Zim-verdagtes ontken moord op Corrie Sanders

Corrie Sanders

Corrie Sanders

Die drie Zimbabwiërs, wat verdink word van die moord op die bokskampioen Corrie Sanders, het Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof skuld ontken op sy moord.

Paida Fish, Chris Moyo en Samuel Mabena het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, kwaadwillige beskadiging van eiendom, en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, het Beeld Vrydag berig.

Sanders (46) is in September 2012 tydens ʼn rooftog by ʼn restaurant in Brits geskiet. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sanders het tydens die rooftog ʼn verjaarsdagpartytjie bygewoon. Van die gaste is ook beroof en twee voertuie is beskadig. – SAPA

Lees ook:
Sanders-saak uitgestel
Sanders-moord: Verhoor uitgestel
Sanders-moord: Verdagte ook van plaasmoord aangekla
Sanders-moord: Drie in hof
Drie vas vir Sanders-moord
Video: Corrie Sanders se begrafnis
Begrafnisreëlings vir Corrie Sanders bekend
Soektog duur voort vir Sanders se moordenaars
Corrie het dapper gesterf
Corrie Sanders sterf ná skietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.