Zim-minister se dogter se dood by Ikeys steeds ʼn raaisel

Prof Jonathan Moyo, minister van hoër onderwys in Zimbabwe (Foto: Twitter)

Prof Jonathan Moyo, minister van hoër onderwys in Zimbabwe (Foto: Twitter)

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Zimbabwe Donderdag besoek om met sy eweknieë te vergader oor kommer oor ʼn minister van dié land se dogter se nadoodse ondersoek nadat sy by die Universiteit Kaapstad gesterf het.

Die 20-jarige Zanele Moyo is op 17 Oktober dood aangetref in haar privaat woonstel, wat nie op die kampus was nie. Sy was ʼn tweedejaarstudent en dogter van Jonathan Moyo, Zimbabwe se minister van hoër onderwys.

Gerugte het in Zimbabwe die ronde gedoen dat Zanele se liggaam na Zimbabwe teruggestuur is, sonder sommige van die organe, ná ʼn nadoodse ondersoek in Suid-Afrika gedoen is.

Na die begrafnis het die Chronicle, ʼn staatskoerant in Zimbabwe, berig dat Zanele “sonder ʼn hart” begrawe is. Die koerant het gesê dit het eers tydens ʼn tweede nadoodse ondersoek in Zimbabwe aan die lig gekom.

Motsoaledi en dr. David Parirenyatwa, minister van gesondheid in Zimbabwe, het Donderdag “die raaisel rondom die tragiese dood” bespreek, ná ʼn verklaring uitgereik is oor hoe hulle die saak kan oplos.

“Daar is ook ingestem dat die ministerie van gesondheid in Suid-Afrika en hul eweknieë in Zimbabwe, met behulp van die betrokke owerhede en kenners van albei lande die proses sal versnel om finaliteit te bring,” lui die verklaring. Tydens dié proses sal die ondersoek en vordering gemaak, nadoodse prosedures en bevindings en die repatriasie van die “vermiste organe” hersien word.

Die ministers het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul diepste medelye te toon met die Moyo-gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JAN BRITZ ·

Wat n patetiese hantering van so n hartseer geleentheid. Ons wiele val eenvoudig oral af. Kan ons mense niks regdoen nie? Of is dit maar AFRIKA? Onaanvaarbaar!!!!

Winston ·

Ja Jan. Dis Afrika. Ons beskik oor die beste patoloë, dokters en ondersoek beamptes. Hulle word egter weens abrogasie van wit kennis nie gebruik nie. Jammerlik en n swak beeld selfs vir Zimbabwe

shannon ·

Die Zim minister werk vir `n ou wie alle wit mense uit sy land wil gooi – aldus die rede waarom daar nie `n paslike universiteit in se eie land is nie. Nou plaas die Zim elite hulle kroos maar in aangrensende lande waar wit mense nog bestaan .. en hulle universiteite.

katriena ·

Daar is daagliks opgefoeterde mediese prosedures op lewendige mense in ons staats hospitale. Hoeveel keer het Aaron by daardie mense aangeklop om simpatie te betoon? Some animals are more equal than others

Johann Marx ·

As sy dogter uit sy huis uit na die naaste universiteit in Harare toe gegaan het, het sy miskien vandag nog geleef? Maar dis seker maar moeilik as jy en jou eie regering die universiteit wat daar was……deur jou eie toedoen vernietig het?

Knersus D ·

Deon, jy mag dalk ‘n punt beet het…. Ek was geskok om die geweldadigheid op die UK kampus te sien tydens die ‘Mustfall’ veldtog. En die ergste is, ek moet 3 student van UK in diens neem volgende jaar. Hoe moet ek weet of hulle nie anargiste is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.