Zim-vliegtuigrit raak al meer omstrede

Die Zimbabwiese minister van verdediging Oppah Muchinguri-Kashiri en Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die vliegtuigrit wat die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, saam met ‘n ANC-afvaardiging na Zimbabwe onderneem het, raak by die dag meer omstrede namate meer geraamtes uit die kas val.

Die vlug van Gauteng na Harare en terug het verlede maand plaasgevind en die belastingbetaler is wederregtelik daarvoor aangeslaan. Mapisa-Nqakula is met drie maande se salaris gepenaliseer deur pres. Cyril Ramaphosa, maar die president loop van alle kante deur onder kritiek dat hy haar mos afdank, met die DA se Kobus Marais wat daagliks met verklarings druk plaas oor nuwe geraamtes wat uit die kas tuimel.

Die DA bereken onder meer dat die R105 545,46 wat die ANC ingewillig het om aan die weermag oor te betaal vir die koste van die vlug, heeltemal te min is. Volgens Marais kos so ‘n vlug R260 000 sonder dat landingskoste, parkering van die vliegtuig en kos aan boord ingereken is.

Dit het oor die afgelope paar dae duidelik geword dat verskeie mense die wet oortree het, insluitend moontlik Ramaphosa self.

Eerstens word Mapisa-Nqakula se aanspraak dat sy dringend in persoon met haar Zimbabwiese eweknie moes vergader, beslis in twyfel getrek, veral omdat die Zimbabwiese owerhede dit nie bevestig nie, geen notule van die vergadering verskaf is nie en geen verwysing na die inhoud van die beweerde vergadering in Mapisa-Nqakula se verslag aan Ramaphosa oor die reis vervat is nie.

Tweedens wys die DA uit dat Ramaphosa eers ‘n dag na die terugkeer van die minister en die ANC-afvaardiging die vlug goedgekeur het, wat volgens die DA daarop neerkom dat hy ‘n onwettige handeling retrospektief probeer wettig het – ʼn oortreding op sigself.

Derdens is daar geen aanduiding dat die nasionale tesourie se instemming gevra of verkry is om burgerlikes wat nie vir die staat werk nie aan boord ‘n militêre vlug te vervoer soos die wet vereis nie.

Vierdens is daar geen aanduiding dat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, toestemming gegee het dat die afvaardiging die land verlaat of binnekom soos indertyd deur regulasies van die grendelstaat vereis is nie.

Vyfdens meen die DA dis duidelik dat Mapisa-Nqakula se hele doel was om ‘n gratis vlug te verskaf aan die ANC, wat tans met geldprobleme worstel en sukkel om sy personeel te betaal.

Die bewys wat aangevoer word, is dat Mapisa-Nqakula gewoonlik ampshalwe met ‘n 9-sitplek vliegtuig vlieg, maar hierdie keer ‘n 18-sitplek vliegtuig gebruik het.

Marais en die DA het gevra dat die volledige weermagverslag oor die vlug dadelik bekend gemaak word, anders sal hulle die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) gebruik om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juffrou

Hulle weet nou nie meer wie om te blameer en watter kant toe om te lieg nie! Goed so, DA, looi hulle!

Persheks Adri

Liewe genade wie is nog betrokke? Hulle moet maar betaal ons is moeg betaal vir hulle stories. Die oordeelsfout raak groter soos ek voorspel het… Hulle almal kan gaan sit soos ek voel en betaal! Kom kom ons wag vir die oranje pakkies ek sal dit koop ook

JohanR

Die probleem is as jy eers lieg en jy word uitgevang, dan moet jy die eerste lieg probeer reg maak met nog ‘n lieg en soe aan en soe aan totdat die lieg stories soe verstrengel is dat jy nie meer weet waar die eerste lieg storie begin het nie. Kom nou meneer liegbek Cyril kry jou derde of vierde lieg storie reg!

Dup

Afrika se reëls verskil van die in die Westerse werêld…..as jy ñ posisie van mag het dan maak jy net wat jy wil!

Cornelius

Baie duidelik die een hand weet nie wat die hander hand doen nie.