Zim-minister se dogter sterf in Ikeys-koshuis

Prof Jonathan Moyo, minister van hoër onderwys in Zimbabwe (Foto: Twitter)

Prof Jonathan Moyo, minister van hoër onderwys in Zimbabwe (Foto: Twitter)

Prof. Jonathan Moyo, minister van hoër onderwys in Zimbabwe, se dogter is Saterdagoggend dood aangetref in haar kamer by die Universiteit van Kaapstad.

Zanele Naledi Ntombizodwa Moyo (20) het politieke wetenskap, internasionale betrekkinge en geslagstudies gestudeer.

Minister Moyo het die nuus op Twitter bekend gemaak en gesê sy dogter was ʼn “engel”. “God se mense, my engelkind Zanele is nie meer hier nie,” het hy geskryf.

Sy kollegas het die tragiese nuus aan hom meegedeel tydens ʼn lesing by die Nasionale Universiteit van Wetenskap en Tegnologie in Bulawayo, Zimbabwe se tweede grootste stad.

ʼn Woordvoerder vir die familie, Simiso Mlevu, het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word en die owerhede stel verder ondersoek in.

Azwi Mufamadi, woordvoerder van die universiteit, kon nog nie verdere besonderhede aan Maroela Media beskikbaar maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Wonder net as dit so goed gaan in zim soos bob dit alewig verkondig. Hoekom studeer sy nie daar????Vir dieselfde rede wat ons ministers se kinders nie staat skole toe gaan

Anny Penny ·

Wat het het dit met haar dood te doen. Jul kommentaar is irrelevant

Winston ·

Dit is verregaande dat mense sotlike kommentaar kan lewer oor n gesin wat n kind aan die dood afstaan. Verskoning vra sou toepaslik wees.

Swanna ·

Hoekom is sy dood by UCT. Die mees linkse universiteit, liberaal links sal ek se. Is sy vermoor of is sy natuurlik oorlede. As ek die berig mooi lees is sy vermoor, want hoekom word daar ‘n nadoodse ondersoek gedoen, en moenie vir my se dit word altyd gedoen nie. By natuurlike dood word geen nadoodse ondersoeke gedoen nie slegs by moord soos vergiftiging ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.