Zim-stormloop: Polisie ontken gebruik van traangas

Pastoor Walter Magaya tydens die diens by die Mbiza-stadion in Zimbabwe voor die stormloop op 21 November 2014 plaasgevind het  Foto: PHD Ministries, Facebook

Pastoor Walter Magaya tydens die diens by die Mbiza-stadion in Zimbabwe voor die stormloop op 21 November 2014 plaasgevind het Foto: PHD Ministries, Facebook

Die polisie in Zimbabwe ontken die gebruik van traangas tydens ʼn stormloop by ʼn kerkdiens waartydens 11 mense dood en minstens 40 beseer is.

Shadreck Mubaiwa, senior assistentkommissaris het Vrydagaand aan die staatsradiostasie ZBC gesê die polisie het krag gebruik maar nie traangas nie. Die stormloop het Vrydagoggend omstreeks 02:00 plaasgevind toe die skare van ongeveer 15 000 mense die Mbiza-stadion in Kwekwe wou verlaat.

“Die probleem het ontstaan toe kerkgangers uitbeweeg het, aangesien die persone wat voor geloop het, begin struikel het weens druk van persone wat ook uit die stadion wou kom,” het Mubaiwa glo aan ZBC gesê. “Die polisie by die hoofhek moes krag gebruik om die skare te beheer, aangesien hulle diegene wat geval het, wou help.”

Die voorval het tot openbare verontwaardiging gelei in die manier waarop die polisie die skare hanteer het. Die kerkgangers het die diens van ʼn gewilde plaaslike profeet, Walter Magaya van Prophetic Healing and Deliverance Ministries, bygewoon. Talle kerkgangers het Magaya ná die voorval op sosiale media ondersteun.

Aanvanklike berigte en berigte van die openbare uitsaaier het daarop gedui dat die polisie met traangas op die skare losgebrand het. Klik hier om meer te lees.

Die stadion kan slegs 7 000 persone akkommodeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Hoe barbaars. Kan nie eens ordentelik ‘n kerkdiens verlaat nie. Pffft.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.