Zim-man gevonnis vir Tafelberg-moorde

Douglas Notten.

ʼn Zimbabwiër is in die hooggeregshof in Kaapstad tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis in verband met ʼn skrikbewind op Tafelberg waartydens hy stappers geteiken het.

Blessing Bveni is tot ʼn bykomende 33 jaar tronkstraf gevonnis in verband met ʼn vlaag aanvalle en rooftogte in die Tafelberg Nasionale Park tussen Oktober 2017 en Maart 2018.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is Bveni skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde op Douglas Notten en Ian McPherson.

Notten en sy vrou, Julia, is in Januarie 2018 in die Silwermyn-omgewing van die park aangeval. Notten is deur Bveni doodgesteek terwyl Julia die aanval oorleef het.

McPherson is in Maart 2018 doodgesteek, ʼn paar honderd meter van waar Notten vermoor is. Bveni het in albei gevalle met persoonlike besittings op die vlug geslaan.

Ian McPherson.

Bveni is ook skuldig bevind aan poging tot moord en roof met verswarende omstandighede in verband met die aanval op Malcolm Esterhuizen, aanranding met die doel om ernstig te beseer in verband met die aanval op David Bucklow en roof met verswarende omstandighede in verband met die aanval op Damian en Megan Steel.

“Die oorledenes, Notten en McPherson, is onderwerp aan wrede, waansinnige aanvalle en die doel was om seker te maak dat hulle nie sou oorleef nie,” het regter Judith Cloete tydens vonnisoplegging gesê.

Volgens Cloete is Bveni ʼn “wrede en kilhartige mens” wat geen berou vir sy dade getoon het nie.

Adv. Chris Burke, staatsaanklaer, het die vonnis verwelkom. “Ek is verlig vir die families en vriende van die slagoffers se onthalwe. Hulle sal hopelik ʼn mate van vertroosting vind in die wete dat geregtigheid geskied het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Lewenslank +… in SA dien jy net een tydperk uit want vonnis is AANEENLOPEND.
Mugabe het hulle mooi geleer net soos die ZANC vandag in SA doen

Pieter

Gaan mos lekker hier in suid afrika kom en gaan soos jy wil so lank jy net vir die siek ANC stem.

Tertius

Wanneer begin ons praat oor herinstelling van doodstraf vir hierdie wrede gevalle?
Dit lyk nie of daar n ander oplossing is nie.

Hennie J

Hierdie land se anc regering met sy oop grens beleid en sy “wees jammer vir ons broeders wat deur ons broeders verdruk word” siening, moet pa staan vir hierdie moorde. Daar is soveel kriminele in piesangland maar ons voer nog in. Tog snaaks, toe dit blyk dat hierdie rondlopers our people met die virus besmet, toe word daar ewe vinnig grensbeheer toegepas.

Jaada

Vonisse beteken niks: word in parrellel uitgedien en lewenslank is nie lewenslank, net 25 jaar, dus vroeg vroeg uit op parool. Lewenslank moet tenminste lewenslank wees sonder opsie van parool.