Zim-boere geskok oor plaasaanval

Charles Taffs, president van die Commercial Farmers' Union

Charles Taffs, president van die Commercial Farmers’ Union

ʼn Groep van hoofsaaklik wit boere in Zimbabwe betreur die afsterwe van Malcolm Francis en sy dogter Catherine, wat in ʼn plaasaanval vermoor is.

Die Commercial Farmer’s Union het Vrydag in ʼn verklaring gesê hy is besorg oor owerhede se “totale stilte” na dié aanval wat herinner aan geweld tydens grondgrype in 2000. Malcolm en Catherine is op 10 Mei in Guruve-distrik in die noordooste van Zimbabwe vermoedelik met ʼn byl aangeval. ʼn Familielid het op hulle afgekom en met hulle na die hospitaal gehaas. Hulle het al twee kopbeserings opgedoen. Catherine is verlede week Woensdag in die hospitaal oorlede en Malcolm het Maandagaand in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die groep boere het ook grondgrype in Zimbabwe veroordeel en gesê dit benadeel die landboubedryf in die streek se voormalige broodmandjie.

Pres. Robert Mugabe het plase van wit boere aan swartmense oorgegee en gesê “Europese kolonialiste het die grond gesteel”. –SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Hierdie gebeur op n daagliks basis in on land, sterkte aan die naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.