‘Zim-soldate’-uitlating lei tot diplomatieke relletjie

Fikile Mbalula, minister van polisie (25 April 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Zimbabwe se ambassadeur in Suid-Afrika het sy ongelukkigheid te kenne gegee oor Fikile Mbalula, minister van polisie, se uitlatings.

Isaac Moyo het die departement van internasionale betrekkinge vroeër die week besoek om sy ongelukkigheid uit te spreek rakende Mbalula se uitlatings.

Mbalula het gesê lede van die Zimbabwiese nasionale weermag, wat van militêre diens in hul land wegvlug, neem deel aan gewelddadige misdaad in Suid-Afrika.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het bevestig Moyo het die departement genader oor Mbalula se uitlatings.

Hy kon egter nie bevestig dat Simbarashe Mumbengegwi, Zimbabwe se minister van buitelandse sake, vir Mphakama Mbete, Suid-Afrika se ambassadeur in Zimbabwe, ontbied het om Mbalula se opmerkings te verduidelik nie.

“Hulle is oudsoldate van Zimbabwe wat in die land is, wat banke beroof en misdaad pleeg. Hulle hardloop weg van oom Bob [Zimbabwiese president Robert Mugabe],” het Mbalula tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê.

Die minister het egter gesê sy uitlatings is nie xenofobies nie.

“Zimbabwiërs werk in ons land – baie goeie Zimbabwiërs. Hulle werk in ons kombuise, hulle doen alles, hoogs opgeleide mense. As daar iets is wat pres. Mugabe gedoen het, was dit om sy mense op te lei. Die mense wat in jul kombuise werk, is dokters. Hulle is hoër gekwalifiseerd as julle. Hulle is van Zimbabwe,” het Mbalula bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

cor ·

Moois so minister van groot praat nog so paar grappe waar jy natuurlik verkeerd aangehaal is en jy is jou pos kwyt en Ntlemesa word nuwe polisie minister

Johann Marx ·

“As daar iets is wat pres. Mugabe gedoen het, was dit om sy mense op te lei”?? Hahahahahahahaaaaa…..dis sooooo snaaks. Uhmmm….opgelei? Om wat te doen in ‘n land sonder ‘n ekonomie? Waar werkloosheid 90% is? Waar die meerderheid van sy land se mense in ‘n lander land woon? Om hoogs opgelei met hulle grade in ons kombuise te werk? ‘n Mens voel om die berg in te hardloop…..WAT is die proses in ‘n brein wat met sulke snert vorendag kom? Staan hy elke oggend op en voel trots op wie hy is en wat hy doen en wat hy al vermag het? Dunning-Kruger Effek…..google dit gerus.

Johann Marx ·

Hoe kan ‘n minister (manlik, né……want as dit ‘n vrou was was dit misister!!) homself in EEN artikel soveel keer weerspreek? Dis Zim so kriminele…..maar nee, hulle is nie kriminele nie, hulle is hoogs opgelei en goeie Zimbo’s. Hulle hardloop weg van oom Bob af…..maar as daar EEN ding is wat hy gedoen het, is om sy mense op te lei? Hulle is hoër gekwalifiseer as julle….maar kom uit ‘n land uit met 90% werkloosheid….en kom leef van “crime” in Suid Afrika….maar hulle’s awesome…en gekwalifiseerd, en ewig dankbaar vir die opleiding wat oom Bob verskaf het? Kan hierdie sinnelose gebrabbel nie medies gediagnoseer word nie? Oooo…oeps..nee…daar is nie pille vir dom-strante onnoselheid nie. Nou onthou ek weer…

foxi ·

Ai tog……hoe op aarde kan n minister sulke uitlatings uiter. Bob het sy mense goed opgelei??? SNERT MAN! Ek het so baie te sê…….toe sluk ek maar eerder n glase wyn voor ek myself te buite gaan!!

tannue ghrys ·

onbetwyfelbaar is Oom Bob se mense goed oogelei. standaarde waams mog so nooit nie afwaards aangepas in Zim nie. so vir al julle ongelowiges, SA kan by oom Bob gaan leer daar skoling baie belangriker is as gesig koop.

Nel ·

Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie voor my ma se agterdeur, daar’s ‘n gaaitjie in sy broekie en sy stertjie hang daardeur….tadada te tadada …….

Louw ·

Hou hierdie spasie dop. Ons gaan nog ure se komedie vanuit hierdie oord beleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.