Zim-burger ‘betaal’ met skoene vir toegang tot SA

Foto: www.african-bulletin.com

Foto: www.african-bulletin.com

ʼn Adjunk-direkteur by binnelandse sake sowel as 14 ander mense is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie wat met die dokumentasie van buitelanders verband hou.

Die adjunk-direkteur het na bewering ʼn Zimbabwiese burger sonder die nodige dokumentasie by die Beitbrug-grenspos deurgelaat in ruil vir twee paar skoene. Die ander verdagtes sluit onder meer ʼn polisieman, ʼn onderwyser, ʼn politikus, ʼn sakeman en ʼn praktiserende advokaat in.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê twee immigrasiebeamptes, vier doeane-beamptes, ʼn werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), ʼn voormalige administrasieklerk by die Musina-polisiestasie en ʼn inspekteur van binnelandse sake is ook in hegtenis geneem.

Volgens Mulaudzi het die polisiebeampte glo ʼn vervalste verklaring aan ʼn buitelandse burger uitgereik in ruil vir R1 200. Die advokaat het glo sakevisas aan buitelandse burgers laat uitreik in ruil vir R23 000. Die vier doeane-beamptes het elk na bewering tussen R5 000 en R9 000 ontvang om vervalste SAID-uitvoerpermitte uit te reik.

“Die onderwyser by die Musina Secondary School is in die beskuldigde bank omdat hy glo R2 000 per paspoort ontvang het om ʼn tydelikeinwoner-permit en ingang- en vertrekstempels in paspoorte aan te bring sonder dat daar enige dokumentasie was om die buitelandse burgers se verblyf in die land te regverdig,” het Mulaudzi gesê.

Die politikus, ʼn raadslid van die Pan Africanist Congress, het na bewering R7 200 ontvang om vervalste immigrasiestempels aan buitelanders te gee wat langer as hul regmatige verblyftydperk in Suid-Afrika aangebly het.

Al 15 verdagtes sal Vrydag in die Musina-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Lekker man; lekker. Bly om te sien dat die arrogante korrupsie darm orals sy houvas op gesonde besigheids en veiligheids beginsels inwurg! Een van die dae is eerlike, opregte, hardwerkende mense die uitsondeeing en waaeskynlik aan die verkeerde kant van.die “reg”….als in navolging van n regering en heersende party lede wat by herhaling ; bevestigende voorbeelde stel van staats en ander fondse leeg dra!

Jan maak n Plan ·

Mmmm, nou wat so wonderlik hieraan. Hulle gaan net so min oorkom soos die geagte minister wat die buitelandse meisie met die staat se vliegtuig loop haal het. eeeee ssooorrrrryyy en daar is al die probleme weg.

Uys ·

Wat van al die paspoorte van buitelanders wat saam met ń vragmoterbestuurder gestuur word na ń grenspos om ń stempel te kry van land uit en binne.
Dis hoe maklik dit is om onwettig in SA te woon en vir die anc te stem.

gatiep ·

Gelukkig bring daai ou sy eie kar saam en klim nie deur die draad soos die ander en kom haal my kar nie.Laat hom deurkom en gee sy geld terug wat daai ander gevat het.

Frederik ·

Lyk of Pravin Gordhan se opstand teen korrupsie tog begin vrugte afwerp.

Frans ·

Is waar ek het dit self beleef zim mense stur paspoorte sam ander mense vir stamps en bly onwetig in die land

Oom Kalahari ·

Dit is hul leuse vir die toekoms: Korrupsie en lieg.

Boerin ·

Dis maar n druppel in die emmer. Sal dit nooit uitgeroei kry nie! Maak maar net al die grense oop! In Zim is al die gevangenes wat nie lewenslank of doodstraf gekry het nie, vrygelaat. Minder onkostes vir hul regering en hul seker al op pad SA toe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.