Zim-vlug: Onduidelik of ANC betaal het

Die Zimbabwiese minister van verdediging Oppah Muchinguri-Kashiri en Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die Demokratiese Alliansie sê hy neem kennis dat die ANC nie bewys kan lewer dat hy die geld terugbetaal het ná ʼn straler van die Lugmag gebruik is om na Zimbabwe te reis nie.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging, het gesê totdat ʼn bewys van betaling ontvang is, kan daar slegs aangeneem word dat die betaling nooit gemaak is nie.

Tito Mboweni, die minister van finansies, het in reaksie op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê enige inkomste wat aan die staat verskuldig is, moet na die Nasionale Inkomstefonds (NRF) vloei deur die betrokke departemente voor dit aan die NRF oorgegee word. “In hierdie stadium werk die departement van verdediging nog aan die saak en sal die nasionale tesourie in kennis stel sodra die saak afgehandel is,” het Mboweni gesê.

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, se salaris vir drie maande, vanaf 1 November 2020, opgeskort. Die president het die minister ook opdrag gegee om seker te maak dat die ANC die staat vergoed vir die koste van die vlug na Harare en dat hy bevestiging moet ontvang sodra dit gedoen is. Mapisa-Nqakula het bereken dat die ANC altesaam R105 545,46 moet betaal vir die onkoste wat die lugmag aangegaan het om hulle saam na die buurland te karwei.

Die DA het vroeër vandeesmaand Mboweni skriftelik genader om te bepaal of hy deur Mapisa-Nqakula genader is om te bepaal wat ʼn redelike bedrag sou wees wat die ANC moet terugbetaal nadat staatshulpbronne misbruik is.

“Omdat die tesourie nog nie die betaling ontvang het nie en die ANC nie bewys kan lewer dat hy die betaling gedoen het nie, moet minister Mboweni van die geleentheid gebruik maak om seker te maak dat ʼn behoorlike kostebepaling gedoen word sodat die staat ten volle vergoed kan word,” het Marais bygevoeg.

“Die ANC sê hulle ‘skuld’ nie die DA die bewys van betaling nie. Wat hulle egter klaarblyklik nie verstaan nie, is dat hulle elke belastingbetaler ʼn bewys van betaling verskuldig is dat hulle die geld terugbetaal het. Die ANC se reaksie op ons versoek tot deursigtigheid is ʼn klinkklare bewys van hulle minagting vir enige verantwoordbaarheid. Die feite is dat ʼn ANC-afvaardiging die tesourie en die verdediging se reëls geminag het toe hulle aan boord ʼn Falcon-900-straler na Zimbabwe gereis het. Dit was ʼn absolute misbruik van staatshulpbronne en dat hulle weier om ʼn bewys van betaling in te dien, is ʼn klap in die gesig van belastingbetalers wat die rekening betaal het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

As jy niks het om weg te steek nie dan gee jy mos bewyse of hoe ou Cyril? Julle klomp narre onderskat ons intelligensie aikona ne! Hierdie bedrag klink nog steeds nie reg nie. Wat is die minister se salaris? Almal wat gevlieg het moet betaal en hulle moet gestraf word vir “lockdown” reëls wat oor tree is! Laat hulle betaal, sluit toe en gooi die sleutel weg. ANC must fall!

Pieter

Oulik, kom ek gee gou duidelikheid. Hulle het nie en gaan ook nooit betaal nie. Daar, nou kan ons almal verder onrustig gaan slaap vanaand.

marius

Geensins onduidelik . Hulle het nie en gaan ook nie .

Gert Johannes

Salrisse vir drie maande opgeskort, lankal reeds daardie salarisse deur korupsie in hulle rekeninge, soek net die bewyse en jy sal dit kry.

FM

Lankal onder die spreekwoordelike mat ingevee en wag dat ons vergeet. Beskou ons as brein dood maar daar wag ‘n verrassing