Zim onderneem om ‘ingesmokkelde’ kinders in te neem

Argieffoto

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Donderdag gesê sy het bevestiging ontvang dat Zimbabwe bereid is om die agt minderjariges in te neem wat in November verlede jaar in Suid-Afrika ingesmokkel is.

Volgens Dlamini het die Zimbabwiese ministerie vir arbeid en maatskaplike welsyn haar Donderdag dié bevestiging gegee.

Bathembu Futshane, ʼn woordvoerder van die departement, het gesê owerhede van Zimbabwe sal die kinders glo by die Robert Mugabe Internasionale Lughawe ontmoet waarna die kinders na ʼn plek van veiligheid geneem sal word terwyl die verkryging van hul dokumentasie en opsporing- en herenigingspogings aan die gang gesit word.

Futshane het gesê die departement van maatskaplike ontwikkeling werk saam met die departement van binnelandse sake om te verseker dat die minderjariges veilig in Zimbabwe aankom.

Die agt kinders, tussen die ouderdomme van twee en 12, is deur die Suid-Afrikaanse polisie gered nadat die polisie ʼn verdagte vragmotor in Rustenburg van die pad getrek het. Die ongedokumenteerde kinders was volgens die bestuurder op pad om hul ouers te besoek wat onwettig in Suid-Afrika is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Estelle ·

Tussen twee en twaalf. Dis kinders!!! Her-enig hulle met hul (onwettige) ouers en vat dit vandaar so menslik as moontlik in belang van die kinders.

Sarel swartbrand ·

Die grense is onbewaak en oop en die weermag hou vakansie in Burundi , hoe red n mens nou n piesang republiek van ondergang met so n regering

NEE JINNE ·

Ok ek verstaan glad nie. Dit is klein kindertjies, hoekom word hulle nou ‘ingeneem’ deur ZIMBABWE van alle lande? Moet hulle ouers nie gesoek word en hulle terugbesorg word na hulle OUERS in die LAND van herkoms nie? Zimbabwe is nou nie juis die land van melk en heuning nie ek wonder hoe word WEESKINDERS daar behandel? Hulle is ongedokumenteer, maar hulle het hulle ouers in SA kom besoek wat OOK ONWETTIG hier is? Wat se bewyse is daar dat hulle wel van ZIM afkomstig is? Brand om te weet hoe hulle die ouers hier sou opspoor? Ongedokumenteerd en onwettig . .maar hulle kom kuier vir hulle? Het hulle adresse? Nee o hel . AFRIKA is nie waar ek myself meer tuis voel nie ..

Gerrit ·

Hoop hulle vat die miljoene wat SA se hulpbronne uitput ook terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.