rigting wys vir die grond wat gevat wil word in SA sonder vergoeding. Ongelukkig is dit weer die wie belasting betaal in Suid-Afrika sal die las sal moet dra van so n saak.

mini ·

ai so bly vir die boere, my tax kan beslis daarvoor gebruik word……….. en ons mense moet twee boeke lees… a short history of Lesotho, sj gill skrywer… en missionary excursion deur Thomas arbousett…. gee mens idee hoe sekere groepe se dna werk….en ja nie veel het verander aan die idees van sommige mense nie…

Jane ·

Ek glo hulle NIE, hulle is BANKROT . tweedens HOE gaan jy bewys dat jy VERBETERINGE op die plase aangebring het as ALLES VERNIETIG is tot stof oor die afgelope 20 jaar? hoe bewys jy dit? BETAAL HULLE ANYHOW . ek hoop hulle almal vat die geld en waai julle kan nie NAASTENBY hulle vergoed vir die lewensverlies, verlies aan diere, implemente en ander SEER wat julle hulle aangedoen het nie … WAT van die mense wat in tronke gegooi is, aangerand is, vermoor is en diere se oe wat uitgesteek en hakskeensenings afgekap is ?? Bale hooi en implemente wat uitgebrand is . kinders en vrouens wat geslaan en van die plase af gejaag is in ‘n kwessie van 3 ure ??? HOE VERGOED JULLE HULLE DAARVOOR???

jaco ·

Het ek reg gelees? Die swart regering van Zimbabwe het n swart boer onteien. Iets maak nie sin nie. Die onteienings was dan juis om grond vir swartmense te gee. Waarom dan een van hulle rasgenote ook onteien?

marous ·

Net Suid Afrika ? Waarom dagvaar hulle nie zimbabwe en verkoop die Victoria valle nie ?

AP ·

Goed so nou moet zuma en anc verantwoordelik gehou word , almal kriminele , hoort in die tronk

Wielspore ·

Geskiedenis gaan hom in SA herhaal, die huidige leiers kan kennis neem.
Ons het in die middle 70’s op Thaba Nchu in die Vrystaat gewoon, my ouers se huis was aan die buite wyke van die dorp en ons agterplaas het aan onbeboude gebied gegrens. Die regering van daardie tyd het hierdie gebied as “buffer area” verklaar en geen bewoonde woonhuise mag in die gebied wees. Die buffer gebied was ‘n sogenaamde “no mans land” tussen swart en wit woongebiede.
Ons kinders as kinders is almal daar gebore en daar groot geword en met die dat dit ‘n buffer area is mag ons nie langer daar woon, slegs besighede mag van die perseel bedryf word. Die huis met sy dubbel erf is vir ‘n skamele R4050 verkoop en ons moes binne 30 dae die huis ontruim.
My ouers het wel ‘n sukses van hulle toekoms gemaak deur baie opofferings.
Tot vandag voel ek dat daar nog deel van my en ons familie in daardie huis en grond is en is geregtig op ‘n grondeis of vergoeding.
Vandag is die huis weer bewoon deur ander mense omdat die wette verander het en buffer stroke nie meer bestaan.

JAN ·

Globalisaie is inderdaad ń revolusie oor BATES. Historiese tradisionele bates het dodelik toksies geword. Giftige skatte hmm? Psigoties gevaar vir self en ander. En vreeslik betalend soos Fake News.
Dis wat Tsafendas gedoen het.
Hy word deur wit Kokkedore aanbid as ñ Gesant van God!
BELOWE.

Thinus ·

Puik Afriforum en ons wens julle en die Zim boere alle aterkte toe en bid julle wen die saak teen hierdie kommunistiese ANC regering.

JAN ·

Kern feit is dat tabak boerdery deurdie WGO as misdaad teen die mensdom verklaar is,
Mees voorkombare en grootste oorsaak van besoedeling en siekte ooit..
Dit Rem in die keel en Brand in die bors… hmm?

Tom ·

Die vraag is of ons aan God se kant is Frank. Nie andersom nie.

Trol ·

Oeps daar doen afriforum dit weer. Verloën hulle lidnate en mede SAner ter wille van zim boere. Wat n klug. Dan spog hulle daaroor
Maar nou ja. Ek tik my vinger lam maar dis kritiek teen vf+ en sal nie gepubliseer word nie of gou gou verwyder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.