Zim-grondgrype: Plase aan 10-jariges toegeken

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oudit op Zimbabwe se omstrede grondhervormingsprogram het bevind dat kinders so jonk as 10 jaar oud plase ontvang het nadat wit boere onteien is.

Die land se staatsmedia het Dinsdag berig die oudit het bevind dat beleidsmaatreëls verontagsaam is deur sommige mense wat meer as een plaas ontvang het en dit toe in hul kinders se name registreer het.

“Ons gee nie grond aan iemand wat jonger as 21 jaar oud is nie, maar nou duik gevalle op waar dit aan kinders so jonk as 10 en 12 jaar oud gegee is,” het Douglas Mombeshora, die minister van grond en hervestiging, aan die Herald-koerant gesê.

Hy het aan die koerant gesê die bedrog het tydens ʼn tussentydse oudit, wat gedoen is plaaseienaarskap en produktiwiteit op die grond te bepaal, aan die lig gekom.

“Sommige mense het die plase namens hul kinders verkry,” het Mombeshora gesê.

Die tussentydse oudit het glo ook die ministerie se plaasregister met name van die registrateur-generaal se kantoor vergelyk en dit verduidelik waarom sommige plase leeg staan.

President Robert Mugabe en sy ZANU-PF-party het in 2000 met die grondhervormings begin en plase van wit boere oorgeneem om aan swart mense te gee. Die grondgrype was gereeld gewelddadig en talle wit boere is dood. Kritici van die grondhervorming skryf lae produksie op die plase toe aan die groot hoeveelheid begunstigdes wat nie oor die vaardighede of kennis beskik om die grond te bewerk nie. Zimbabwe het voor 2000 voedsel op grootskaal uitgevoer, maar staar nou ʼn voedseltekort in die gesig en is afhanklik van buurlande om kos in te voer.

Mombeshora het gesê die regering moet omtrent $35 miljoen opdok om ‘n volledige oudit van die grondhervormingsprogram uit te voer. – SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Justine ·

Is dit Suid-Afrika se voorland ook? Ja Mugabe, ore wou nie hoor nie, sien hoe skelm en agterbaks is jou eie mense.

Franck ·

Ons ouma Millie van Duitse afkoms het gereeld die ‘engilse’ gesegdes aangehaal
wat ons seker moet toepas,
nl. “You cannot argue with a sick mind.” & “It’s not worth discussing.”
Moet ons steeds net voortgaan met debatering van die tendens…?
In my opinie geld ouma se aanhalings wel en sal dit ons beslis geensins baat
om net te praat en niks te doen nie. Daarom glo ek ons moet maar tereg
aanvaar ons is onderwerp aan ñ strafgerig waarvan ons enigste hoop sal
wees om ons opreg te verootmoedig voor ons Vader se wil en weë alvorens
enigiets ooit sal verander. Net soos die gasvrye volk van ouds wat almal se guns
wou soek, help, vergewe en tussen ons toelaat vir ‘n plek in die son, word ons vandag
verag en ons Vader verspot want Sy krag is deur ons sigbaar of nou onsigbaar.
Na die Britte se uitmoor van ons vroue, ou mense en meestal kinders met behulp van australianers, indiers en swartes wat volgens prof.Naude nader aan 320,000 was, het hulle in 1907 die eerste sensus opgawe vir al die gebiede in suidelike Afrika onder hul beheer gedoen. Die gebied het al die ‘protectorates’ RSA, Rhodesia, noord en suid Zambia asook Lesotho en Swaziland ingesluit. Die sensus opname syfer was ong. 1,25ml kaukasiërs en 3,1ml swartes van meer as 150 stamme.
Volkegeskiedenis wys dat alle volke migreer het en kan dus gesê word dat geen volk tereg kan aanspraak
maak op grondgebied as “sy eie” nie. Die aarde in geheel is vir ons almal gegee deur ons Skepper.
Wie het dus enige reg om opgevoede, gematigde en produktiewe groepe te onderdruk, te onteien of
ń bestaansreg van eeue te ontsê.? Ek glo ons Almagtige sal wel daardie reg voorbehou en oortreders
van Sy verordeninge sal ‘vervolg’ word.

Jasper ·

Hulle noem dit n selfvernietigings drang. Soos sardiens wat willens en wetens op die strand uitspoel en n swerm springkane wat hulself des dinges in see vas vlieg.
Ons regering is op dieselfde koers.

FranckT ·

Ek het eerlike kommentaar gelewer sonder enige rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, haatspraak of kru, kras en vuil taal maar blyk dat Maroela dit nie wil plaas nie…
Wat is dan die doel van die lee ‘kommentaar”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.